Reusesoektog ná jong vrou op Oranjerivier verdwyn

Klarissa Joubert (19)

Tientalle mense soek sedert Donderdagmiddag na ʼn jong vrou van Orania in die Noord-Kaap wat in die Oranjerivier meegesleur is.

Klarissa Joubert (19), ʼn sielkundestudent, se ouers het onlangs na die dorp getrek.

Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania Beweging, sê Joubert het gister saam met vriende op binnebande op die rivier afgedryf toe sy van die band afgeval en deur die stroom meegesleur is.

Die res van die groep het verbete probeer om by haar uit te kom, maar het haar later uit die oog verloor. Hulle het so gou moontlik daarna hulp ontbied.

Strydom sê Orania se interne veiligheidstrukture is ingespan en talle vrywilligers het aangemeld om met die soektog te help. In ʼn stadium het twee hommeltuie, ʼn vliegtuig en verskeie bote na Joubert gesoek, terwyl ervare roeiers die rivier en inwoners die oewer gefynkam het.

Die polisie, Orania se interne veiligheidstrukture en talle vrywilligers neem deel aan die soektog. (Foto: Orania Beweging)

Lede van die polisie se reddingseenheid is ook op die toneel.

Weens die donkerte en die sterk rivierstroom is die soektog gisteraand tydelik afgelas. Dit het soekspanne ʼn blaaskans gegee, terwyl hulle terselfdertyd toerusting vir die verdere soektog nagegaan het.

‘n Vliegtuig, hommeltuie en bote word tydens die soektog ingespan. (Foto: Orania Beweging)

Hulle het douvoordag die soektog hervat.

Strydom sê boere van die omgewing het deur die nag met ligte by hul pompstasies langs die rivier gewaak vir enige teken van Joubert.

“Die manier waarop die gemeenskap saamgespan het, was ongelooflik. Restaurante het etes verskaf, vroue het koffie aangedra, boere het langs die rivier gewag, mense het hul vliegtuie, bote en brandstof beskikbaar gestel om te help … Dit is ʼn riem onder die hart.

“Almal, van Orania se interne veiligheidstrukture tot die vrywilligers, is betrokke. Dit is wonderlik om almal so te sien saamstaan.”

Hy sê Joubert se uiters getraumatiseerde ouers word ook deurentyd ondersteun, onder andere deur leraars op die dorp.

Lede van Orania se veiligheidsdienste gaan mekaar se toerusting na. (Foto: Orania Beweging)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

ameli ·

Asb Vader gee dat hul Klarissa lewendig vind. By U is niks onmoontlik nie.

Althes ·

Ñ Ongelooflike gemeenskap om so saam te staan.
Ons bid en glo dat sy ongedeerd is.

Sonia ·

Ons bid saam dat die meisie ongedeerd gevind sal word , sterkte vir almal wat help en ook haar Ouers

Misky ·

My gebede ook dat sy vinnig veilig gevind word. Ek moet noem en kon nie anders as om dadelik op te merk hoe skoon dit daar langs die rivier en onder bome langs oewer is nie. Net in Orania…….

Alet ·

Ek het dit ook oombliklik opgelet. Ek bly langs die Vaalrivier en ons het ‘n gemeenskaplike park wat jare lank gebruik was deur publiek om bote in rivier te laat, piekniek te hou en net lekker te braai en kuier. Die plek was so netjies met swembaddens, ablusie geriewe en selfs kothuisies en kiosk. Nodeloos om te sê die plek word nie meer gebruik nie altans nie deur die kolonialiste nie want dit het in ‘n vieslike hool verander. Vuil en om nie eens van die ablusie geriewe te praat nie. So ons almal het maar ander plekke gaan soek om langs die rivier te kuier.

Casper ·

Sy is al Donderdag meegesleur deur ‘n vol rivier en ‘n sterk stroom.Hoe hartverskeurend dit ookal is realiteit sê vir my indien sy lewend uigespoel het sou sy al gevind gewees het.By one Hemelse Vader is niks onmoontlik nie en ek wil glo dat sy nog lewe maar dood of lewendig sy is nie meer daar waar sy meegesleur is nie.

TO ·

Ek het dat Jesus julle sal toevou in sy genade en liefde. By God is alles moontlik. Ek bid vir julle. Dis wonderlik dat ‘n gemeenskap so kan saamstaan. Ek bid vir julle ook

Piet ·

Nee. Dis werklik jammer dat ‘n tragedie eers moet plaasvind voor ‘n dorp sy veiligheidsmaatreels en polisiering in orde kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.