Die dissiplinêre komitee van die Raad vir Gesondheidsberoepe (RGB) het ná twee dae se argumente sy besluit bekend gemaak oor die verhoor van dr. Jacques de Vos, wat glo ʼn swanger vrou meegedeel het dat haar ongebore baba ʼn mens is.
Die RGB kla De Vos (32) van onetiese gedrag aan. De Vos was ʼn intern by 2 Militêre Hospitaal in Kaapstad toe die hospitaal hom geskors het weens dié beweerde opmerking en hy is sedert Julie 2017 gevolglik verbied om te praktiseer.
Die saak teen hom, wat nou reeds jare lank sloer, is vandeesweek in Kaapstad hervat.
Die organisasie Doctors for Life het Dinsdag in ʼn verklaring gesê die dissiplinêre komitee van die RGB het bepaal dat die verhoor kan voortgaan op aanklag 1 en 2 (wat verband hou met advies aan ʼn vrou dat haar kind ʼn mens is). “Die komitee het nog nie ʼn besluit geneem oor aanklag 3 en 4 (algemene aanklagte wat verband hou met De Vos se sienings) nie,” het die organisasie gesê.
De Vos se regspan het aangevoer dat die saak teen De Vos van die rol geskrap moet word. Adv. Keith Matthee SC het onder meer aangevoer dat die verrigtinge onwettig is weens die RGB se versuim om sekere dokumente te verskaf wat ʼn billike verhoor moet verseker, asook weens die talle vertragings waardeur die saak gekenmerk word.
Die RGB se dissiplinêre komitee het tot 9 Desember 2019 die geleentheid om ʼn besluit te maak oor aanklag 3 en 4, en redes te verskaf vir hul besluit.
De Vos se regspan sal dan daarna ʼn besluit neem op die pad vorentoe, wat insluit die moontlikheid om die hooggeregshof te nader vir ʼn hersiening.
Ek stem saam met Dr de Vos dit is ‘n mens en is moord as’ n aborsie gedoen word. Dr de Vos moes nie eers geskors word nie.
Die doktor praat 100% waarheid dis n lewende klein mens in die vrou se maag wat sy wil vermoor! Die doktor mag sy meening se en hy mag weier om n moord op n baba uit tevoer! As die vrou nogsteeds die kind wil vermoor kan sy mos na ander doktor toe gaan wat bereid is om n baba se arms en bene af te ruk
Weet jy Frank, toe ek jou kommentaar lees, het ek gevoel, as ek kon, sou ek jou ‘n liederlike oorvee gegee het. wie is jy om jou mond te rek? is jy as mens gebore???
Dis belaglik, het hy nie die reg op ‘n mening nie. Waar is vryheid van spraak nou. Nog ‘n bekwame blanke uit sy werk uitgewerk.
Nou vra mense waarom ons dokters landuit om oorsee te gaan werk. Bevoegde dokters word oor die kole gehaal en dit is seker om plek te maak vir ‘n onbevoegde dokter wat deurgeskraap het.
Neee! Iemand het iewers deurmekaar geraak!! Natuurlik is ‘n BABA ‘n Mens!!joe dan nou anders!! Ons was almal banbas! Voordat ons kinders en toe Tieners en daarna grootmense!! Waar val julle dan nou uit!! VERDUIDELIK Asseblief in gewone Afrikaans! Wat ek al my lewe van 83 jaar beleef!! Hoe werk die nuwe storie dan?
Kootjie, ek stem 100% met jou saam. Wat anders is dit dan as ‘n mensie?
Kootjie volgens die nuwe politieke korrekte terme is ‘n ongebore baba nog nie ‘n mens maar net ‘n fetus of orgaan wat verwyder kan word sonder skuldgevoelens. Ons weet dis snert, maar dit kom van amerika af en word nou as feit voorgehou.
Daar is nie genoeg dokters, en dan keer hulle ‘n professionele persoon om deel van die oplossing te wees. En dit oor ‘n opmerking. Wat elk geval die waarheid is.
Logika uit by die deur. Afrika styl
Hierdie ou is hero! Ek het soveel respek vir hom. Hy kan maar my dokter wees! Go Dr Jacques de Vos! Kan Afriforum nie die man bystaan nie????
