Rhodes-student sterf in brand

Milnerstraat, Grahamstad (Foto: Google Street View)

Milnerstraat, Grahamstad (Foto: Google Street View)

Die polisie in Grahamstad in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn student van Rhodes-universiteit gesterf het.

Die student, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, was glo Donderdagoggend vasgekeer toe ʼn brand in die vroeë oggendure by studentebehuising uitgebreek het.

Kat. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê die man, in sy vroeë 20’s, het die huis in Milnerstraat saam met verskeie ander persone gedeel.

Die brand het na bewering in die kombuis ontstaan, wat direk langs die student se kamer geleë is.

Hy kon glo nie uit die kamer ontsnap nie, weens die diefwering teen die vensters.

Govender het gesê sy huismaats kon veilig uit die huis ontsnap. Die huis is in die brand verwoes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Leeukop ·

Dit is natuurlik nog n ekstra gevaar wat ons in die land het met al die diefwering wat nodig is. Dit maak dat ons nie kan self ontsnap as dit moet nie. Net nog n bewys hoe die misdaad ons raak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.