Rhodes-reeksverkragter sit lank

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

WAARSKUWING: Die besonderhede in hierdie berig is nie geskik vir kinders of sensitiewe lesers nie.

Die 43-jarige man wat vroue in Kaapstad by die Rhodes-gedenkteken verkrag het, is Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Mthunzi Hlomane is tot nege keer lewenslank gevonnis ná hy oor ʼn tydperk van vier maande vroue verkrag het.

Hlomane, wat ook die naam Patrick gebruik het, het vroue tussen November 2015 en Februarie 2016 aangeval. Hy het in die bosse naby die bekende Rhodes-gedenkteken gebly en het ses jong, weerlose vroue aangeval wat op hul eie gehardloop of gestap het.

Vyf van die vroue was studente. Al die vroue is verkrag, sommige herhaaldelik, en slegs een slagoffer het ontsnap sonder om verkrag te word.

“Ons onthou vandag nog die absolute vrees waarmee moontlike slagoffers daagliks in Kaapstad saamgeleef het,” het waarnemende regter Mushtak Parker gesê, voor hy Hlomane gevonnis het.

Die Universiteit van Kaapstad het in daardie stadium ʼn beloning van R100 000 aangebied vir enige inligting wat tot sy inhegtenisneming kan lei. Die soektog het uiteindelik tot ʼn einde gekom toe die polisie hom in Maart in hegtenis geneem het.

Hlomane het skuld beken op al die aanklagte teen hom wat verkragting, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer, en roof met verswarende omstandighede, insluit.

Die pleit- en vonnisooreenkoms het aan die lig gebring hoe die verkragtings beplan is. Net voor die aanvalle begin het, het Hlomane na volwasse pornografie op sy selfoon gekyk. “Daar was veral vroue-kunstenaars wat vlegsels gehad het.”

Hlomane het erken dat sy slagoffers ʼn kenmerk gedeel het, in dié dat hulle ook vlegsels gehad het, wat sy voorkeur was.

Tydens die eerste voorval, op 19 November, het hy sy slagoffer geklap, haar met ʼn mes gedreig, haar persoonlike besittings gesteel en daarna verkrag.

Hy het minder as ʼn maand later op 10 Desember weer toegeslaan en sy slagoffer geklap, haar met ʼn mes gedreig en herhaaldelik verkrag. Hy het ook haar persoonlike besittings gesteel, insluitend haar selfoon. Hy het haar gedwing om by hom te bly en hy het haar vasgebind.

Hy het op 11 Januarie sy volgende slagoffer gevind en haar aan ʼn soortgelyke aanval met herhaaldelike verkragtings onderwerp.

Hy het op 25 Januarie en 4 Februarie weer toegeslaan. Elke slagoffer is ernstig aangerand en het gesigbeserings opgedoen toe Hlomane hulle geslaan en geklap het.

Die hof het bevind dat die beskuldigde slagoffers “wat ʼn sekere profiel gehad het” aangeval en die verkragtings het oor ʼn uitgebreide tydperk plaasgevind. Hy het dus “voldoende tyd gehad om sy optrede te heroorweeg”.

Hy het sy slagoffers boonop verder verneder deur hulle te dwing om kaal te loop en/of hulle geblinddoek. Hy het die indruk geskep dat hy foto’s van hulle neem met sy selfoon en het gedreig om die foto’s op sosiale media te publiseer. Hy het hulle ook gedwing om hom te vertel van hul privaat lewens.

Hlomane het selfs die selfoon van een van sy slagoffers gebruik om haar ná die voorval te kontak, wat tot haar trauma bygedra het.

Een slagoffer het ernstige beserings aan haar kop, gesig en hande opgedoen, insluitend ʼn ontwrigte kakebeen en sy het flou geword toe hy haar gewurg het.

Hy het een van sy ander slagoffers gedwing om geld uit ʼn kitsbank te onttrek en het haar só ernstig aangerand dat sy ernstige gesig- en kopbeserings opgedoen het nadat hy haar herhaaldelik verkrag het.

Hlomane het in sy pleit- en vonnisooreenkoms gesê hy is “opreg jammer” en het om verskoning gevra vir sy slagoffers.

