RGB aangevat oor ontbrekende sertifikate

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Christopher Boswell)

AfriForum Jeug se regspan het ’n prokureursbrief aan die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGB) gerig waarin daar geëis word dat ’n afgestudeerde mediese dokter se ontbrekende sertifikaat met die nodige registrasienommer as ’n onafhanklike praktiseerder uitgereik word.

Anneray Richards wag al meer as twee maande lank op haar registrasienommer.

René van der Vyver, woordvoerder van AfriForum Jeug, sê die RGB het nie genoeg eksaminators aangestel om die portefeuljes van aansoeke goed te keur nie, wat ’n groot agterstand tot gevolg gehad het.

Van der Vyver sê die portefeuljes van aansoeke, wat alle projekte, navorsing en eksamens van rotasies tydens die internskap insluit, is in die verlede binne 14 tot 28 werksdae deur die raad afgehandel.

Vanjaar is egter die eerste jaar dat ’n aanlyn aansoekproses gevolg moet word wat veroorsaak het Richards al langer as twee maande lank op haar sertifikaat wag.

Richards is ook nie die enigste afgestudeerde wat in dié stadium verhoed word om te begin werk en ’n inkomste te verdien nie.

“Dit is ontstellend dat ’n sogenaamde ‘professionele liggaam’ so onprofessioneel optree dat dit die gekwalifiseerde mense wat hulle verteenwoordig se loopbane bedreig. Die jeugwerkloosheidsyfer in Suid-Afrika is ’n verstommende 64% en daarom sal AfriForum Jeug jong mense bystaan om hul sertifikate te kry om met hul loopbane te kan begin,” sê Van der Vyver.

AfriForum Jeug beoog om verdere regsaksie te neem om te verseker dat ontbrekende sertifikate nie langer ’n stokkie voor afgestudeerdes se loopbane steek nie.

“Die sertifikate van die raad gee aan individue die magtiging om in mediese professies te praktiseer. Die raad se agterstallige administrasie verhoed jong mense om te begin werk en daarom gaan AfriForum Jeug dit beveg namens diegene wat benadeel word.”

Jong gegradueerdes wat in dieselfde situasie as Richards gedompel is, word aangemoedig om deel te word van die groep wat AfriForum Jeug bystaan. Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

casper ·

Daardie spul is totaal getransformeer — In ‘n onbekwame spul kaders in !!!!

Chris dupreez ·

Dit is niks anders as slegtigheid nie, te lui om hul werk te doen

Cola ·

Unisa doen presies dieselfde kan iemand nie asb vuur onder hul kom maak nie soveel studente kan niks doen sonder hul sertifikate

Yvonne ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die regering nie eers meer aan minimum vereiste van dienslewering voldoen …tragies verby

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.