Brandbestryders is Sondagoggend ontplooi nadat ʼn brand naby die Rhodes-gedenkteken aan die voet van Tafelberg uitgebreek het.
“Die stad se brand‑ en reddingsdiens is omstreeks 08:45 ingelig oor plantegroei wat by Philip Kgosana-rylaan aan die brand geslaan het. Brandbestryders is onmiddellik ontplooi en die vuur versprei tans van die gedenkteken na die Universiteit van Kaapstad,” het die Stad Kaapstad net ná 13:00 op hul Twitterblad geskryf. Maroela Media het verneem dat die brand teen 13:30 na een van die laboratoriums by die universiteit versprei het.
“ʼn Deel van die teetuin by die Rhodes-gedenkteken is beskadig en mense word aangeraai om nie die gebied te betree nie,” het die Stad gesê. “Meer hulpbronne is reeds op pad om te help om die brand te blus, waaronder spanne van Working on Fire en die Tafelberg Nasionale Park.”
Drie helikopters help ook om die vlamme uit die lug te probeer blus.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Hool !
Bergie met ‘n stompie, of iemand met ‘n aansteeker? With these matches – Winnie Mandela.
Die vuur is seker teen die standbeeld gemik
Nog ‘n Brand….nog ‘n ondersoek..nog edn sonder antwoord
Mostert se meule ook aan die brand?