Die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB) sê hy is diep bekommerd oor die voortgesette neiging deur geregistreerde mediese praktisyns om ongeregistreerde aflospersoneel in hul praktyke in diens te neem.
“Die RGB en wetstoepassingsowerhede werk onophoudelik om te verseker dat die onwettige gebruik van kamma-gesondheidsorgpraktisyns uitgewis word.”
In die jongste voorval het ʼn Kongolese man Donderdag in die hof verskyn nadat hy in Kraaifontein in Kaapstad aangekeer is waar hy as dokter gewerk het. Dr. Kishule Prosper Bataciramwira is nie as dokter geregistreer nie, maar het steeds pasiënte gesien by ʼn praktyk van ʼn ene Dr. ECA Mensah, het die RGB in ʼn verklaring gesê.
“Lede van die gemeenskap word aangemoedig om enige moontlike onwettige optrede deur ongeregistreerde mense aan te meld. Geregistreerde praktisyns moet ook nie ongeregistreerde aflospraktisyns in diens neem nie, omdat dit die lewens van die publiek in gevaar stel.”
Gesondheidsorgwerkers moet ingevolge wetgewing by die raad registreer voordat hulle in Suid-Afrika mag werk.
Apartheid se skuld . Geen twyfel .
Was hy darem ‘n “goeie” dokter?
Dalk het hy die simptome online ge-google soos baie van ons maar soms onsself “diagnoseer”. Al verskil is dat hy dit beslis nie gratis gedoen het nie.
Boereverneuker!
Ai tog,…..waar word nie gelieg en bedrieg in SA nie hahaha….