Reusetekort aan polisiehonde

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se honde-eenheid het ʼn kritieke tekort aan polisiehonde.

“Ons het 224 opgeleide hondehanteerders sonder honde en daar is 197 beamptes wat wag vir opleiding,” het genl.maj. Michael Motlhala, hoof van die polisie se nooddienste, tydens ʼn voorlegging aan die parlementêre portefeulje­komitee oor polisie gesê.

Volgens Motlhala se verslag is daar ʼn tekort van 95 honde in die patrollie-eenheid, 84 in die bomeenheid, 31 in die dwelmeenheid en nege in die spoorsnyeenheid.

Aldus die verslag het die tekort ʼn uitwerking op die “inhegtenisneming en opsporing van verdagtes, asook die opsporing van vuurwapens, plofstowwe en dwelmmiddels”.

’n Bedrag van R10 miljoen is aan die polisie toegeken vir honde in die finansiële jaar 2015-16, maar tot dusver is net R3 miljoen bestee.

Motlhala het gesê die polisie kry honde van drie bronne, naamlik die polisie se eie teelprogram, skenkings en die aankoop by private telers.

Hy sê egter die polisie se teelprogram lewer min honde op aangesien die nodige infrastruktuur hiervoor steeds aangebring word. “Skenkings het groot sukses opgelewer, maar dit is nie konsekwent nie en onbetroubaar.”

Volgens Motlhala onderhandel die polisie tans met private telers, maar die proses is “omslagtig en stadig” aangesien kontantkopers voorkeur kry.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Christie ·

Dis pure swak beplanning.Die SAPD kon lankal ‘n klein hoewe koop en hulle eie honde teel Met ‘n jaarlikse begroting van 5 miljoen kan hulle vir hulle genoeg honde teel

Sarel Strydom ·

Dit verbaas my nie dat sommige Polisielede nie behoorlik hulle werk doen nie. Wie wil vir mense werk met hierdie tie kommentaar. Die Hondeeenheid was nog altyd ‘n Elite eenheid en Honde word ook oud of sterf ook in die uitvoering van hulle pligte. Ek vertrou net dat keuring van teers streng sal geskied . hoekm onderhandel hulle met privaat telers en nie direk met Kusa nie.

Anel ·

Christie, hulle het die Roodeplaatteelsentrum in 1992 gekoop vir teeldoeleindes maar gaan kyk maar wat gaan daar aan. Ons seun sukkel al geruime tyd om aan te sluit maar kan nie. Hy het hondekursuse gedoen en is beter opgelei en kan beter met ‘n hond werk as baie van die hindemanne vandag. Hy het by sekuriteitsmaatskappy gewerk maar die mense was so jaloers op hom dat hy maar bedank het.

Francois le Cochon ·

Gebrek aan:…………..bestuur en instandhouding…………………bestuur en instandhouding………………bestuur en instandhouding. Tot die oordeelsdag toe.

Fire ·

Hulle is al besig sedert 2005 met instandhoudings- en opknappingswerk ….. ons trek nou in 2016. Daar het nog niks van gekom nie!!!!

Atas ·

Vir die arme honde so ontwil – Hoop ek hulle sluit eerder die honde-eenheid… Hulle kry skaars reg om die diere aan te koop, hoe op dees aarde gaan hulle effektief na die kosbare honde kyk? Wat as hulle kos op raak, en die proses om dit aan te koop is : “omslagtig en stadig…”

SkarrelKind ·

En skenkings laat my wonder. Daar was droewige stories oor ouer honde wat hulle lewe lang gewerk het wat geen heenkom en versorging ontvang het nie. Ek vetrou die lot glad nie. Hulle is onbeholpe en ek sal nooit ‘n hond aan hulle skenk voor hulle nie hulle skokkies ogetrek het nie.

