Reusestaking in klerebedryf sluimer

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

ʼn Staking sluimer in die klerebedryf nadat die Southern African Clothing and Textile Workers’ Union (Sactwu) Dinsdag laat weet het dat hy ʼn nasionale loondispuut verklaar het.

Andre Kriel, algemene sekretaris van die vakbond, het gesê dié dispuut is verklaar nadat die vakbond en werkgewers in die kledingbedryf nie ʼn loonooreenkoms kon bereik nie, selfs ná drie rondes van onderhandelings.

“Die dispuut is formeel verklaar op 12 Julie. Kledingwerkgewers bied ʼn 7%-loonverhoging aan en ons lede eis ʼn 8%-pakketverhoging vir metro-omgewings en 8,5% vir nie-metro omgewings,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel het Sactwu-lede die werkgewers se finale aanbod van 7% verwerp.

Hy het bygevoeg die vakbond het vir Sicelo Nduna, die sekretaris van die nasionale bedingingsraad vir die klerebedryf, geskryf om die dispuut ingevolge die vereistes van die bedingingsraad se grondwet te verwerk.

Die volgende stap is volgens Kriel bemiddeling. “Die wet stel dit dat dit die bedingingsraad se plig is om bemiddeling te bewerkstellig.”

Kriel het gesê indien die werkgewers nie tot die vakbond se finale eise toegee tydens bemiddeling nie beteken dit dat daar ʼn dooiepunt bereik sal word.

“In daardie geval sal ons stem oor ʼn staking. Dit beteken dat 60 000 werkers in die klerebedryf moontlik op ʼn loonstaking kan gaan.”

ʼn Datum vir bemiddeling is nog nie vasgestel nie. Sactwu het intussen gesê dat loononderhandelinge in die sektore vir algemene goedere en handsakke asook dié vir leerlooiery afgehandel is.

Ons lede in die leerlooiery-sektor sal ʼn 7,75%-loonverhoging ontvang terwyl lede in die sektor vir algemene goedere en handsakke 8%-verhogings sal ontvang.”

Dié verhogings is terugwerkend tot 1 Julie 2018.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

No probs ·

Geen probleem, oosterse fabrieke, masjiene en e-handel sal sorg.

Francois Le Cochon ·

Voer klere in, Dit maak nie meer besigheid sin om klere hier te vervaardig nie. Dieselfde geld vir kos. Alle landbou produkte kan goedkoper ingevoer word. Gee die plase vir die massas, dan kan ons ten minste minder betaal vir (ingevoerde) kos van beter gehalte.

Sannie ·

Die stert swaai die hond in S.A.
Al word hul 99% gegee….sal hul steeds staak..vir 100%..omdat hul kan!!

Anoniem ·

@ Dassen stem saam met jou, jy het nie jou plaas verniet gekry nie.

Casper Labuschagne ·

Staak maar gerus, na die staking sal meer mense in Lesotho, Swaziland en Zimbabwe se klerefabrieke werk hê en die invoerders vanaf Sjina en Indië sal net nog meer geld maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.