Reusesoektog nadat ma, twee kinders spoorloos by Heroldsbaai verdwyn

Die polisie het ʼn reusesoektog van stapel gestuur nadat Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, ʼn dogtertjie en seuntjie van onderskeidelik ses en twee jaar oud, Dinsdagmiddag spoorloos in die omgewing van Heroldsbaai verdwyn het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê die gesin is omstreeks 18:00 gister opgemerk waar hulle verby hul winkel in Heroldsbaai gery het. Die drie was in ʼn Volkswagen Caravelle met die registrasienommer CAW 66036.

Scheepers se man, Ettienne, het sy gesin kort ná 20:00 by die George-polisiestasie as vermis aangemeld nadat hulle nie huis toe gekom het nie, het Pojie gesê.

Volgens hom is polisielede, die Nasionale Seereddingsinstituut, veiligheidsmaatskappye en nooddiensmaatskappye onder meer by die soektog na die drie betrokke. Die omgewing van Voëlklip word in dié stadium gefynkam.

Die soektog word tans gefokus waar die drie die laaste keer gesien is. “Ons volg alle leidrade op,” het Pojie gesê. Voorlopige aanduidings is egter dat hulle nie die onmiddellike omgewing verlaat het nie.

Heidi Scheepers se kinders het saam met haar verdwyn.

Enigiemand met inligting oor waar die gesin hulle bevind, word gevra om die George-polisiestasie te bel by 044 803 4400.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JohanR ·

Agh asseblief tog moenie laat hierdie nie nog ‘n tragedie gaan wees nie!!

Adel ·

Agge nee, kry sommer koue rillings. Hoop en bid dat hierdie soektog nie ook ñ tragiese einde gaan hê nie!!

Hartseer ·

Al tragiese nuus wat ek ontvang het is dat hul, hul gevind het… By Voëlklip se rotse afgery. Ongelukkig geen verdere inligting nie. Mag hulle asb almal lewend wees. ????????

Niklaas ·

Ek wil nie in die plek van daai arme eggenoot/pa wees nie. Kan dink wat hy moet deurmaak. Hoop dit gaan nie tragiese einde hê nie. Laat ons duim vashou vir veilige terugkeer van sy gesin.

HARTSEER ·

Hulle is blykbaar oor ‘n krans oppad na die kruis.

Sterkte aan almal betrokke – maats, familie, skool, kerk, vriende & die nooddienste.

Jerry B ·

Hoop en bid almal is veilig, maar iets maak nie vir my sin nie.

Kallimaari ·

Ek groot geword op George en geleer surf by Herolds baai. Voël klip is ‘n skerp krans van ongeveer 100 m aan die regter kant van die baai. Daar is ‘n grond pad wat lei tot by die rand. By die rand is geen versperrings nie. Die krans tuimel loodreg tot in die water en rotse. Hoekom word daar berig dat Voël klip gefynkam word. Wat vermoed hulle?

Francois ·

Teen gistermiddag: Parte van n motor wat dieselfde kleur as hulle voertuig was is gesien onderaan die afgrond by Voëlklip, maar nie herwin nie weens die rowwe toestand van die see. Daar word gespekuleer dat dit hulle voertuig kan wees, maar daar is nog nie sekerheid nie. Dit lyk nie goed nie….

Gesiggie ·

Here ek bid vir die gesin se veiligheid, en dat hul gou gevind sal word mag daar goeie nuus wees.. mag dit nie hul kar wees wat dalk by krans af is. God is Good.

jo ·

Iets maak nie vir my sin oor die hele storie nie, as hulle op die strand was en alles het gebeur soos hy se het gebeur, wat het sy by voelkop gedoen? Dit is heeltemal uit die pad uit.

Hartseer ·

Beide kinders is in die kar gevind – ongelukkig slegte nuus. :(

Die ma is egter nog nie gevind nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.