Hierdie ou is n hero! Ek het soveel respek vir hom. Hy kan maar my dokter wees! Go Dr Jacques de Vos! Kan Afriforum nie die man bystaan nie????
Die tentakels van ons “skitterende”
Kakistokrasie is orals ingeslaan! Al wat van gesondheid iets geweet word, is die rond-heid daarvan! Rug-Bre-Kers se Moses, dis die er-gee-bee op sy beste!
Verduidelik in gewone Afrikaans hoe werk dit nou in die nuwe SA! Almal is eers babas voordat hulle kinders en toe tieners daarna grootmense en later oumense?? Lyk my… alles het verander??? HELP!! Ons ouens wil ingelig word!!!
Ons leef in ‘n siek land en ‘n siek tyd reg is verkeerd en verkeerd is reg. Een dokter wat sy sout werd is. Ten minste doen hy die eed wat hy afgelê het gestand. Hoop daar is meer van sy soort. Die hele storie is belaglik om die minste daarvan te sê.
Die land is beyond repair en enigste hoop is selfregeeing.
Hierdie situasie is die vrug van Amerikaanse liberalisme/humanisme. Hulle het deur hul hiper liberale politici, Hollywoods en howe die voorste uitvoerders van morele gemors na die res van die wêreld geword.
Hendrik, nou praat jy! Selfdetermination where every community can develop and grow and decide for themselves according to their own beliefs, culture and religion. That’s where I want to be. Nie onder hierdie bose regering wat slegs vir hulself en hul kaders omgee nie! Siek!
Dit is nader aan twaalfuur as wat ons dink!
Dit is SÓ waar wat jy sê Adri.. Dink net nie almal besef dit nie….
Dr de Vos, jys n hero!! Die oomblik wat daai hartjie klop, is dit n mens… Soveel meer moet gese en gedoen word teen aborsies. Dis moord…
Mag 12uur binnekort hier wees. Die wêreld is ‘n siek plek en die siekes word al hoe meer. Wat reg is sal verkeerd wees, en wat verkeerd is sal reg wees. Twaalfuur kom.
Hoekom uitstel tit Desember. Die mense het al genoeg tyd gehad om hulle klagtes te formuleer. Klink vir my na ‘n onbeholpe heksejag. Die resep wat gevolg word met uitstel op uitstel tot die ander party moedeloos en moeg is. Vasbyt Dr. Daar is mense aan u kant.
Oom Kootjie, Sit nou so n slaggie terug en bedaar. Natuurlik gaan n mens van een siklus na die ander deur die lewe. Natuurlik is aborsie HEELTEMAL verkeerd. Miskien is dit ingestel deur on-ingeligtes. Jy sien my oom vandat menseregte toegelaat word is alles toelaatbaar. n Mens wat opstaan vir reg en geregtigheid SAL altyd verkeerd wees.
Sedert 2017 is die kleintjie seker al gebore….wonder of die ma die kind vandag sal weggee as sy kon…wou dit mos nie gehad het nie…
Andre Truter, sy’t seker na ‘n ander Dr gegaan wat dit gedoen het. Sommiges sien aborsies as voorbehoeding.
Help my reg as ek verkeerd is, maar is ʼn ongebore baba nie ʼn mens nie? Hy leef in jou, hy voel, ruik, proe, sien en hoor? Watse aanklag is dit nou, dat ʼn swanger vrou ʼn dokter laat vervolg oor hy die waarheid praat?
Al is aborsies gewettig, is dit steeds moord in my oë. Die dokter verdien ʼn medalje, nie ʼn skorsing nie!
Hy het n mens gered. Hy moet mos nou n medalje kry.en hy lieg nie oor die prognose nie.Hy wen my vertroue
Die mens is nie die gewer van lewe nie en het dus ook nie die reg om dit te neem nie.
Die mens bepaal nie wanneer lewe begin nie; dus kan die mens ook nie bepaal in watter stadium dit beïndig kan word nie – nog minder of dit lewe is, of nie.
