‘Reuseterugslag’ by Eskom lei tot fase 2-beurtkrag

(Foto: pixabay)

Eskom sê hy het sedert Donderdagaand ʼn “reuseterugslag” gehad en fase 2-beurtkrag word van Vrydagmiddag in werking gestel.

Die sukkelende kragvoorsiener het gister nog, tydens ʼn mediakonferensie oor die skielike inwerkingstelling van beurtkrag, gesê fase 1-beurtkrag gaan vandag van 09:00 tot 23:00 geld.

“Sedert die mediakonferensie gisteraand het ons ʼn reuseterugslag gehad en bykomende kapasiteit by Medupi verloor. Ons voorspelling was gegrond op die stand van die stelsel en beskikbaarheid teen 17:00 (Donderdagaand). Gisteraand het ons Medupi 3, 4 en 5 weens steenkool- en ashanteringsprobleme verloor,” het Eskom vroegoggend in ʼn verklaring gesê.

“Dit is bykomend tot die vervoerband by die kragsentrale wat Saterdag die gees gegee het. Dit beteken die kragnetwerk het verder versleg en ʼn bykomende tekort van nagenoeg 1 500 MW opwekkingsvermoë veroorsaak.”

Eskom sê hy besef die negatiewe uitwerking wat die besluit op sy klante – en veral matrieks wat eindeksamen skryf – het.

Fase 1-beurtkrag word dus van 09:00 tot 12:00 in werking gestel en fase 2 tot 23:00 vanaand.

“Ons vra onvoorwaardelik om verskoning aan ons klante en Suid-Afrikaners vir die kort kennisgewing. Ons sal Suid-Afrikaners op die hoogte hou van die status van ons herstelpogings.”

Mabuza het gisteraand gesê die besluit om dié week weer beurtkrag toe te pas is nie ligtelik geneem nie. Hy het Suid-Afrikaners toe óók om verskoning gevra.

Volgens Mabuza het Eskom sedert die naweek sy noodstelsels en reserwes ingespan, maar dit het uiteindelik groter risiko’s meegebring. Hy het gesê daar moet drasties meer instandhoudingswerk gedoen word, hoewel dít deur ʼn tekort aan geld gestriem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Rol oë ·

Wens ek kan vir my bestuurder net sê ” Ek vrae onvoorwaardelik verskoon vir my take wat nie reg WERK nie “. GENADE man, is daar niemand uit al daai duisende net kan sorg dat dinge vir `n slag net werk en instand gehou word nie ? Dink meer dis `n geval van ” NOT MY JOB, NOT MY PROBLEM “. Word asb net wakker en doen julle werk.

B ·

Die reuse terugslag het 1995> gebeur – hierdie is maar net ewigdurende simptome van die terminale siekte.

Rupert Ashford ·

A-ha!!! Goed gese. Sal seker nooit weer eerstewereld standaard hardloop nie.

Anon ·

So ver ek weet gee Medupi nie eers krag aan ons nie so waarvoor moet ons heeltyd sonder krag sit.

Martin ·

Anon waar hoor jy dit? Weet jy hoe werk ESKOM se netwerk? Dit werk soos ‘n visnet. Al die Kragstasies voer in daai net in. Daar is nie een stasie wat na spesifieke punte to voer nie. Medupi lewer wel krag aan ons.

Jjg ·

Niks in nuwe SA werk behoorlik nie. Nie die staatsdiens, nie die spoorweg, nie die lugdiens, nie die oorgrote munisipaliteite, nie die gesondheidsdienste, nie die posdienste, nie die weermag nie, nie die padnetwerk en strate nie, en so kan jy aangaan. Van eerste wêreld tot piesang republiek

Disselboom ·

Klink of Eskom die kragsentrales bedryf soos Disselboom met sy kar maak: die dienste is duur, dus word die arme ding maar verder gery as wat dit moet sonder aandag – in die hoop niks gaan fout nie!

Bring meriete-vaardighede terug en die kragsentrales hardloop een van die dae weer klop-Disselboom!

H ·

Verkoop eskom en die ander soe’s aan eerste wereldlande want duidelik weet julle nie wat julle doen nie

Stephanus ·

Die mense het doodeenvoudige nie die verstandelike vermoë om Eskom korrek te bestuur nie, veral die kragstasie. Die mense met die 30% slaagsyfer is nou in beheer!

Hanno ·

Daai mense het nie eens die vermoë gehad om hul eie taal neer te skryf nie. Ook nie om die wiel uit te vind nie. Maar wat gebeur in 1992? n Hele land word vir hulle gegee.

hendrikus ·

party plek kry nie eers beurtkrag maar ons kry twee keer op dag nee regtig hoor

Chris Ws ·

Dit het tyd geword dat ons dinge in ons eie hande neem en die buurlande se kragtoevoer vanaf Eskom self gaan afskakel . . . . . . . Kom oud-Eskom werkers julle weet hoe en waar.Nou is dit ul kans om ‘n hou in te kry vir jul onregverdige behandeling agv ras in die verlede.
Dis nonsens dat ONS moet deurloop as daar te min krag in die netwerk is terwyl die bure voorsien word van krag.

