Rhodes-standbeeld verdwyn … van Twee Oseane-medalje

Foto: Lester Kiewit/Twitter

Foto: Lester Kiewit/Twitter

Die medaljes wat by Saterdag se Twee Oseane-marathon uitgedeel is, is ʼn uitbeelding van die Universiteit van Kaapstad (UK) se kampus, maar sonder die standbeeld van Cecil John Rhodes.

City Press berig op sy webtuiste dat dit wil voorkom of die marathon se organiseerders besluit het om liewer ver weg te bly van omstredenheid deur Rhodes te verban van die handpalm-grootte medaljes wat Saterdag aan hardlopers uitgedeel is nadat hulle die marathon voltooi het.

ʼn Hardloper het na die marathon getwiet: “Het pas na my medalje geloer. Dit is die Universiteit van Kaapstad se bo-kampus maar sonder die Rhodes-standbeeld.” Die TV-joernalis Lester Kiewit het getwiet: “Rhodes het van die Twee Oseane-medalje geval.”

Die jaarlikse 56 km-ultramarathon eindig op die UK-kampus.
ʼn Groep UK-studente eis dat die standbeeld verwyder word. Dit het ook tot ander voorvalle gelei waar standbeelde verniel is.

Carol Vosloo, hoofbestuurder van die Twee Oseane-marathon, het gesê die afwesigheid van die standbeeld op die medalje was blote “toeval”.

City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Braam ·

O, toeval ne? Ek dink nie so nie, en dit gaan ook nie oor Rhodes die Khazar Jood nie, dit gaan oor ONS ERFENIS wat VOLGENDE IS!

Jakes ·

Ek sten saam Carol jy lieg nes die ANC,skáam jy jou nie sies man.

Babs ·

“Blote toeval” . Ongeloofwaardige uitlating. Skaam jou Carol!

Afrikaner ·

So huil ons saam maar staan nie saam…Carol skaam jou !!!

RLN van New Zealand ·

Ek stem saam Afrikaner… Die Afrikaans in die koerante het in elk geval soveel foute dat dit ons taal afbreek…. want dit is nie Afrikaans sprekende joernaliste wat die berigte skryf nie….

Gideon Roos ·

Drukker work geset om sekere vorme te plaas. Die enigste manier vir die standbeeld om weg te raak is as die vorms waarmee dit gedruk word verander word met vorme wat nie die standbeeld in het nie.
Daar is GEEN manier dat hierdie net “per toeval” is nie. Hierdie is ‘n opsetlike keuse en ‘n opsetlike aksie.

Ons kan egter ook nie langer net op die internet en in briewe en onder mekaar kla nie. Dit is nou tyd om die strate vol te staan, arm-aan-arm met ons broeders. Dis tyd om te marseer vir wat ons geregtig is!

Leon ·

Dis nou interesant! Mense staan op teen die verwydering van standbeelde van mense wat hul eie groep gruwelik onderdruk het.

Peet Schabort ·

Ja-nee Carol, jou verskoning is seker ‘n Aprilgrappie wat werklikheid geword het. Jy moes eerder gesê het dat die beeld ‘vergeet’ is. Rhodes se beeld is uiters swak onder die Afrikaner maar hy is deel van die geskiedenis. Wanneer iemand letterlik by so ‘n standbeeld staan en navraag doen dan kan jy antwoord met “daardie beesblaas het dit-en-dit gedoen ens.” Nou verdwyn die standbeeld en ook die skade wat veroorsaak is maar in der waarheid is dit nie so. Daarom is ek te vinde vir die nuwe standbeelde en hoe groter die beeld gee ‘n aanduiding van hoe groter die skade. Dit is ook ‘n versinnebeelding van o.a. die slagting van onskuldige mense met byv. die Kerkstraatbom in Pretoria.
Daar is ook in Johannesburg ‘n ‘Kitchener ave.’ wat behoue moet bly vir voorgaande redes.
Vergeet ons die verlede kan ons ook maar die toekoms vergeet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.