En dan wil die RGB he dat “mense” maw “grootmense ” moet hulle lewens en hulle kinders se lewens toevertrou aan die RGB se “puppets”!!!! Want ongebore mense is nie mense nie. Dus bepaal die RGB lewensreg. Waneer gebeur dit dat ons ook nie meer as mense geag word en hulle “puppets” opdrag te gee om mense bo -kom ons se 50 jaar oud – ook maar te aborteer, Vra ek nou vir jou!!
Neem aan die kind is reeds dan gebore ne?
Ek het reeds Dr de Vos in die vorige kommentaar tydens die publikasie van die nuus berig op Maroela Media en volhou daarby Dit is tyd dat óns opstaan en getel word! Dr de Vos is ‘n goed geleerde en beginsel vaste mediese dokter en wat reg was ind die verlede staan soos ‘n paal bo water. Die beginsellose gepeupel se onaanvaarbare besluite sal moet rekenskap gee daar voor. Sterkte Dr de Vos weet dat daar báie menseregte geskend word en dit nie voor jou deur gesoek moet word nie en ten minste die Christene se goedkeuring wegdra. Sela.
Absoluut belaglik, so begin die vervolging van Christene in die kommunistiese nuwe SA…
Dankie Dr. de Vos- die Heer is met jou!
Dok, gaan praktiseer in ‘n ander land. Die kriminele spul wil jou nie hê nie.
Ek wonder wat die RGB die verdediging gaan antwoord oor wat in haar maag is. As dit nie n mens is nie, wat is dit dan? Dit moet tog iets wees?
Ongelukig is die 10 keer erker in ander lande daar word aborsies gepleeg asof dit net n normale ding is.
In SA het doktors nog die reg om nee te se om aborsie te doen(vir nou) ander lande moet die doktor die kind vermoor of hy nou wil of mie
O, dit was dan seker ‘n vis, of ‘n padda, of dalk ‘n kokkerot. Maar o wee, tog net nie ‘n mens nie, want dan sleep ons jou hof toe.
Shame, mamma wil nie skuldig voel nie.
En die vele MM lesers se versoeke dat die doodstraf teruggebring moet word? Waar pas dit in die prentjie in? Is dit nie ook die mens wat beheer wil uitoefen oor ‘n ander lewe?
Ek sidder oor die moontlikheid van die ngv.
Ek het reeds Dr de Vos in ‘n vorige kommentaar tydens die publikasie van die nuus berig op Maroela Media en volhou daarby Dit is tyd dat óns opstaan en getel word! Dr de Vos is ‘n goed geleerde en beginsel vaste mediese dokter wat reg is in dié verband en die waarheid staan soos ‘n paal bo water. Die beginsellose gepeupel se onaanvaarbare besluite sal moet rekenskap gee daarvan. Sterkte Dr de Vos, weet dat daar baie menseregte geskend word en dit nie voor jou deur gesoek moet word nie! En dat jy die Christene se goedkeuring en ondersteuning kan verwag. Sela!
Die mag van die gedagtepolisie moenie onderskat word nie. Hierdie arme dokter vergelyk die baba met ‘n mens, en word geskors. As hy dit met ‘n diersoort vergelyk het, was hy óók geskors, én hy sou nog ‘n boete ook gekry het. Nog voorbeelde: ‘n Juffrou skryf kommentaar in ‘n toets, en haar kommentaar stem nie ooreen met die gedagtepolisie se siening nie, en sy word geskors. Woolworths vertoon ‘n sak waarvan die kleure toevallig met ‘n historiese vlag ooreenstem, en die gedagtepolisie slaan toe. Nog voorbeelde uit die toekoms: Die Bybelgenootskap word verbied om die Bybel in sy bestaande vorm te publiseer, want dit bevat homofobiese verse. ‘n Predikant wat ook ‘n huweliksbevestiger is, gaan tronk toe omdat hy geweier het om ‘n paartjie in die huwelik te bevestig.
My Ma sê die wêreld het mal geword
Klink soos in die dae van Noag …
Die wet verbied jou om jou kind n opvoeding pakslae te gee, maar die wet gee toestemming om kinders te vermoor (aborsies)
Ons wetmakers is “verlore”
Grense is totaal versteurd. Pakslae word verbied maar aborsies moet geskied…
Ek stem GPC aborsie is bloed op jou hande !!!
