Reusesoektog ná noodlottige rooftog by myn

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie soek na ʼn groep van ongeveer 20 verdagtes ná Maandagaand se noodlottige gewapende rooftog by DRDGold se Ergo-goudaanleg naby Brakpan aan die Oos-Rand.

Ergo se hoofveiligheidsbeampte, Bart Coetzee, is tydens die voorval doodgeskiet en die verdagtes het met sowat 17 kg se goud op die vlug geslaan.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het gesê die groep verdagtes was swaar gewapen en het balaklawas aangehad. Hulle het glo die ingange na die aanleg versper en vragmotorbestuurders op die perseel as gyselaars aangehou.

“ʼn Skietgeveg het tussen die verdagtes en mynveiligheidsbeamptes uitgebreek.” Coetzee is noodlottig gewond. Die verdagtes het hierna toegang tot die smeltkamer verkry waar hulle goud gesteel het. Die verdagtes het in ʼn wit Isuzu en ʼn Toyota Quantum wat aan die myn behoort, op die vlug geslaan.

“Die polisie is na die toneel ontbied, en aangesien die ingange versper was, moes hulle te voet die misdaadtoneel binnedring, waarna nog ʼn skietgeveg ontstaan het. Geen polisiebeamptes en geen ander persone is beseer nie. Die verdagtes kon daarin slaag om te vlug.”

Volgens Peters het die polisie onmiddellik begin ondersoek instel en het dit beamptes na ʼn toneel gelei waar die wegkommotors gevind is.

ʼn Vrou is Dinsdag in hegtenis geneem nadat die polisie op van die goud, voertuignommerplate, ʼn onbekende bedrag kontant, staalemmers met goudstof en grawe beslag gelê het by ʼn huis in Brakpan. Die soektog na die ander verdagtes duur voort.

DRDGold het intussen sy medelye uitgespreek met Coetzee se familie, kollegas en vriende.

“Ons is woedend oor hierdie gevoellose en lafhartige aanval en sal ons volle steun aan die polisie gee om te verseker dat hierdie misdadigers en die mense vir wie hulle werk, voor stok gebring word,” het Niël Pretorius, uitvoerende hoof van DRDGold, gesê.

James Duncan, woordvoerder van DRDGold, het bevestig die bende het met ʼn hoeveelheid kalsiumkonsentraat, wat na raming tot 17 kg goud bevat, op die vlug geslaan.

Die goud is volgens berigte tussen R10 miljoen en R20 miljoen werd.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jack Sadie ·

Onrusbarend. Die misdadigers raak al hoe meer en beter georganiseerd. Aan die familie van die slagoffer: my innige medelye.

klag potse ·

Definitely inside job. No person can enter there without knowing where to go and what procedures are in place.

EKKE ·

My innige simpatie met die familie. Ek sal nie verbaas wees, indien dit ‘n “inside job” is nie!!!!

Linda ·

Weereens ‘n dat ons polisie nie opgewasse is teen misdadigers nie!

Deon ·

Goeie more Linda.
Laat weet gerus as u ooit in die Wesrand is. Jy is rerig welkom om my te kom wys hoe om my werk beter te kan doen. Ons benodig spesialiste soos jy.

@slimdeon ·

aag ou grote, gooi gou vir ons die misdaad syfers daar in die wesrand….

Linda ·

Weereens ‘n bewys dat ons polisie nie opgewasse is teen misdadigers nie!

Anarchy ·

So quick to always blame the Police for not doing their jobs and useless, you dont know what its like doing that job and if you would like to there is a reservist programme, please join, wear the uniform carry the gun and badge and make a difference since you know how to do better. Its because of people like you always bad mouthing the police, that they dont care anymore. Their everyone got caught….but u probably wont have anything to say.

