
’n Nuut ingeboude kompartement in die vragmotor moes oopgesny word om by die dwelms uit te kom. (Foto: Verskaf)
Drie persone is in hegtenis geneem toe die Valke Woensdag ʼn vragmotor in KwaZulu-Natal voorgekeer het. Die vragmotor het 342,5 kg versteekte heroïen met ʼn beraamde straatwaarde van R87,5 miljoen vervoer.
Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê ’n vragmotor is in Hluhluwe voorgekeer waarna die Valke in samewerking met die misdaadintelligensie-eenheid van Mpumalanga op byna 250 pakke heroïen afgekom het wat in die vragmotor versteek was.
Die vragmotor was van Mosambiek via Swaziland na KwaZulu-Natal onderweg.
Die pakke heroïen was in ’n nuut ingeboude kompartement in die vragmotor versteek. Die kompartement moes oopgesny word om toegang tot die dwelms te bied.
Die bestuurder van die vragmotor en twee passasiers is in hegtenis geneem en sal binnekort in ’n hof verskyn.
Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisnemings verwelkom.
“Dit is kommerwekkend om jou voor te stel hoeveel lewens vernietig sou word deur verslawing en misdaad wat veroorsaak sou word deur die gebruik van hierdie ernstige dwelmmiddels.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Mense kyk tv wat jou leer hoe Border wars idees van oor see
Beslis n baie beter belegging as die Rand en seker ook nie die eerste keer dat die goed die land ingesmokkel word nie.
Wonder hoeveel van die eind verbruikers het in die begin met dagga ge-eksperimenteer?
Voer die dwelms vir die skuldiges.
Die drie wat aangekeer is, is tien teen een net die vervoerders, die sg “muile” en die werklike smokkelaars kom skotvry daar van af, Hulle het hopelik ‘n baie groot finansiële verlies gely. Ek glo die baasbreine van die smokkelaars het almal veteroë.