Dit IS soos in die van Noag. Tyd is min. Mense gaan almal n finale keuse moet maak. Vir of teen die Here? Die Woord sê as jy My lief het sal jy My gebooie onderhou. M.a.w onder andere jy sal nie moord pleeg nie. Dit is duidelik direk in opstand met God se Woord. Dr sal sy eer herstel en krone kry in die Ewige Lewe. Wat op dié aarde gebeur (menslike reels en regulasies) maak nie saak nie – God se Woord bly staande.
Het die mensdom totaal en al die pad beister geraak?? Natuurlik is dit MOORD en natuurlik is daai lyfie ñ MENS!!!
Ek wonder of hy oorspronklik ingelig was dat dit onaanvaarbaar is om na babas as mense te verwys.
DOKTER JACQUES DE VOS. Dis ‘n naam wat ek graag wil onthou. Wat ‘n MAN. Ten minste gaan jy met ‘n skoon gewete voor God se Oordeels Troon staan en al hierdie mense wat jou so vervolg het oor jy die regte ding gedoen het…. gaan moet die Oordeel vat wat na hulle kant toe kom.
Sterkte aan hierdie dokter. Laat mense jou maar vervolg. Jou loon sal jy kry. As mense so pro-aborsie skree, kan ek nie help om te wonder: “Wat as hulle ouers ook so argeloos ‘n lewe beeindig het; dan was hulle nie daar nie”. Daar is sovele wetenskaplike bewyse dat aborsie moord is!!! maar nogtans bly die mensdom blind in sy strewe na selfregverdiging.
Aborsie is niks anders as moord nie en verkeerd in die oë van die Here.
Kan Maroela asb die name van die persone wat lede is van die RGB sowel as die Doctors for life bekend maak? Dit sal ons dadelik n idee gee hoekom en waarom hierdie belaglike saak teen hierdie regverdige dokter aanhangig gemaak word.
Regering wil nie die doodstraf in bring nie, want volgens hulle is dit moord. wat is aborsie dan? Vra maar net.
Ek wonder net wie op aarde is die MA en hoe op aarde het sy nou offence gevat omdat sy wat ‘n MENS is nie wil aanvaar dat haar ongebore baba ook ‘n MENS is nie. Goeie genugtig wat gaan in haar kop aan – REGTIG!!!???
Hoekom het sy nie net van dr verwissel nie? Die staatshospitale lewer sulke dienste. Lees die plakkate wat orals opgeplak is: Goedkoop, pynloos en vinnig.. wa… wa… wa. Die eintlike probleem is dat die dokter haar gewete aangeraak het; haar skuldig laat voel het. Moet geen raad of waarskuwing meer gerig word nie? As sy later nie weer swanger kan raak na die afdrywing nie, dan eis sy teen die dokter omdat sy dan ‘n skuldige gewete het. Daar is talle voorbehoedmiddels. Hoekom wil mense, mense skep en dan moet die onskuldiges boet?
Wat het van die klaer en Haar baba geword ?
Seker net n kwessie van tyd, dan sal die staat op jou aftrede se afskeidonthaal kom en die se dokter sal jou uitsit.
SALUUT Dr De Vos!!!
Jy het die REGTE ding gedoen!
Groot respek. Baie respek net soos mens wil maar die respek is daar. Ek wil net weet hoekom word die ma se naam nie genoem nie. Dr word oral op sosiale media geplaas maar die ma word beskerm…hoekom? Wil maar net weet.
n man het geen reg om n vrou te se wat sy met haar liggaam mag en nie mag doen nie. nie een van julle weet wat het met daai vrou geneur dat sy n aborsie gevra het nie. En nee, aborsie is nie moord nie, wat jy kan nie iets doodmaak wat nog nie gelewe het nie. daar is my Vryheid van spraak.
Pro – So al het sy/haar hart geklop en die voetjies teen ma se maag geskop het dit nie gelewe nie?
