Reuseveldtog begin teen dubbelstandaarde wat geld by rassisme

ras-regstellende-aksie-race

Argieffoto.

Die vakbond Solidariteit het vandag ʼn reuseveldtog, wat oor ʼn tydperk van drie maande strek, van stapel gestuur om uiteindelik ʼn massaklag oor die selektiewe hantering van rassisme aan verskeie forums, wat onder meer die Internasionale Menseregtekommissie insluit, te oorhandig.

Solidariteit beplan ook om oor die volgende drie maande ʼn verslag oor die dubbele standaarde, wat geld in die hantering van rassisme, te publiseer en ʼn konferensie oor dié onderwerp aan te bied.

ʼn Massaklag, waarin tienduisende Suid-Afrikaners gaan vra dat alle vorme van rassisme in Suid-Afrika oor dieselfde kam geskeer word, gaan ook deel uitmaak van die veldtog.

Aan die einde van die veldtog sal die klag by die parlement, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK), die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), die VN se Kommissie vir Menseregte, asook die VN se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD), ingedien word.

“Die klag gaan toon dat verskillende standaarde vir verskillende groepe geld wat rassisme betref en dat politici en staatsamptenare die grootste aanstokers van selektiewe rassisme is,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Volgens Hermann is Suid-Afrikaners moeg vir die dubbele standaarde wat in Suid-Afrika geld wanneer dit by ras kom, met veral politici en mense in gesagsposisies wat rassespanning aanwakker.

“Weens selektiewe rassisme word disproporsionele dekking verleen aan vorme van rassisme wat wit mense teenoor swart mense pleeg. Ter illustrasie is Penny Sparrow, ʼn gewone lid van die publiek wat nie in ʼn gesagsposisie is nie, oor en oor verguis oor onaanvaarbare opmerkings wat sy oor swart Suid-Afrikaners gemaak het, terwyl Levuyo Menziwa, ʼn EFF-studenteleier, se opmerkings dat hy ‘f**en whites’ met ʼn bazooka of ʼn AK47 wil doodskiet, lank reeds vergete is,” het Hermann gesê.

“Solidariteit het verlede jaar groot sukses behaal tydens die sitting van die Verenigde Nasies se komitee vir die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie (CERD – Committee on the Elimination of Racial Discrimination) en is slaggereed om die saak te hervat en later vanjaar weer ons stem en die stem van talle Suid-Afrikaners op ʼn internasionale platform te laat hoor,” het Hermann gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Jem ·

Dankie aan Solidariteit wat weereens die bulk by die Horningsham pak. Ek is regtig trots om n lid van Solidariteit te wees. Solidariteit steun nie net blankes nie maar staan ander bevolkingsgroepe ook by. Solidariteit doen so voort. Dit is al hoe ons stabiliteit in hierdie land gaan kry ten goede van alle rasse in Suid Afrika.

ANONIEM ·

MOET ASB OOK NIE VAN VINETTE EBRAHIMS (CHARMAINE-7DE LAAN) VERGEET NIE.
SY MAAK OOK MAAR LEKKER VERGELYKINGS TEEN ONS WIT MENSE. DIT OOK BIETJIE HAARBEURT OM VASGEVAT TE WORD….

Vivian ·

Dankie tog. Iemand gaan hierdie boosheid probeer teenwerk. Sal bid God dit laat geslaagd wees.

AL ·

Glo my ek bid elke dag dat God ons van die bose verlos – ons moet GLO dat Hy dit sal doen.

Marcus ·

Dit klink na ‘n ordentlike poging!
Dankie!
God die Vader, ons bid dat hierdie roep na regverdigheid suksesvol sal wees en vrede en harmonie in ons Land sal bring.
In Jesus Naam,
Amen.

zahn ·

Maroela, ‘n ernstige versoek van my af. Help ons deur ‘n forum of iets te skep waar ons ons name kan sit op die lys. Help ons om aktief deel te kan wees heirvan, al is dit iets soos ‘n petisielys waar ons ons name kan neersit ter ondersteuning van die saak. Ek belowe, dit sal nie net blankes wees wat hul name gee ie, die kleurlinge saam met wie ek werk, is net so keelvol. Selfs swartes wat nie anc stem nie, sal hul name gee, want hulle sien ook al, as jy nie anc is nie, is jy niks.

