Reusebeloning vir inligting oor vermoorde polisiekonstabels

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Dan Plato, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, het die moorde op twee polisiekonstabels in die Wes-Kaap die naweek ten sterkste veroordeel en gesê die R100 000-beloning vir inligting oor die beamptes se moordenaars is steeds geldig.

Maroela Media het vroeër hieroor berig.

Konst. Lonwabo Kili (30) is om 20:00 doodgeskiet in Delft toe hy ʼn kennis gaan oplaai het en konst. Siyamcela Ncipa (37) is in Khayelitsha buite ʼn vriend se huis doodgeskiet.

Reneilwe Serero, woordvoerder van Bheki Cele, polisieminister, het gesê in albei gevalle is die konstabels van hul vuurwapens beroof.

Plato het sy medelye met Kili en Ncipa se gesinne en kollegas betuig. Hy meen dié moorde, wat oënskynlik gepleeg is net om die beamptes van hul wapens te beroof, het geen plek in die samelewing nie. “Dit is daarom dat ek die wetsgehoorsame gemeenskapslede herinner dat die departement se veiligheidsbeloning van R100 000 steeds geld vir enigiemand met inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming en suksesvolle vervolging van die moordenaars.”

Plato het gesê slegs ʼn paar mense is verantwoordelik vir dié misdade. “Die mense wat verantwoordelik is, was egter iemand se kind, iemand se buurman of iemand se sibbe – en dít is die mense wat die stilte moet verbreek en die polisie bystaan.”

Cele het ʼn 72-uur-aksiespan geaktiveer om te verseker dat die verdagtes vasgetrek en daar beslag gelê word op die wapens.

Mense met inligting oor die voorval wat sal help om die verdagtes te identifiseer kan hul naaste polisiestasie besoek of 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Hierdie onsinnige moorde is onaanvaarbaar, ek hoop die skuldiges sal vinnig gevang word Sterkte aan die naasbestaandes

Andrea van Vuren ·

Hoe lyk dit met reuse belonings vir inligting oor plaasmoordenaars? Nee wat, die skaal uit balans uit!

Hannes ·

So as n hele gesin wit boere vermoor word dan is is daar geen beloning nie??

Jaco ·

En wat van plaas moorde??? Oja ek vra verskoning, hulle is wit. ?

Abe ·

Anoniem,
Jou kommentaar is vir my die sinvolste: Dit vat vir my saam n mens se afkeer in die sinnelose moorde, jou begeerte dat dit vergeld sal word en meegevoel met die geliefdes wat agterbly. Ek kan nie beter as om met jou saam te stem nie!

Boertjie ·

Julle vergeet. Boere se lewe is minder as R100,000 werd. So die wapens word gebruik vir transito rowe. Die Kaap kan maar weet hier kom een. Of is ditdalk vir n bende

Nel ·

…en die vuurwapens wat geroof is word net so weer gebruik vir die volgende plaasmoord.

Koos de Meyer. ·

Ek stem. Ek kan ook nie glo dat die polisie hulle nie kan self verdedig nie. Hoeveel wapens is nie al af geneem van die polisie nie, vra maar net.

marous ·

Jammer daaroor , maar beide lede was van diens af . Mag hulle die wapens in besit hou as hulle van diens afgaan ? Indien wel – Reik die sap kluise aan hul lede uit om hul wapens by hul huise te beveilig ? Is die kluise vasgesit aan die mure en vloere. ? Is dit sabs standaard ? Reik eerder belongings uit vir dwelmbase , bedeleiers en korruptes se koppe op skinkborde . Die polisie kan geensins misdaad in toom hou nie . Hul kan hulself nie eers beskerm nie . Dit is verskriklik om te moet leef met die wete dat jy uitgelewer is aan regeringsmense wat hand om die skouer met misdadigers om ‘n tafel sit en smul ,
elke dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.