Rhodes-beeld se lot vandag bepaal

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Daar sal vandag tydens ʼn spesiale sitting van die universiteitsraad besluit word of Cecil John Rhodes se standbeeld permanent van die Universiteit van Kaapstad (UK) se kampus verwyder gaan word.

Dit kom nadat die UK se senaat vroeër met ʼn oorweldigende meerderheid ten gunste van die verwydering van die standbeeld gestem het. Die senaat het aan die raad van die universiteit aanbeveel dat die standbeeld permanent van die kampus verwyder word en dat dit aan die erfenisowerheid oorhandig sal word vir veilige bewaring.

Patricia Lucas, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê dat die administrasiegebou op die kampus steeds deur studente beset word wat deel vorm van die “Rhodes Must Fall”-groep. Daar word deurentyd verskeie vergaderings tussen die studente, die universiteit en ander belanghebbendes oor die kwessie gehou, het Lucas gesê.

Studente betoog al vir weke op die kampus vir die verwydering van die standbeeld. ʼn Toilet is tydens die betogings op die beeld se voetstuk omgekeer en die standbeeld is met swart plastieksakke bedek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Daardie “UCT” op die WESTERSE hemp staan seker vir “you see trouble”. Inderdaad . . .

Gideon Roos ·

Ek is bly ek het nie by UCT gaan studeer nie. As ‘n universiteit so maklik sy erfenis onteien en weggooi is dit nie ‘n universiteit waaraan ek gebonde of me kontak wil hê nie. As Rhodes by UCT val, dan val die universiteit se trots en sy hele geskiedenis.

CHRISTA ·

Hulle doen dieselfde met die inwoners wat uit Afrika kom en hier spazawinkels en ander besighede begin!! Breek af wat ander opgebou het want: “They can’t face them!!!” Hulle kan nie hulle moue oprol en iets self begin of bou nie!! Gaan hulle nog klas loop by die universiteite wat deur die blankes gebou is? HAHAHA – WHAT A JOKE!!!

Philip ·

As hulle maar soveel aandag aan hulle studies wy as aan sinnelose demostrasies sal ons dalk in die toekoms kundiger leiers hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.