‘Reuseoorwinning’ vir Solidariteit oor Sasol-bemagtigingskema

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Die vakbond Solidariteit het Maandag gesê hy het “ʼn reuseoorwinning behaal” in sy dispuut by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) teen Sasol oor wit mense uitgesluit is van sy nuwe bemagtigingskema, Khanyisa.

“Die KVBA het in dié historiese bevinding bevind dat werknemers wel mag staak oor die rasuitsluiting uit Sasol se personeel-aandeleskema,” het Deon Reyneke, adjunkhoofsekretaris by Solidariteit, gesê.

Dit volg nadat Sasol einde verlede jaar bekendgemaak het dat sy bestaande werknemerbemagtigingskema, Inzalo, wat op 18 Mei 2018 ten einde loop, vervang gaan word met ʼn nuwe bemagtigingskema, genaamd Khanyisa. Dié werknemer-aandeletransaksie maak egter glad nie voorsiening vir wit werknemers nie.

Volgens Reyneke bestaan die nuwe skema uit twee fases waarvan die tweede fase slegs vir werknemers van die aangewese groep geld. “Dié skema tref ʼn duidelike onderskeid tussen twee kategorieë werknemers, wat na ons mening onregverdig is. Ons het formele terugvoer van Sasol ontvang waarin daar gesê word dat om wit mense deel van Khanyisa te maak, teen die wese van ware en betekenisvolle transformasie sal indruis,” het Reyneke gesê.

Reyneke sê dat die vakbond in sy dispuut by die KVBA aangevoer het dat wit werknemers mag staak om soortgelyke voordele te bekom.

Reyneke sê voorts dat Sasol al sedert Januarie vanjaar probeer om die vakbond asook sy lede se griewe deur tegniese argumente ongeldig te verklaar. “Sasol het aangevoer dat wit werknemers nie mag staak nie aangesien die saak ʼn regtedispuut is, en dat die howe die aangewese forum is om die dispuut te hanteer,” het Reyneke gesê.

Die kommissaris het egter in die lig van al die argumente bevind dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer moet word en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word. “Sasol het ʼn regsbalanseertoertjie probeer uitvoer in ʼn poging om tyd te wen. Hierdie oorwinning baan egter die weg vir ons wat die dispuut self by die KVBA betref,” het Reyneke voorts aangetoon.

Reyneke het gesê in die lig van die bevinding van die KVBA, sal daar nou van voor af ʼn bemiddelingsproses met Sasol begin. “Ons hoop dat Sasol in die komende bemiddelingsproses tot nuwe insigte sal kom en wit werkers se griewe ter harte sal neem sodat daar ʼn skikking bereik kan word wat alle werknemers insluit.”

Hy het gesê indien daar egter nie ʼn ooreenkoms bereik kan word nie, is Solidariteit by magte om die regte prosesse te volg sodat sy lede kan begin staak. “Ons kan nie nou sê dat ons lede beslis sal staak nie, maar dit is ʼn moontlikheid. Ons sal waarskynlik na ons lede toe gaan en ʼn staking-stemming hou en dan daarvolgens optree.”

Volgens Reyneke het Solidariteit meer as 5 300 lede wat by Sasol werksaam is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jaap ·

Mooi so.
Dankie en wys hulle bietjie.
Dink kan net maak soos hulle wil. verdien mos niks,werk mos ook nie hard nie.Sit net en als gekry.
Daar is baie wat ook swaar trek en ambagsmanne is.
Werk hard vir wat hulle het.

Bernard Hellberg ·

Sasol behandel sy swart personeel soos “special needs” mense

Ekke ·

Ek hoop hulle staak, sal sommer saam met hulle gaan staak, net omdat ek kan.

Estelle Potgieter ·

Watter oorwinning??? Solidariteit weet weet mos wittes sal nie staak nie al kan hulle. Vir die meeste beteken dit niks.

Fanie ·

Estelle, die Grondwethof sal in ‘n rassesaak teen Sasol se wit werknemers beslis. Die gaping om te staak, gee minstens bedingingsmag vir Solidariteit se Onderhandelaars. Solidariteit het nie hierdie wette opgestel of daarvoor gestem, maar moet die beste van ‘n slegte saak maak. As die wet bepaal wittes mag wettig staak oor die grootskaalse onbillikheid, mag Sasol nie teen hul optree. Die wittes hoef nie iets vir hul regte te doen, hul moet net niks doen. As hul nie eers niks vir hul eie regte wil doen, verdien hul dit nie. Hul verloor dan so (R500 000?) per persoon as ek reg is.

Fanie ·

Estelle, dis ongelukkig die enigste uitweg, die Grondwethof sal in ’n ‘rassesaak’ teen wit werknemers besluit. Die KVBA se besluit gee aan Solidariteit bedingingsmag om vir oplossings te onderhandel. As Sasol volhou met hul rassediskriminasie, kan Solidariteit die mense help om met ‘n wettige staking hul regte te bevorder. Hul hoef nie vir hul regte op te staan, net bietjie te sit. As die wit werknemers nie eers bereid is om niks vir hul regte te doen, verdien hul dit nie en verloor so miljoene. Ons het nie die spel gekies, maar moet vgl die reëls speel.

Johan ·

Inderdaad: “Watter oorwinning?” SASOL is in elk geval binnekort soos die res van die land se voormalig-sterk instellings in sy maai in. Die vorige bemagtiging skema het nie gewerk nie, ek wil beslis nie deel wees van die een nie.

