Reuseverhogings in brandstofpryse aangekondig

Argieffoto (Foto: Paul Brennan/Pixabay)

Brandstofpryse sal Woensdag tot nuwe rekordvlakke styg.

Die prys van petrol (93- én 95-oktaan) styg met R1,21 per liter terwyl diesel (met ‘n swawelinhoud van 0,05% en 0,005%) met R1,48 per liter styg.

Dit is die grootste verhoging in die brandstofpryse nog vanjaar. Volgens die departement van energie het die rand teenoor die dollar verswak tydens die oorsigtydperk. Die rand was in die oorsigtyd gemiddeld R14,81 teenoor die dollar, terwyl dit in die vorige oorsigtydperk R14,65 was.

Die gemiddelde internasionale pryse vir petrol, diesel en paraffien het tydens die betrokke periode verhoog.

Die balansheffing (slate levy) styg ook met 2,2c van 13,16c per liter tot 15,36c per liter.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het verwag dat petrolpryse met tussen 96c en 98c per liter sou styg,  en diesel met tussen R1,41 en R1,42 per liter.

Die AA het gesê dié styging sal katastrofies wees, veral in die lig van stygings die afgelope maande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jack ·

As die regering bekwaam en bevoeg was en met eerlike motiewe die land regeer het kon ek dalk verstaan as die petrol prys styg maar onder die huidige omstandighede glo ek dit is as gevolg van diefstal en veral omdat die regering DRINGEND geld nodig het want sy sakke is leeg en daar is miljoene wat afhanklik is.Hy gaan eenvoudig net die bestuurders van van voertuie slaan met duur petrol want dit is die maklikse manier van geld kry.

SwartBees ·

En weereens sal hulle aan die stuur van sake bly en ons melk vir elke greintjie vryheid in ons besit.

annie ·

… maar onthou ‘n hele paar kaders soek nuwe karre in hul kerskouse en nie sommer tjorre nie. Klimaatsverandering noop mense om innoverend te dink veral met die oog op ons classy kragskepe vir Eskom en ander blink planne vir 2022+ wat ons nuwe-ou munisipale amptenary uitdink terwyl hul smul aan die gereelde knoffel-burgers en vetterige tjips om 11 uur soggens.

Shakespeare ·

Nog ‘n spyker in ons land se doodskis. Viva ANC/EFF.

Adriaan ·

Die ekonoom Chris Hart het n jaar of wat terug n berekening gedoen oor wat die brandstofprys sou wees as die R/$ wisselkoers en olieprys die werklike bepalers daarvan sou wees en die verskil tussen wat dit na regte moet kos teenoor wat dit by die pomp kos is groot.

SwartBees ·

Daar is mos gesê voor die verkiesing dat daar geen load shedding gaan wees nie, geen petrol stygings, covid+ is “baie” laag. Nog nie eers n dag later en nou net sê eksdom loadshedding kan enige oomblik inskop want die krag netwerk is onder groot druk, petrol prys styg en die covid+ getalle styg.

Jr ·

Ja stem cANCer together we can destroy SA MUCH QUICKER AND MAKE SA A BETTER THAN WORSE PLACE. VIVA

Fred ·

En hulle wag tot na meeste mense gestem het voor huule die bom laat bars.
Ek weet dit was al vir n rukkie in die media.

Pieter ·

En wat, my liewe fred, het die styging in die internasional ru-olie prys met die ou SA plaaslike munisipale verkiesing te doen? O wag, Die raadslid in Koeknaap het insae in die olie prys. Nou verstaan ek.

Jr ·

Antwoord my net een vraag ( alhoewel ek ken die antwoord). HOEKOM NIE EEN TAXI ORGANASASIE WAT TOI TOI?

Phumba ·

Met brandstof wat om en by 10% styg, beteken dit kos en produkte gaan ook met minimum 10% styg, pendel werk toe en terug met 10%.

Wonder hoeveel mense het meer as 10% salaris verhooging gekry die jaar.

Maak reg vir n skraal Kerstyd!

Piet parys ·

Mense moet maar liewers kerspresente los want kospryse gaan net op . So koop maar eerder genoeg kosvoorade want more is dit duurder . Insetkoste vir boere het die hoogte in geskiet vir boere en kan dit nie meer subsideer nie en nood gedwonge sal dit deurgegee word aan die verbruiker . Onthou bv groente prys wat boere kry is 50% van die prys wat winkelsetrums die verbruiker vra . So werk dit maar self uit wie is die middelman . Voorheen het winkelsentrum 30% by aamkoop prys gesit en nou
Al lankal verdubbel hulle die aankoop prys

Pieter ·

Covid gaan in elk geval ‘n stokkie steek teen vakansie. Maar dit gaan nog baie goed met ons. Kyk maar net hoe kla die mense as hulle weer ingeperk word Desember. Ons gaan mos almal see toe vir die vakansie – mos.

SjN ·

Die brandstofprys word gemanipuleer deur die swak regering en nog n bewys dat taxis subsidie ontvang. Hoekom staak hulle nie.

Jacques ·

Sou die regering hierdie nuus eergiste bekend gemaak het sou hulle (ANC) aansienlik minder stemme gekry het, hulle (ANC) is agterbaks en skelm!!!!!

Pieter ·

Ons het mos almal geweet dit gaan styd met meer as R1. Waar was jy?

TRP ·

Ek is bitter dankbaar vir my werk maar as enkel ma (2 kinders) sukkel ek om kop bo water te hou. Ek beskou myself as “middelklas” maar ek dink ek kan myself seker maar afgradeer na “armklas” want my sak kan dit nie meer hou. Ek wonder egter in my enigheid hoe ander mense dit maak, mense met reeds “arm” status. My hart huil.

Papsak ·

Ja daar word nie gekyk na arm mense nie daar is mense wat werke verloor het bly plekke alles deur hierdie koruupte pandemie maar nog sal die petrol kos blyplekke alles en krag net op en op gesit word waar gaan alles stop

JohanR ·

‘n Paar bank rekeninge word lekker vet! ANC het die trein vervoer verwoes en al amper lug vervoer verwoes. Dit laat net pad vervoer oor ,en as die petrol prys soe styg sal die nie lank wees en eienaars van trokke sal nie meer vervoer kan bekostig. Hoe kom kos en drink goed dan by die winkels uit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.