Reusesoektog ná Jhb-fietsryer spoorloos verdwyn

Kim Croeser word sedert Sondagoggend vermis. (Foto: SAPD)

Lees die jongste berig hier.

’n 47-jarige vrou van Johannesburg is as vermis aangemeld nadat sy Sondagoggend by die Rietvlei Zoo Farm in die suide van die stad sou gaan fietsry en nog glad nie weer teruggekeer het nie.

Familie van Kim Croeser het intussen op sosiale media gesê haar fiets is in haar motor by Rietvlei Zoo Farm gevind. Daar was egter geen teken van Croeser nie.

Kapt. Nokulunga Dube, polisiewoordvoerder, sê Croeser het omstreeks 09:30 vermis geraak.

Haar wit Renault-voertuig is intussen geparkeer op Swartkoppiesweg by Rietvlei Zoo Farm gevind.

Volgens Dube het Croeser ’n blou fietsrybaadjie, swart fietsrybroek en wit tekkies aangehad ten tyde van haar verdwyning.

Enigiemand wat Croeser moontlik gesien het of weet waar sy haar tans bevind, word versoek om die Mondeor-polisie by 011 433 5411/12 óf die polisiebeampte aan diens by 082 371 8556, óf Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marisa W ·

Baie vreemd – dalk is die motor daar geparkeer deur iemand anders…

Pieter J ·

Dit is bittermoeilik vir families as hul geliefdes so verdwyn. Wat kan gedoen word dat mense besef hier in SA moet niemand, nie eers mans meer alleen rond beweeg nie en verkieslik moet jy ook bewapen wees.

marius ·

Alleen ? Waneer gaan mense begin besef dat hierdie hool die gevaarlikste in die wereld is ?

sopbeen ·

Iemand moes iets gesien het daar is dan altyd ‘n toeloop van mense

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.