RGB-hoof geskors

Dr. David Boikhutso Motau se skorsing hou verband met ernstige aantygings van korrupsie en bedrog. (Foto: RGB-webblad / blogs)

Die uitvoerende hoof en registrateur van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB), dr. David Boikhutso Motau, is met onmiddellike inwerkingtreding tydelik geskors.

Dit volg ná die departement van gesondheid ’n lasbrief vir Motau se inhegtenisneming ontvang het in verband met ernstige aantygings van bedrog en korrupsie tydens sy amp as hoof van die Vrystaatse gesondheidsdepartement.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, waarnemende minister van gesondheid, het dié aankondiging Donderdag in ’n kort verklaring gemaak.

“Die ernstige aard van die aantygings en die verreikende gevolge daarvan op die etiese dinamika in die gesondheidsgemeenskap noop sy skorsing.”

Motau is in Junie 2021 as uitvoerende hoof en registrateur van RGB aangestel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jywilwat

Die lang arm van die gereg… Net jammer die arm word langer hoe groter die korrupsie is.

Jasper

Is daar iemand in die regering wat nie skelm is nie?

Sarel

Net tot na verkiesing….Magashule steeds op vrye voet.
Het die ongerymdhede plaasgevind terwyl Magashulr
Premier van Vrydtaat was?

Persheks Adri

Met volle salaris en voordele waarvoor ons betaal pffft!

Porseleintjie

Seekat arms van korrupsie is diep gewortel in SA.