Estelle Potgieter ·

Fanie, vir 10 volle jaar was die werknemers van Sasol onder die indruk hul sou hul Izalo aandele ontvang van die fonds en op no. 99 is dit kwansuis bankrot. Die ontevredenheid heers tussen wit en swart. Wie glo nou in die volgende een? Bitter onregverdig !

Johan. H. ·

BBBBEEEE het alle versoening gekelder , maar leer is min ,True story!!!

George ·

As hulle wettig staak moet hulle betaal word vir die duur van die staking . Betaalde visvang verlof .

Snowball ·

24 jaar na die afskaffing van apartheid en die blankes ja gestem het vir ‘n Suid Afrika waarin almal dieselfde regte en voorregte sou hê, word daar nou eenvoudig nee gesê vir blankes se gelyke regte onder ‘n dekmantel dat gelyke regte nie “ware transformasie” sal weerspieël nie? Verregaande argument. Stuur transformasie in sy peetjie; ons kort versoening en regverdigheid. Wanneer hou transformasie (diskriminasie) op?

Daan ·

Mooi Solidariteit goed gedoen en trots op julle. En vir Sasol iets om oor skaam te kry, SIES, en dan wil julle vir julself voorlopers hou vir geen diskriminasie. Die ding wat Sasol wil doen moet net meer bekend in die publiek gemaak word sodat wanneer die lede begin staak die publiek ook somme staak om hul brandstof te koop.

Tammy ·

Geluk aan Solidariteit, ek kyk met respek en trots op na julle oorwinning. Dis hoog tyd dat so iets moes gebeur, om heeltyd rond te dans om die brandende vuur gaan nie vir ewig werk nie. Sasol se plan het nie gewerk nie…geluk aan die slim outjie wat dit uitgedink het…….vat maar n kans en dink weer, dalk kom jy op n werkende plannetjie af.

KP ·

Boikot Sasol moet nie hulle petrol ingooi nie. Het nog nooit Sasol petrol gebruik nie.

Amelia ·

Jammer vir jou, maar jy weet nie eens wat alles deur Sasol gemaak word nie. Glo my dit is nie net brandstof. Selfs landbouprodukte word deur hul verskaf.

Frikkie ·

Jong om Sasol te boikot is soos om te sê ek gani eet vir n maand nie. Al die vulstasies hier rond(Sasolburg en Secunda) insluitend Shell se tenke is vol Sasol diesel en petrol. Al die plastiek en skoonmaak middels het Sasol n bestandeel in. Die verf wat jy gebruik, die batterye, die vuurhoutjies, kerse, matte, houtbehandellinge, seep, spuitblikkies, medisyne, ens ens. Ma ja, dit wat nou gebeur met die Inzalo en Kanyisa is ma net nog n dag by die werk.

Bul ·

Sasol se bestuur kan hulle skaam. Sies. Omgekeerde apartheid. Voel Sasol se bestuur nou gewas van die sonde van vorige apartheid ?

Saaillaagte ·

Sasol het een van die voorlopers om rassistiese riglyne te gebruik. My seun was 7 jaar by hulle en moes bedank om sy ambag te voltooi na vele beloftes van Sasol. Ten spyt van vele aansoeke kon hy nie weer werk kry by Sasol nie. Selfs Solidariteit het arms gevou gesit.

Manie ·

Ek’s bly die rassistiese maatskappye kry op hulle herrie. En die plek is nogal ontwikkel deur die apartheids regering. Wat n grap

Callie ·

Ergste is SASOL kan jy nie boikot met petrol ingooi nie. In die binneland kom alle maatskappye se petrol van sasol af. Die land verdien om onder te gaan want die bedrogspul kan nie anders gestop word nie. Dis hoekom die taxi bedryf nie omgee oor petrolprys verhogings nie. Hulle kry duisende op kickbacks van die regering af. Word wakker SA. Hulle vat biljoene en wittes betaal. Dan baklei van julle nog onder mekaar. Ons verdien wat ons so gemaklik verdra

Ig ·

Ironies is Sasol slegs n BBE Level 6 maar almal word gedwing om ten minste Level 4 te wees en daar word nou hard gedruk dat Slegs Level 2 aanvaarbaar gaan wees vir enige oorweging om vir hulle n diens te lewer.

Reti ·

My seun werk (baie lekker) by Sasol maar hulle is laat verstaan dat hul nie moet verwag dat hulle enigsens op bevordering kan reken nie…want hulle is WIT.

John ·

En destyds is Sasol glo begin met wit belastingebetalers se bydraes wat summier van salarisse afgetrek is om glo later weer terugbetaal te word. Is dit terugbetaal en met rente? Volgens berigte was Sasol in vroeer jare al glo gekenmerk deur ‘n duidelike witbaas-witklaas-skeidslyn. Werknemers se huise is in massas opgerig en soms was die mure volgens bewerings glo nie eers op die vondasies gebou nie met barste wat soos spatare opskiet. Die tuine was glo braak grond wat op groot eie koste deur die bewoners van voetsoolvlak af opgebou moes word. Vandag is die destydse werknemers… waar? En die hogere bestuur van destyds? Het Sasol nog sy Kanadese hoofbestuurder?

Pieter ·

Die ANC neem totalitêre beheer oor alle instellings, ook die howe. So moenie veel verwag as wittes die benadeeldes is nie. Rassisme is geïnstitusionaliseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.