Sarel ·

Dit sal beter met ons gaan as ons buurstate OOK beurte van beurtkrag kry!!
sit af julle uitvoer netwerk totdat julle genoeg krag reserves het om uit te voer.

Willem ·

Stop om krag uit te voer na die buur lande wat in elk geval nie vir dit betaal nie en gebruik dit om RSA te red. “keep things local”

Therese van Schalkwyk ·

Heeltemal van die onderwerp af:
“Reuseterugslag” is wel die korrekte spelling, maar dit lyk verkeerd en behoort verkeerd te wees. Dis tog nie “blyeweersiens” of “enormeskade” nie.

Wat Eskom betref: Kodesa Een het ‘n opvolg-Kodesa Twee nodig gehad waar die ‘bevrydingsbeweging’ geleer moes word hóé om ‘n land te bestuur. Dis nou effe laat.

Ongelukkig. ·

Of dit Eskom of enige staatsinstelling ,selfs die parlement geeneen kan werk met die ANC as regeerder. Die DA met sy stokkiesmannetjie is nie in staat om ‘n land te regeer nie.

Tiger ·

Escom se Raad moet afgedank word.So kan dit nie voortgaan nie.Watse verskoning gaan hulle more he as hulle fase 3 en 4 beurtkrag instel??Ag nee wat!Hulle is ‘n onbeholpe spul narre.Daar moet gekyk word na die krag wat na die buurlande toe gaan.Dit moet afgeskakel word as daar te min krag vir ONS LAND is!
Die president moet vir ‘n slag sy job begin doen.

Nettie ·

Kan ons nie maar vir ESKOM en sommer ook al die ander para-staatsbeheerde en vol-staatsbeheerde organisasies, sowel as die ANC-regering PERMANENT AFSKAKEL nie? Dan sal dit begin beter gaan in die land, want sowaar – SLEGTER AS NOU kan dit seker nie gaan nie????

Erg Realisties ·

As jy Eskom wil verstaan kyk net die reeks Chernobyl op Showmax. Bly eks vêr ban Kaapstad af Wanneer dis kaders die AS5 knoppie druk.
Soos Prof Legaslov getuig” we tell lies and lies until we cannot recognise the truth anymore”

Deloris ·

Ja eskom verskoning verskoning verskoningsssssss…… word daar Dan nie maintenance toegepas nie

Erg Realisties ·

As jy Eskom wil verstaan, kyk Chernobyl op Showmax. Ek wil net vêr van Kaapstad af wees as die kaders die AS5 knoppie druk.
Soos Legaslov getuig: we lie and lie until we cannot recognise the truth anymore.
Eskom is ons Chernobyl

Penellope Jones ·

Is dit hoekom die vinnige nuuskonferensie gisteraand gehou is, omdat hulle geweet van die “””reuse terugslag””” maar wou dinge anders laat lyk en klink??
Jammer, mens kan julle glad nie meer glo nie.

Marietjie ·

Verskonings!!! Laat vaar die hofsake en gebruik die geld vir instandhouding.

waarheid ·

B Ek lag so lekker vir jou!!!
Ons sal moet generators kry en van eskom vergeet – dit het al in 1994 begin verval net soos al die ander staatsinstellings – Te veel om op te noem.
Hoop net ons kan die hele naweek rugby kyk!

Coco ·

Speel lekker kat en muis met ons hulle weet hulle het die hef in die hand

Cherokee ·

Net soos plase onteien word wanneer daar groot oeste op die lande staan, en die ‘nuwe eienaars’ net oes en nie plant nie, en daarna die plaas tot niet laat gaan, net so het met Eskom gebeur na dit op die 27ste April 1994 onteien is.

Johan ·

When I saw “stage 1” this morning I immediately predicted that this will change quickly! There you have it! If they allowed renewable energy from 1994 this would not had happened! Instead they were planning on how to get rich quick! “Black Diamonds”??

Hannes ·

Mabuza en Jan Oberholzer, ek gaan vir julle skakels stuur van plekke waar julle ketelmakers kan laat oplei. En ghries kan julle sommer by enige garage of hardeware winkel kry

Huh ·

Jan Oberholzer se naam was seker nie op daai lys nie, so hy werk nog lekker by paddakook se lekkende ketel

Sirkus ·

Phase 2 Blackmail. Hulle soek weer geld vanaf die regering, en die regering gaan weer geld soek by ons as belasting betalers met geld wat ons net kan maak met die voorsiening van krag. Eindelose kringloop van onderdrukking en korrupsie.
…Rus in vrede Suid Afrika…

Wielspore ·

Bied die geleentheid aan privaat instansies om tot die ESCOM grid toe te tree en bykomende krag in te sit. Die huidige wet wat deur NERSA geskep is beperk die hoeveelheid krag wat privaat instansies mag opwek en byvoeg tot ESCOM se grid. Die regering beskerm ESCOM met die hulp van NERSA al is dit tot nadeel van die land.

