Reusebeloning uitgeloof ná plaasvoorman se moord

Kyle Stols. Foto: Facebook

ʼn Groot beloning is uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaars van Kyle Stols, die jong voorman wat net meer as ʼn week gelede op ʼn plaas in die Jagersfontein-distrik in die Vrystaat doodgeskiet is.

Inligting oor die beloning is op DIY Superstore in Bloemfontein se amptelike Facebook-blad gedeel. DIY Superstore word deur Marius Eksteen, die eienaar van die wildsplaas waar Stols vermoor is, besit.

Maroela Media het vroeër berig Stols (21), die voorman van Hatari Big Game Safaris, is op 22 Oktober doodgeskiet, vermoedelik toe hy gaan ondersoek instel het nadat ʼn alarm op die plaas afgegaan het. Hy is in sy bors en kop geskiet. Sy vuurwapen is naby sy liggaam gevind. Niks is tydens die aanval gesteel nie.

Gawie Stols, die broer van Kyle Stols (25 Oktober 2017). Foto: Reint Dykema

Gawie Stols, Kyle se broer, het verlede week tydens ʼn mediakonferensie wat deur AfriForum gehou is, bevraagteken wat die doel van die moord op sy broer was aangesien daar niks tydens die aanval gesteel is nie. “In die laaste ure wat hy geleef het, was daar niemand om hom by te staan en vertroosting te bied nie. Niemand om net vir hom te sê, byt vas, of, die Here kom haal jou nie. Hy was alleen.”

Die NG Kerk Verkeerdevlei was Vrydag stampvol met meer as 300 familielede, vriende en ondersteuners teen plaasmoorde wat Kyle Stols gegroet het.

Inligting oor die aanval kan by 051 724 9000 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Karien ·

Ek is sooo verskriklik jammer vir jul familie, maar maak vrede… geen geld gaan antwoorde bring nie! Jul weet mos die nuwe sa sonder grense.. n heuning pot sonder deksel! Bid vir jul vir onverstaanbare vrede. Xx

Ja nee ·

Ja nee, hul sal iewers op die herstelpad moet vrede maak, maar ek voel jul doen die regte ding. Geld praat in die land en dit is belangrik om agter die kap van die byl te kom, niks kan dit regverdig dat ‘n jong 21jarige verantwoordelike eerlike burger geen reg in die land het, soos om te leef nie. ‘n Persoon wat niemand skade doen, iemand se familie is, iemand se eerlike betroubare werker, wat bydra tot die ekonomie en vooruitgang van die land…. moet ‘n reg hê op lewe en beskerming. Ek bid vir julle dat dit sal uitkom en jul berusting sal kry.

Ada ·

Ek dink so aan julle as familie. Die pragtige jongman sou geweet het die Liewe Here is by hom. Troos julle asb daaraan.

Marlene van Dalen ·

Karien, jy het die kat aan die stert beet, die beloning is vir die persoon wat inligting kan verskaf sodat die moordenaar vervolg kan word.!!!!!!

Wim ·

Weereens is niemand tot op hede gearesteer nie? Is die moordenaars the uitgeslape vd polisie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.