Hamburg ·

Moordenaars is op vrye voet omdat hulle mensergete geniet en ons daarvan ontneem is danksy die oorname waar georganiseerde misdaad ons van ons eie land beroof het in die naam van transformasie. Ons moet ons land terugvat van die moordenaars.

Peste ·

Ondersoek tog maar sommer die vragmotorbestuurders wat “gyselaar” gehou is.

Jacobus ·

Geen polisie beampte kan en sal opgewasse wees teen die soort misdadigers nie omdat;

1) die meeste van die misdadigers dalk militêre opleiding ontvang het van Zimbabwe/Suid Afrika/ Mosambiek / ens. (oud soldate)
2) die misdadigers het swaar gewapen gekom met R4/R5 en AK’s en het die wapens gebruik sonder om aan die gevolge te dink
3) het binne inligting gehad en die terein uitleg geken wat die polisie nie geken het nie
4) gyselaars aangehou wat altyd enige polisie en veiligheidsbeampte se eerste prioriteit sal wees
5) die polisie was dalk net toegerus met handwapens en nie grote kaliber wapens nie
6) die pad blokeer sodat polisie versterkings nie maklik toegang tot die terrein kan kry met pantservoertuie nie
7) die misdadigers het geweet dat die sekuriteit en polisie sou opdaag en het hulle dalk in ‘n hinderlaag gelei of die polisie was bang om oop oë in ‘n hinderlaag in te stap en so lede te verloor voordat hulle die werklike situasie onder oë gekry het
8) Na Marikana is polisie versigtig om net te reageer
9) die polisie nie voor die tyd geweet het hoeveel aanvallers daar is of watter wapens hulle het
10) die sogenaamde “rules of engagement” waaran polisie moet voldoen wat hulle hande bind

Enige persoon wat anders sal optree as die polisie en sekuriteit personeel was nog nooit in ‘n sogenaamde “urban combat” situasie nie; verkeerde besluite kos lewens.

Chris Ws ·

Jacobus ek stem met als wat jy se volkome saam.Mens kan nie die polisie se optrede in die’ spesifieke geval bevraagteken nie.Daar was beslis binne inligting beskikbaar aan die rowers.Hulle getalle en wapens spreek van ‘n vooraf beplande rooftog wat fyn uitgewerk was.Sekuriteir daar sal net heelwat verbeter moet word .My innige simpatie met Mnr.Coetzee se naasbestaandes.

Hanlie ·

Jacobus, baie dankie vir die inligting. Daar is so baie van ons wat nie die reels en regulasies ken in so ‘n situasie nie. Aan die familie, julle is in my gebede!!!! Sterkte.

wilma ·

Wonder of ou Mbete steeds die misdaad ontken en diefstal op ander wil oorplaas. Sy vas ani slaap. tyd vi wakker skrik neti ha doodskrik. Te lekker om verskoning te vra wanneer ha party verbrou het en miljarde geplunder het. Hoop die verdagtes word almal doodgeskiet

My Stem ·

As daar n helikopter beskikbaar was om die polisie by te staan sou dit n ander uitkoms gehad het.Maar nou ja! Weereens kon hulle maar net hul uiterste beste doen met wat tot hul beskikking was en n helikopter was nie een daarvan nie!! Ek wil net vd geleentheid gebruik maak :eerstens my opregte simpatie aan die naasbestaandes vd oorledene en tweedens my absolute bewondering en dank aan ons polisie beamptes wat daar betrokke was. Wens ek kon elkeen n toekenning vir dapperheid en waagmoed gee!! Ek saluut julle!! En jy , wat in onkunde jou mond oor hulle wil uitspoel, bly liewer doodstil! Want verseker sou jy erens in n hoekie gaan wegkruip het: bibberend en tjankend ,tot alles oor was, wanneer jy besef dat jou koëlvaste baadjie geen, maar géen beskerming bied teen daardie gemors se ammunisie nie!! Ek kan net met die grootste lof en respek van ons Blouspan praat! Lief julle!!!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.