Beste Wilco ·

Wilco jy laat my so baie aan my oom dink wat in die Strand al die jare gebly het . hy was ‘n groot sakeman maar as die bruinmense by hom kom geld vra, het hy altyd met ‘n oop hand GEGEE, soos hy dit noem HANDJIEVAT, want hy het altyd gese “DIT IS MOS ONSE MENSE” . So mooi beskrywing vir my gewees al die jare. So min haat gewees selfs in die apartheidsjare tussen bruin en wit.

Petertjie ·

Ek werk vir ‘n Staatsdepartement en as ek net kyk hoe daar op ons geskree word. Hooggeplaastes wat soos ‘n klomp geraasmakers optree en letterlik op ons skree. Ek is sat vir politiek. Ek wil net my werk doen. In stede van werk sit ek in vrees en bewing en wag vir die volgende geskreeu. Ons hier op voetsoolvlak is oor rassisme, maar die regering hou dit aan die gang….

Frikkie Brits ·

Maroela, julle het my e-pos adres, stuur dit aan Solidariteit, laat weet as daar iets is wat ek kan doen!

Nita ·

Ek se baie,baie dankie Solidariteit! Hoekom sien ek nie meer dankies nie? Ons skree die heeltyd iemand moet iets doen. Nou doen iemand iets! Solidariteit gee asb die nommer waarheen ons, ons sms stemme kan stuur.

AL ·

Mooi so dr Hermann en die Solidariteitspan! Stuur julle veldtogte deur sodat ons jul kan ondersteun waar ons kan. Ek is wel n lid.
Onbevoegde rasgebaseerde aanstellings kos hierdie land miljarde rande jaarliks – ten koste vd belastingbetaler wie nog vir 18 miljoen SASSA mense ook moet sorg. Dan praat ons nog nie eens van biljoene rande se konsultasiefooie sodat regstellende mense hul werk kan doen nie – wat luiheid en onproduktiwiteit aanwakker want iemand anders doen die harde werk.
Vanwee onbevoegdheid, korrupsie en gierigheid is instandhouding van infrastrukture agterwee gelaat wat nog bykomende miljarde rande iewers uitgekrap moet word.
Kortom die land verarm net onder regstellende aksie – dit is glad nie n positiewe voordeel nie.

TTh ·

Fantasties, ons is baie laat hiermee maar uiteindelik begin dit. Die ANC se bestaan en sy ondersteuners se posisie in die groter SA is te wyte aan rassisme alleen, sonder restellende aksie, SEB (BEE) en transformasie sou die ANC en sy ondersteuners niks bereik het nie – dit is die ergste vorm van rassisme ooit in die wereld en moet totaal uitgeroei word – ek hoop dit gebeur.

Rina Bezuidenhout ·

Bid jul sterkte toe Solidariteit Dit kan net nie aangaan soos dit nou aangaan nie Iewers moet verandering plaasvind

Mvs ·

Stem. Swart mag doen en sè net wat hul wil maar wittes dieper as diep in moeilikheid. Gee n lys ons name kan byvoeg vir solidariteit. Dankie daarvoor! Julle iets wil doen!

Tito Tito ·

Maar swartmense kan nie rasisties wees nie, net wit mense is rasiste! (Wag, was dit nou rasisties?)

Vic ·

Rassisties.

Mooi so Solidariteit. Nou soek ons nog net n beskermingsmag vir die boere. Al hierdie ander dinge is goed, maar die boere word uitgemoor. Al se hulle navorsing nou wat.

Brie-brie ·

Ek stem. Ons is moeg vir die oor en weer rasse aangedrewe uitsprake en beledigings..

Diana ·

Talk is cheap. Julle beter jul name op daai petisie/lys gaan sit, anders help jul niks.

MS ·

Gaan na Solidariteit se webuiste, klik op die Stop Rascism icon en dit jou naam op die lys. Laat hoor jou stem!

zahn ·

Dis juis wat ek bedoel, baie van ons ouer mense is tegnologies gestremd, soos ek. Jy het my al verloor by webtuiste. My kinders het my gewys hoe om by Maroela uit te kom. Dit het lank gevat voor ek dit self reggekry het. Kan Maroela ‘n ding in plek sit wat ek hiervandaan my stem kan laat geld?

buks ·

Om die duiwel by die satang aan te kla was nog nooit suksesvol nie.

Boerseun ·

Begin asseblief by die rassistiese SA Grondwet wat diskriminasie teen die witman en dus rassime toelaat en regverdig!!! Ons het die mees rassistiese grondwet in die wereld!!!

Jurgen ·

Ek het more vergadering met Nedbank om uit te vind hoekom ek nie BEE geregistreer is om ‘n lening te kry vir ‘n privaat huis?! Mag dalk nog van Solidariteit gebruik maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.