Jimmy ·

Eskom wil die krag teen ‘n belaglike lae prys koop en dan ten duurtse verkoop. Die transmissie netwerk moet ook geprivatiseer word. Laat private beleggers toe om hul eie netwerke te bou.

anoniem ·

GAAN ONS MATRIEKS VERGOED WORD MET GOEIE SLAAGPUNTE VIR DIE ONGERIEF HULLE WEET MOS DITIS NOU EKSAMEN TYD

Regtig ·

Nuwe kragstasie en die vervoerband gee die gees… Wat se kwaliteit beheer is toegepas?

Gert van Wierdapark ·

Eskom in sy geheel het lankal die “gees gegee”! Dis nou die laaste styftrekkings wat in skop! As dit jou beurt (sonder krag) is, om te gaan, moet jy maar liewer gaan! RIP ons ou Kragdwergie!!! He-he-he!

Doringrosie ·

Ai… so jammer eks te oud om te immigreer…. want dan het ek al lankal!!! LOL

Oppad Land Uit ·

Eskom sal nooit uit die “AS” opstaan nie, daai mense weet nie hoe om onderhoud toe te pas nie, gaan kyk maar voor 1994 veral op die plase. Toerusting wat jare vir ons gehou het en wat gediens if onderhou is het vir ons lank gehou, maar gee vir hom enige toerusting om mee te werk dan kom hy later na jou toe, om jou mee te deel dat daai spesifieke toerusting het n fout of werk nie, dan kom jy daar dan sal jy opmerk dat iets het gebreek wat jy nooit in jou ganse lewe gedink gaan breek nie. Nee wat dis te laat om ons mooi land te red vir wie my voor ouers en hulle ouers so hard geveg het. Ek maar ook besluit om groener weivelde te gaan soek, waar my gesin veilig voel en waardeer word word vir ons dienste.

c ·

Die is n tantrum wat Eskom gooi, want hy kry nie sy sin met n 16% verhooging in krag tariewe nie, Hy het die hef in die hand, en ons moet daar onder ly.

leon ·

Byna vergeet om by die boontste een te las.
Eskom.
Elke Sekonde Kry Ons Minder.

Magda ·

Eskom laat my dink aanw aar ons nou bly – in Booysens in Pretoria in n “kompleks” waar 5 huise gebou is – op Turf van 28% so ons wiegel waggel daar rond, en die Eienaars doen niks, gisteraand sonder n Hek gesit (is veronderstel om remote control te wees) waar ons (geen mans nie) moes self op en af klim en dood sukkel om die hek oop te kry, na die agent hoeveel opreope na die “Eienaars” gedoen het (met geen reply) het ons die Hek oop gekry. Goedkoop goed en onbevoegde mense en ook Onmenslike eienaars wat niks omgee vir ander mense nie – Jy moet net betaal anders—– so ja dis Eskom alles meot herhaal word, want dit laat my dink onbevoegde mense werk daar want hoekom wag jy tot iets heeltemal breek voor jy dit regmaak – Maintenance op n gereelde basis sal so iets voorkom veral as jy weet dit sis belangrik vir Suid Afrika (altans so dink ek) Dieselfde waar ek bly – kom maak dit vinnig en goedkoop reg (die hek) is nou al 5+ kere reg gemaak en ook n eksta muur gebou maar dit bly breek – dieselfde as Eskom. Suid Afrika is n verleentheid vir oorsese investment .

Kobus ·

Wat het Eskom en die Regering nou al gedoen om die situasie te beredder. Hope planne op die tafel en nog niks het daaruit ontstaan. Gooi geld in n bodemlose put. Mense weet nie wat bestuur beteken.

Reeds Weg ·

@Oppad Land Uit die enigste sinvolle kommentaar hierbo. Ons gesin het reeds gewaai. Ons krag en water is altyd aan, ons land is Westers, beskaafd, ordelik, netjies, skoon en kalm. Ons is positief en ons kinders is gelukkig.

Marti ·

Hoe de swernoot word ons aanspreeklik gehou en negatief geaffekteer vir eskom se onvermoë om krag te voorsien.
Die regering kan hulle help soveel keer as wat hulle wil, dit gaan nie hulle die vermoë gee om die probleem op te los nie.

John ·

Die BBC beweer Eskom voer 400 megawatt krag uit na Zim en laasgenoemde kla nou ook oor kragonderbrekings. Eskom is nie oor die plaaslike mark gepla nie. CR se vriendelikheid bo in Afrika het dalk meer te make met ons uitvoermarkte en Eskomwinste.

James ·

Kon vandag nie my kroniese medikasie by clicks apteek kry nie. Pik donker en deure toe. Net bordjie sorry loadshedding in progress. So ek maar moedeloos en besef nou, waar is ons oor 10jaar 20jaar… God help ons..

hercu ·

die kabinet kannie eens met steenkool werk nie, maar hulle wil NGV instel!

die ANC is die grootste sirkus in die wêreld met die rykste narre :-)

Oebie ·

Iemand laat weet vanoggend oor die radio fase 10 beurtkrag is wanneer ESKOM jou kerse kom doodblaas!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.