Rhodes-standbeeld moet geskuif word, sê visekanselier

Foto: UCT/Facebook

Foto: UCT/Facebook

Die Cecil John Rhodes-standbeeld op die Universiteit van Kaapstad se kampus moenie vernietig nie maar geskuif word, het die universiteit se visekanselier gesê.

“Ek dink nie die standbeeld moet vernietig of weggesteek word nie. Ek dink net dit moenie daar wees nie – dit moet geskuif word,” het Max Price, visekanselier, gesê. Volgens Price sal die verskuiwing daarvan nie die instelling se erkenning verander dat die perseel van die Rhodes-boedel verkry is nie.

Price het gesê die universiteit se raad is die enigste liggaam wat kan besluit of die standbeeld geskuif moet word. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, verwelkom ʼn beroep dat die standbeeld verwyder moet word.

“Ek verwelkom die stryd wat deur die progressiewe magte by die Universiteit van Kaapstad en Rhodes om transformasie in ons instellings te dryf, maar doen ook ’n beroep op hulle om te verseker dat hul optrede altyd gedissiplineerd en vreedsaam bly,” het hy in ’n verklaring gesê. “Dit [die standbeeld] moet binnenshuis wees, moontlik in ’n museum.”

Nzimande het gesê Rhodes het ’n “belangrike – indien wrede – rol” in Suid-Afrika se geskiedenis gespeel, maar hy moet onthou word. “Die geskiedenis kan nie onder die mat gevee word nie … Rhodes het ’n groot fortuin opgehoop deur die uitbuiting van Suid-Afrika se natuurlike hulpbronne en sy mense.” Hy het gesê die kwessie van transformasie gaan verder as die verwydering van die standbeeld.

Studente by die universiteit betoog sedert verlede week vir die verwydering van die standbeeld. ʼn Toilet is verlede week op die Rhodes-beeld se voetstuk omgekeer en die standbeeld is Sondag met swart plastieksakke bedek.

Rhodes was ’n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-Universiteit in Grahamstad is ook na hom vernoem en die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Theresa ·

Idiote. Nog ‘n bewys dat hulle kan doen net wat hulle wil EN daar word na hulle pype gedans.

Swanna ·

Weet hierdie spul ooit wat hulle werklik wil hê? Blade Nzimande en Price is twee opstokers. Rhodes was ‘n Britse onderdan en was gekant teen apartheid. Hy het wel die land uigebuit maar” hulle” is ook besig om dit te doen deur korupsie, geldwasery, gemagtigde diestal ens. Dit lyk vir my of dit hier absoluut gaan oor die witman. Plaas hulle hul by hul studies bepaal staan hulle en rond tjommel op die kampusse en geld mors van die wat hulle beurse gee om te studeer soos byvoorbeeld Rhodes se studiebeurs.

Tony ·

Moenie glo nie Rhodes het begin I’m die fondasie vir apartheid te le, het die eerste kampongs in Kimberley te bou, armblanke arbeid was te duur, trek arbeid was n goedkoop oplossing. Die NP van ouds het geen beleid van enige soort gehad nie, hulle het net bestande diskriminasie op die wetboeke gepraat. Hoe enige inwoner van afrika iets goed oor die imperialistiese vark kan se gaan die verstaan te bowe

Pierre Celliers ·

Dit is sommer nonsens!!! Die standbeeld hoort waar hy staan!!!
Was dit nie vir Rhodes nie,het julle nie daardie universiteit gehad om in te studeer nie!!!
Moenie hierdie opstokers hulle sin gee ten koste van geregtigheid nie!!
Die slegte oorheers die goeie al te veel in hierdie land, deurdat owerhede te papbroekig is om
standpunt in te neem en mis stappers te vervolg!

se-net ·

Maar die witman se geld is goed genoeg!! Dan moet die Rhodes studiebeurse ook “verwyder” word. En hoekom nou na langer as 20 jaar n bohaai daaroor maak!!!!!!!!!!

jacques ·

Hulle kan maar met ou Rhodes maak net wat hulle wil,hy het niks vir my gedoen nie.
Hehe ek gaan seker nou weer aangeval word met verskriklikke haat sprake,elgeval n engelsman gewees wat net die land se diamante hier weg gedra het en hom self veryk het.

Etienne Malan ·

Die Britse monargie moet die diamante wat hulle arrogantlik met baie bloedvergieting daarmee saam, gevat het teruggee. Die stanbeeld van imperialis Rhodes, die Rothschilds agent moet pienk geverf en onderstebo gedraai word.
Die diamantbedryf is deesdae in die gulsige hande van Israelis. Een groot bende met wettige polisie beskerming. Ek dink solank hulle beheer oor die rykdomme van SA behou is hulle min gepla oor die standbeeld.

Frik Mulder ·

‘n Land wat sy geskiedenis vernietig, vernietig sy toekoms

scalla ·

Kan nie eers die bestaande strukture in stand hou nie, al wat hul kan doen is afbreek.

PIETIE ·

ons moet ‘n standbeeldjie van ‘n tokelossie op cecil john rhodes se skoot gaan neersit, hulle sal nie naby hom kom nie, dis in ons guns hulle is vreeslik bygelowig, en mens kan hul nogal oral uithou of afskrik.

pop ·

Pietie se asb vir my hoe lyk die tokkelosie. Ek wil n baie groot een maak vir my tuin.

ladybug ·

Hoeveel van die “agter geblewenis” wat so lekker in die parlement sit het daar gestudeer en nou skielik moet die standbeeld af?

Geen wonder nie, want julle ken nie eens jul eie geskiedenis nie!

hsjvorster ·

Stem saam met hierdie mense – verwyder die koloniale standbeeld. Daarmee ook al die ander koloniale simbole en artikels soos die geboue op die kampus, die selfone, die klere, die motors, teerpaaie, boeke, rekenaars, te veel om op te noem.

Gert van der Merwe ·

Stem ook saam. Verwyder alles, breek ook die geboue af. Hou net die voetstuk van die beeld oor met die “POO”emmer daarop. Ou Bade sal dit geniet. Laat die “POO”studente in Rusland en Kuba gaan swat en later daar ook alles afbreek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.