Reusepoging om stappers op Tafelberg te red

(Foto: WSAR/Facebook)

Twee stappers, onderskeidelik 53 en 28 jaar oud, is Maandag in ʼn reusepoging van Platteklipkloof op Tafelberg gered, nadat hulle Sondag – nadat een ʼn besering opgedoen het – weens gure weer besef het dat hulle nie self die staproete op die berg sal kan voltooi nie.

Volgens Wilderness Search And Rescue (WSAR) het die stappers omstreeks 20:00 hulp ontbied.

“Die sterk suidoostewind wat Sondag in Kaapstad gewoed het, het verhoed dat ons die stappers dadelik na veiligheid kon neem. Die Tafelberg-kabelspoor het nie gewerk nie en die Air Mercy Service (AMS)- helikopter was ook nie beskikbaar om ons met die reddingspoging by te staan nie.

“Lede van die WSAR-span het dus Sondag saam met die stappers op die berg oornag.”

(Foto: WSAR/Facebook)

ʼn Groot multidissiplinêre span het Maandagoggend kragte saamgesnoer om die 53-jarige beseerde stapper en haar 28-jarige kleinneef – albei van KwaZulu-Natal – van die berg af te dra.

Die reddingspoging het byna 24 uur geduur en ongeveer 50 mense, insluitend WSAR-reddingswerkers en -vrywilligers, medici van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, wetstoepassingsbeamptes van die Stad Kaapstad en veldwagters van die Tafelberg Nasionale Park het die twee stappers bygestaan.

“ʼn Span tweedejaarstudente van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) het ook ingespring om te help en het die 28-jarige van die kontoerpaadjie-aansluiting op Platteklipkloof gedra.

“Hy het vir byna agt uur stadig vordering op die roete gemaak terwyl die reddingswerkers sy tannie teen die berg afgedra het. Hy kon in ʼn stadium net nie verder voortgaan nie, waarna hy ook in ʼn reddingsdraagbaar geplaas en na veiligheid gedra is,” sê WSAR.

(Foto: WSAR/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Sandra ·

Ek haal my hoed af vir die mense wat die reddingspogings uitvoer, net 1 vraag, wie betaal daardie rekening? Dit kan nie min wees nie!

George ·

Tyd dat ons hier by die berg toetse vereis, elke 2dag moet daar reddingsspanne uitgestuur word vir mense wat meestal waarskuwings en borde ignore. Hoop die rekeninge word aan hul gestuur.

Miena ·

Hoekom sal n mens n pad op die berg gaan stap wat nie –
1. -gereeld tot konstant gebruik word deur ander stappers ook nie?
2. -nie uitgemerk is as n aanvarbare staproete / pad op die berg nie?
3. – is daar nie veronderstel om beter of meer gereelde beheer / toesig / “marshalls” te wees nie?

Racheltjie Debeer ·

Daar is ‘n kabelkar vir ‘n rede! Hoekom WIL jy tot bo-op die berg stap?

minnie muis ·

goue reel… 3 persone minimum vir stap en veral tafel berg kan jy nie onbekende roete stap nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.