Ja dis haar liggaam. Sy verstaan haar liggaam en dis haar reg en ook haar plig om haar liggaam genoeg te respekteer om hom nie sommer aan enigiemand uit te gee nie. AS sy dit egter doen, verstaan sy dus ook die nagevolge. Dit is ‘n keuse wat sy maak en verstaan dat die nagevolg swangerskap en die skep van ‘n lewe kan wees. DIT is die punt waar sy ‘n besluit neem waarmee sy moet leef as dit dan so uitdraai. Die enigste uitsondering waarmee ek ook saamstem is as sy van haar reg op besluitneming oor haar liggaam ontneem is bv in die geval van verkragting, en dan die daaropvolgende keuse gegun behoort te word oor of sy die baba wil hou of wil abborteer. Eties en prakties bly dit nogsteeds moord, maar om haar te straf met die nagevolge van ‘n daad en ‘n misbruik van haar liggaam teen haar wil of goedkeuring is ook oneties. Die dokter het glad nie fouteer om die feit dat sy lewe in haar dra aan haar te noem nie – DIS ‘N FEIT! Ons ken nie die klaagster se omstandighede nie, maar ek is taamlik oortuig in ons tye van morele verval was sy net nog een van die miljoene wat lekker rinkink en dan as die saadjie geplant is en begin groei nie met die gevolge van hulle keuses en leefstyl wil saamleef nie. Saam met regte kom verantwoordelikhede…. Daar is my vryheid van spraak
Uhm..so die baba het nie reeds van 5weke af ‘n hardklop nie? Oh wag hy het..
‘n Mens word amptelik dood verklaar wanneer jou hart stop. ‘n MENS moet amptelik lewend verklaar word wanneer jou hart begin klop..
Hou maar jou ongeligte “vryheid” van spraak vir jouself! Vat dit van ‘n Mamma van twee, die baba IS NIE die vrou se liggaam nie..die baba groei en leef slegs IN die vrou se liggaam tot geboorte en y die grootste wonderwerk wat bestaan. Aborsie IS moord. En geen mens mag ‘n lewe neem nie.
Ek is so bly al die dinge gebeur in die wereld nou. Dit beteken net een ding. Die einde is naby. God se koms is by ons voordeur.
Soos ek verstaan het die Dr die ma “ingelig” dat haar ongebore kind ‘n “mens” is. Het hy geweier om die aborsie te doen? Indien wel, kon hy mos die pasient na ‘n ander Dr verwys het indien dit teen sy beginsels is. Soos in die NG Kerk, kan die betrokke Ds of Kerkraad mos nie instem om ‘n Gay Huwelik te voltrek nie. Dan gaan die paartjie mos maar net na ‘n ander NG Kerk Gemeente toe wat bereid is om dit te doen. Gaan hulle nou NG Predikante ook skors en dissipliner aankla indien hulle nie aan die Gay Paartjie se versoek voldoen om hulle in die huwelik, te bevestig nie?
Onthou ook dat hy nie eers toegelaat is om sy internskap te voltooi nie. Hy het dus geen inkomste nie en kan ook nie eens in ‘n ander land werk nie. Hy gaan enorme regskostes he na die hofsaak/sake tensy die RGB gedwing word om sy regskostes te dek. Maar hulle werk mos nie met hul eie geld nie – hulle gaan die saak nog lank uitrek.
Elke vrou se reg, niemand anders nie.
Ek voel ook dat misdadigers, dwelm verslaafdes en mense wat nie na hulle kinders kan omsien nie gesteriliseer moet word.
Ek sal nie n verkragter se kind dra nie. Gene is n wreede ding al probeer jy daai kind hoe goed groot maak. Dit is al oor en oor bewys.
Ook Pro – LEGS God se besluit..NIEMAND anders sin nie. Daar is medikasie wat gedrink kan word direk na seksuele omgang as die vrou ‘n swangerskap will verhoed. Jy is verseker nie ‘n “pro” op die onderwerp nie né…
Stilbly is ook n antwoord… duidelik is jy OOK nie n pro op die onderwerp nie… wat die medikasie waarna jy verwys wat ‘n vrou kan drink na omgang aka die morning after pill, is nie 100% effektief nie. want EK het my seun gehad na ek daai pil gedrink het! en ja ek is ‘n vrou, en ja ek het n kind. en ja ek is Pro Life. want die van julle wat so kla oor moord, se vir my bietjie help jy die ma in die straat met haar 5 kinders wat bedel vir geld vir kos? dra jy by tot enige instansie vir wees kinders? of glo jy charity begins at home? bly eerder maar dan stil soos jou naam. wat jy weet duidelik nie waarvan jy praat nie! Hou op geloof in alles inbring. daar is miljoene mense in SA. nie almal is Christene nie. omdat jou geloof jou dalk se dis moord, gee jou nogsteeds nie die reg om n ander te oordeel nie. want staan dit dit nie in jou bybel wat jy lees ook dat jy geoordeel sal raak soos jy ander oordeel nie?
