Rhodes-standbeeld vir eers verwyder

Foto: UCT/Facebook

Foto: UCT/Facebook

Die raad van die Universiteit van Kaapstad het laat Woensdagaand aangekondig dat die standbeeld van Cecil John Rhodes vir eers van die kampus verwyder gaan word.

“Die raad het eenparig besluit om die Cecil John Rhodes-standbeeld van sy huidige posisie op die bo-kampus te skuif,” het Njongonkulu Ndugane, voorsitter van die raad, gesê. “Die universiteit sal nou ʼn aansoek by Erfenis Wes-Kaap (EWK) indien sodat hulle die finale besluit kan neem.”

Ndugane het gesê die standbeeld sal tydelik van die kampus verwyder word om dit veilig te bewaar tot die EWK hul besluit geneem het. Die besluit deur die universiteitsraad kom nadat ʼn groep studente die afgelope maand betoog het vir die verwydering van die standbeeld. “Dit is presies hoe ʼn universiteit moet werk. Die universiteit kan nou ʼn voorbeeld wees vir die res van die land oor hoe om die kwessie van erfenis te hanteer,” Ndugane gesê.

“Dit dui op ʼn nuwe lewe vir die universiteit. As ʼn universiteit moet ons na die toekoms kyk om te sien hoe om dit te verbeter,” het dr. Max Price, visekanselier van die universiteit, gesê.

Ramabina Mahapa, president van die studenteraad, het gesê dit is lekker om te sien dat hul harde werk vorm neem. “Dit is net die begin. Die standbeeld sal om 17:00 Donderdagmiddag geskuif word. Ons harde werk werp nou vrugte af.”

Rhodes was ’n Britse kolonialis, sakeman, mynmagnaat en politikus in Suid-Afrika. Rhodesië (nou bekend as Zimbabwe) is na hom vernoem. Die Rhodes-Universiteit in Grahamstad is ook na hom vernoem en die Rhodes-studiebeurs word uit sy boedel gefinansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Theresa ·

“Vir eers verwyder”. Wat ‘n groot grap. Dit is vir altyd verwyder. So kry hulle maar elke keer hulle sin en word daar na hulle pype gedans.
Waar het jy gesien ‘n ding soos Mogabe kan sy mond kom rek oor diè standbeeld en Zuma staan en lag asof dit die grap van die jaar is. Idiote loop saam met idiote.
Die wiel gaan nog draai – gee maar kans!!

Linda ·

Ek sal die geld kraantjie ook verwyder. As die standbeeld van Rhodes nie goed genoeg is nie dan sou ek dink sy geld is ook nie genoeg nie. As ek dit nie mis het nie was die grond waarop die universiteit gebou is ook deur Rhodes destyds geskenk?

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Skuif sommer die beurs saam die beeld terug na London toe…die land is in die toestand agv die vrymesselaars.
Jan van Riebeeck was ook n vrymesselaar nes Rhodes…hier om SA se grondstof en mineraal regte te verkry.Mandela het daai mineraal-regte verruil vir n biljoen rand se presidentskap..ou Rolihlahla was ook n Vrymesselaar.

nig ·

Kerrie – WA-A-AT? Waar val jy nou uit ou! Vrymesselaars het eers in 1717 begin lank na Jan hier gekom het.

Ella Nell ·

As hulle die standbeeld verwyder, het hulle ook nie die Universiteit nodig nie, want ons het dit gebou! Vee die Universiteit plat met stootskrapers sodat hulle dan maar hulle eie plekke kan bou!!

Weskaper ·

Stem 100%, sy geld vir enige beurs en sy grond moet ook verskuif of terug geeis word

Maans Kotze ·

Stem 100%, sy geld en grond moet ook verskuif of terug geeis word. Is daar iemand wat leiding in hierdie verband kan neem? ons sal hom ondersteun.

V ·

Verwyder dan ook die Mandela beeld!want hy het niks vir die land beteken nie!

santjie ·

Ek stem. Laat die studie beusre dan maar ook verwyder word. Dan kan Mahapa en travante maar nog so bietjie harder werk om geld vir studies te verdien soos baie van ons maar gedoen het…

Gideon Roos ·

Saam met CJ Rhodes val die universiteit ook. Ek het geen meer respek vir UCT nie. Hulle gooi hul erfenis weg. Die standbeel van CJ Rhodes het nie gestaan om hom as politikus of kolonialis te eer nie, maar om hom as die grootste komponent in die vorming van die universiteit te eer. Ek hoop hulle almal vrot in hulle skaamte.
Ek is ‘n Afrikaner, en as so-hoedanig hou ek ook nie van die feit dat ons onder Britse koloniale beheer was nie. Maar ek erken die talle positiewe bydrae wat hulle gemaak het, en dus hul plek in ons land se erfenis.
As hulle werklik alle koloniale en buitelandse invloed uit SA wil verwyder, moet hulle elke liewe gebou, pad, brug en gepakte klip in die land vernietig. Dit is alles danksy ons hier.
Verder, as hulle regtig die land aan sy oorspronklike eienaars wil teruggee, moet die Zulus en die Xhosas ook uit die land uit. Hulle het eers na Jan van Riebeeck in die land in getrek uit die noorde. Is jy my nie glo nie, gaan kontroleer die aankoms geskiedenis van die groepe in die geskiedenis boeke.
Maar as ons regtig all die pad terug in die geskiedenis gaan, sal jy sien die wieg van die mensdom is in Suid-Afrika, wes van Pretoria. Jan van Riebeeck het dus net huis toe gekom to hy in die kaap land. As hulle wil hê elke volk moet na sy tuisland terugkeer, moet die hele wêreld se bevolking na Suid-Afrika toe terug kom.

jacques ·

Wat jy saai sal jy maai.Wonder wat is die volgende ding is waaroor hulle gaan aangaan as die beelde almal weg is ,seker Rodes se studie fund wat te min geld gee.Sal maar nie se hoe ek voel nie anders word my post nie opgesit nie.Vryheid van spraak lyk my is weg net Mal ema het nog vryheid van spraak.

Eish! ·

Nes die idiote is. Jy is nie goed genoeg nie, maar jou geld beslis!!!!!!!! Zuma leer hulle dan so. Die wittes se belasting is goed genoeg, maar beslis is hulle nie goed genoeg vir aanstellings nie.

Elfie ·

Hierdie is net die begin. “Watch this space”! As iemand dink dit gaan net Rhodes se standbeeld wees, dink weer!

Adele ·

Ek stem 100% saam. As sy beeld nie daar kan staan nie, moet die beurse sommer onttrek word… ek kan net raai wie word elke jaar bevoordeel deur die beurse. Laat hul self daarvoor opdok! Idiote!

Riette ·

Ek kan nie glo hulle kry weereens hulle sin nie!! in my lewe! Hierdie land is beslis heeltemal in sy kanon in!

Jan ·

Ek is net bly dat die liberaliste nou kan begin sien dat alles teen die blankes gemik is, nie net die Boere Afrikaner nie !

Theuns ·

Ek dink nou, miskien moet hulle sommer die Unie gebou en die res van die staats geboue ook afbreek en bemors!

Theuns ·

Ek dink nou, miskien moet hulle sommer die Unie gebou en die res van die staats geboue ook afbreek en bemors! Sommer die hele UK ook…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.