Reusevonds perlemoen in verlate motor aangetref

Foto: Verskaf.

ʼn Ongelukstoneel in Khayelitsha-polisiëringsgebied het die polisie tot die ontdekking van perlemoen ter waarde van sowat R1,1 miljoen gelei.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Woensdag plaasgevind toe die polisie inligting ontvang het van ʼn wit Ford Figo wat verlate by die oorgang van Mew- en Lansdowneweg in Khayelitsha staan.

“Altesaam 3717 eenhede perlemoen is in die motor aangetref. Die bestuurder van die motor het van die toneel gevlug, die polisie is nou warm op sy spoor,” het Rwexana gesê.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het gesê hy waarsku alle misdadigers wat handel dryf met mariene hulpbronne. “Julle sal gejag word deur die polisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hugo ·

Ongelukkig Lt.Gen Jula is dit net groot pratery van jou kant af. Ry so bietjie helder oordag rond al teen Kusweg af tussen Kleinmond en Bettiesbaai en kyk hoeveel pouchers doen openlik hul ding. Al vir maande. Hul wag sommer met hul vangste langs die pad.

Nee wat. Marine-hulpbronne sal vergaan onder die Polisie se huidige plan.

Sê maar net ·

Jip, hulle sal gejag word en weer gejag word…daar is elke aand duisende duikers vanaf Gansbaai tot Melkbos in die water. Hulle moenie eers uit die water kom met die perlemoen nie, jaag hulle terug. As dit op die straat kom, dan is dit klaar te laat. Net vir die rekord, die ouens wat in die water is, is net ‘n skakel in die ketting. Daar is ouens wat die vervoer doen. Daar is ouens wat die prossessering doen. Die ketting is baaaaie groot. Hulle weet nie noodwendig vir wie hulle dit uithaal nie. So, om hulle te vang, is nie die antwoord nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.