Laurika ·

Iemand het hier erg droog gemaak. Mos logies, as een hond afsterwe, vervang jy hom met ‘n ander. Hoe het hulle tot op die punt gekom dat hulle soveel honde tekort het. ‘n Honde eenheid is tog belangrik vir baie doeleindes, kan hulle nie summier wil sluit nie?? Hul snuffel vermiste mense uit, spoor lyke op, hul snuffel vir dwelms – hulle is net so belangrik in die Polisie Diens as wat Beamptes is.

JVR ·

Hoekom klop hul nie aan by die honderde diere-hawens met derduisende jong hondjies nie?
Daar is honderde jong hondjies wat weekliks uitgesit word omdat die hawens net oorloop van te veel diere wat huisloos is….Puppy Haven, Wollies, SPCA….ens. Ek verstaan so `n hondjie moet voldoen aan sekere vereistes vir opleiding, maar sekerlik sal daar `n hele paar wees wat op hierdie manier tog sal kwalifiseer.

Anel ·

Daardie pleke weier om honde aan die SAPD te verkoop. Hulle laat hulle eerder uitsit. Daar word beter na die honde omgesien as na die beamptes. Hulle kry die beste kos en die beste behandeling as hulle siek is. Daar word regtig baie mooi na die honde gekyk. Alhoewel ek dink baie van die ouens wil net met ‘n hond werk om nie kantoorwerk te doen nie en om heeldag rond te ry .

Justa ·

Die publiek moet asseblief tog nie honde skenk aan die SAPD nie. Hulle word as voorraad beskou soos n tafel of stoel. As die hond te oud word ongeveer teen 6 of 7 jaar word hy uitgesit soos in Kwazulu Natal gebeur. Dis n leeftyd van verwaarlosing en mishandeling wat op hulle wag en waarvoor geen hond gevra het nie.

Nicky ·

Ek hoor dan stories dat afgetrede polisie honde nie eers elke dag kos kry nie.
Geen dier moet swaarkry nie & die SAPD verdien nie om honde in die mag te he nie!

Berhalet Beukes ·

Dis ‘n algehele disintegrasie van absoluut alles in Suid-Afrika… Dis skandelik en klaar! Daar is geen rasionele verskoning waarom daar nie honde beskikbaar is nie! Hoe lei jy 224 hanteerders sonder honde op?

erica roos ·

Hoekom stuur hulle nie lede na die shelters/SPCA en so aan en werf honde daaruit ek is seker daar gaan wonderlike diere wees wat ‘n tweede kans in die lewe kan kry maak seker nie saak watter tipe hond dit is nie kan mos geleer word om ‘n goeie werkende hond te wees, die teel storie weet ek nie so mooi dit is dan al gedoen en wat het daarvan geword

johny ·

Kom ons almal wees eerder meer positief .Polisie in ons land is onder geweldige druk en dan word hulle nog aangeval ook..In vandag se lewe om in die Polisie te wees sit nie in elke een se broek nie.Ek stel voor voer baie goed opgeleide honde in van ander lande.Dit is tot ons almal se voordeel in die land

André ·

Dit is waar dat ‘n gebrek aan beplanning ‘n probleem in hierdie geval is. Dit is ook duidelik dat die kommentaar wat gelewer word op hierdie berig uiters oningelig is oor hoe SAPD se honde teel program werk en wat dit kos om honde te evalueer en te toets of hulle geskik is. Indien hulle nie geskik is nie, waarheen dan met hulle. Dit is ook snert dat honde uitgesit word as hulle diens tydperk verby is. Die SAPD is ontverm oor hulle diere aangesien hulle dienende lede is net soos hul hanteerders. Kry julle feite reg voor julle kommentaar lewer.

Johannes Meintjes ·

Kan ‘n werklik professionele teler met infrastruktuur nie aan die SAPD sub-kontrakteer vir ‘n periode totdat die getalle van honde reg is nie? Mens stem saam dat daar unieke uitdaagings bestaan en dat daar gekyk moet word wat van ou honde of hande wat tekortskiet gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.