Omdat hulle so dink is, die rede dat soveel babas op ashope gevind word. Hulle sê dan ongebore babas is nie mense nie, so wat keer hulle om die babas weg te gooi? Dis belaglik!!!
Is dokters nie veronderstel om eerder te red as om verlore te laat gaan. Gesond te maak eerder as siek te maak. ‘n Lewe te behou eerder as om dit te vernietig? Help, Help, Help, ek verstaan nie meer….
Frans , jy maak nou nie sin nie…. Hoekom ‘n mens met ‘n goeie hart en liefde vir sy medemens wil toesluit? Ons het te min sulke dokters in SA oor om so te redeneer.
Ek kry ook die idee dat die ma van die baba wegkruip agter die hele storie.
Sy kon mos maar na ‘n ander dokter toe gegaan het as sy nie saamstem nie, maar om hierdie goeie mens se loopbaan in gedrang te bring is wreed, netso wreed as om ‘n geskenk van God te wil aborteer. “Dink jouself in hierdie situasie in oor ‘n paar jaar, as dit jou kind is wat gaan vir aborsie, hoe gaan jy voel? Skaam jou en die ander wat hierdie dokter probeer stilmaak. Dr jy het die respek van baie mense omdat jy nie bang was om die waarheid te praat nie. Sterkte verder, ons dink aan jou.
Ja @Ronaldes, ek sit ook so en wonder wat van die na en baba geword het.
Die storie is belaglik, hoe kan hulle nie die baba ‘n baba in die baarmoeder noem nie. Ek sien dat dokters nou al met confidence ‘n fetus van 20weke aan die lewe kan hou!!
Daardie is mos nie ‘n lewe nie, maar laat hulle net ‘n enkel sel kry op Mars, dan is LEWE op ‘n ander planeet gevind! Dubbel standaarde!!!!!!!
Dokter staan vas GOD is saam net jou. Hierdie land alles is in sy m eskom. SAL. Gesondheid hulle het tot Boere uitgemoor wat nog. Ek glo mens moet uit hierdie land daars niks meer oor nie. Ons hoop al van 1994 en wat alles het net erger geword.
As ek naby die hof gebly het, sou ek opregte Christene aangemoedig het om saam met my te gaan betoog en te eis dat die saak teen die dr teruggetrek word. Daar is diegene wat eendag aan God sal moet verduidelik hoekom hulle die moord wil toelaat.
Dr. ek bid for you.
Stem saam, ons is almal babas in die moederskoot. mens het nie woorde nie. Al wat ek kan sê die land word nou regtig deurmekaar en het hulle varkies verloor. Die dokter is heeltemal reg. Dis sonde om Aborsie te pleeg. Groot sonde. DIS MOORD, KLAAR
Onthou tog almal wat nou so geskok is oor aborsie – die DA is ten gunste van aborsie. As jy dus D A stem stem jy ook vir aborsie. Slegs Vf+en ACDP is daarteen. Sterkte dr. Ek bid vir jou en dink ook jy is n hero!!
Dr. De Vos, ek is so jammer dat jy jou loopbaan so moes begin. Die mediese beroep het meer dokters soos jy nodig. Die wêreld se waardesisteem is siek! Ek is baie trots op jongmense soos jy wat weet wat reg is-jy gee my hoop in die jeug!
Skokkend en belaglik dat ‘n mens baba nie meer ‘n mens is nie! Wat is volgende? Dokters wat aangekla word as hulle manlik of vroulik op die geboortesertifikaat skryf? Almal mag nou mos bestluit of hulle manne of vroue is…