Reusedwelmvonds by OR Tambo

Argieffoto

Drie mense is in verband met dwelmhandel by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem.

Volgens brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, is twee van die verdagtes, ’n 37-jarige man en ’n 27-jarige vrou, werknemers van die lughawe.

“Die twee se handbagasie is Saterdagoggend omstreeks 11:00 deur polisie deursoek en die 18,3 kilogram kokaïen is ontdek. Die beraamde straatwaarde van dié dwelms is R5,2 miljoen,” het Naidoo gesê.

In ’n onverwante voorval is ’n man (43) ook Saterdag vasgetrek vir efedrien wat in motoroliefilters versteek was. “Die polisie moes ses groot forensiese sakke gebruik om dit na die laboratorium te vervoer sodat dit geweeg kon word.”

Die drie verdagtes sal na verwagting binnekort in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Abrie ·

Ek is bly dit is gevind.
Ek sukkel egter met die woord “reusedwelmfonds”. Reuse dwelmfonds?
Help my reg met die taalkunde??

Eish ·

Die plek is eenvoudig n veilige hawe vir smokkelaars. Weereens personeel betrokke. Dis eerlikwaar kommerwekkend dat te midde van die minister se versekering dat die nes ontsmet gaan word, die voorvalle in reëlmaat plaasvind.

Vryheid ·

Dit is nie nuwe nuus dat OT lughawe n nes van onheilighede is nie. Soos dit met meeste van ons land se instansies gaan, korupsie die wagwoord.

Nita ·

Die landswette is gans te laks teenoor dwelmsmokkelaars. As ons kon, moet die doodstraf hiervoor teruggebring word. Dwelms maak n reeds verrotte samelewing nog meer chaoties.

Basjan ·

‘n Mens kan maar net wonder hoeveel smokkelware word nie deur die “owerhede” opgemerk nie. Hierdie groot dwelmfonds kan dalk net ‘n misleidingsplan wees om die aandag af te trek van ander groter onheilighede wat plaasvind.

John ·

?.. en ons wys vinger na Mexiko. Die ergste is dat mense die middels koop en gebruik…

Alida ·

Verbrand die goed daar en dan. Dan weet ons teminste die goed is verbrand of in die toilet afgespoel. Nou verwissel dit net hande !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.