Rhodes-student dood aangetref in woonstel

Rhodes-universiteit. Foto: Facebook

Rhodes-universiteit. Foto: Facebook

ʼn Vierdejaar-student aan die Rhodes-universiteit in Grahamstad in die Oos-Kaap, is Donderdagaand dood aangetref in sy woonstel.

Kapt. Mali Govender, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media gesê die student, in sy 20’s, se vriende het Donderdag bekommerd geraak omdat hulle hom nie in die hande kon kry nie. “Sy vriende is na sy woonstel, wat nie op kampus is nie, en hulle het sy motor by die huis sien staan,” het Govender gesê. Die vriende het geklop maar die student het nie die deur oopgemaak nie.

“Hulle het later die eienaar van die woonstel opgespoor en vir hom gevra om die deur oop te sluit, waarna hulle omstreeks 18:15 sy liggaam in sy bad aangetref het.”

Na wat verneem word, het die student geen sigbare wonde gehad nie. Daar word vermoed dat hy Donderdag of Woensdagaand gesterf het.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Geen vuilspel word vermoed nie,” het Govender gesê.

Die universiteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.