Parker het gesê hy het oorweeg om die slagoffers die kans te bied om te getuig sodat hul stemme gehoor kan word, maar het besluit om dit nie te doen nie, omdat hy tevrede is met die ooreenkoms en wil die saak “gouer eerder as later” afhandel.

Nie een van die slagoffers was in die hof teenwoordig nie.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodes-gedenkteken-reeksverkragter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Spikkel ·

Hy is net jmer hys gevang. Indien hy nie gevang is nie het hy steeds voort gegaan. Doodstraf hier sou goed werk.

Sarie ·

Ek glo ook nie hy is jammer nie. Hy het net gehoop dit sal vir hom ‘n ligter vonnis “koop”. Wat ek egter gladnie kan verstaan nie, is waarom die meisies hoegenaamd, nà die 1ste òf 2de koerant- of nuusberig, dit gewaag het om daar te gaan draf?

Theresa B ·

Die bendes in die tronk gaan hom beetkry. Dan sal ons sien of hy nog so vol brawades is…….

Oosie ·

Nee Theresa, wie hy is en wat (en hoe) hy gedoen het gee aan hom eerder status in van die bendes….

Lientjie ·

Oosie, ek dink nie jy verstaan Teressa se kommentaar nie, geharde misdadegers in die tronk kan nie Verkragters en Kinder Mishandelings hanteer nie, hulle gaan aan hom doen wat hy aan daai vroue gedoen het. My boetie is in so n tronk vir dwelms en hy vertel baie goed aan my ouers met besoek tyd en dis een van die goed wat hy herhaaldelik aan hulle vertel.

Johann Marx ·

Kom ons aanvaar hy sit vir 25 jaar. 25 x 365 x R114/dag = R1 040 250 is die bedrag wat die belastingbetaler aan ‘n individu gaan spandeer wat GEEN bydrae tot die samelewing maak nie, nooit ‘n bydra tot die samelewing SAL maak nie, en wie se gedrag teenoor mede Suid Afrikaners se totaal onaanvaarbaar is dat hy weg gehou moet word vir die volgende 25 jaar. Na sy vonnis uitgedien is, word hy terug gegooi vir die gemeenskap….met GEEN familie, vrou, kinders, eiendom, werk, pensioen, medies, voertuig of inkomste nie. En dan? Die SAPD het ‘n 6% sukses koers met die skuldig bevinding van moordsake…met 6% sukses is daar 7000 “lewenslange” gevangenis in ons tronke….elkeen teen meer as ‘n miljoen Rand vir die sak van die belasting betaler. In SA het ons 53 moorde per dag. As die SAPD ‘n 100% sukses koers gehad het met skuldig bevinding….sou ons ekonomie NIE al daardie moordenaars vir 25 jaar kon huisves nie.

John ·

Die berig se hy het by die gedenkteken gebly, sy slagoffers gedwing om by hom te bly, hulle aktiewe selfone gehad, en ons polisie diens kon hom nie vastrek …eers na 6 vroue verkrak is. ….

Wenner ·

Ek wil net vir Maroela Media bedank vir die feit dat hul die mense skriftelik waarsku wanneer materiaal nie geskik is om te lees vir sensitiewe kykers nie. Ek dink dis regtig wonderlik. Ek het al gelees en gehoor wanneer n video of n program op die televisie nie geskik is vir sensitiewe kykers nie, maar dis die eerste keer dat ek dit gewaar by n geskrewe berig. Baie dankie dat jul soveel omgee vir jul lede. Dis regtig n riem onder die hart

Denise ·

Nou wil ek net weet is die vrouens nie gewaarsku om Nie daar te draf na die EERSTE aanval nie dit maak net nie vir my sin nie daar moet tog n berig verskyn het ? En die eeste vrou het tog sekerlik vir die polisie gewys waar dit gebeur het hoekom is daar nie plakate opgesit en die publiek nie gewaarsku nie????? Liewe tyd ek is geskok om te lees wat die vrouens moes deurmaak !!!!! Dit is hartseer en tragies!!!!! Net geloof en krag van God kan die vrouens genees !!!

Chantell ·

Nee wat hoekom sal dit aan die publiek bekend gemaak word na die 1st aanval… mens hoor mos nooit davan totdat dit te laat is nie en ja as die man da gebly het..hkm kon die polisie hom nie vasgetrek het nie ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.