Rhodes-studenteleiers by verhore oor geslagsgeweld

Khensani Maseko. Foto: Instagram

Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het Vrydag gesê hy sal studenteleiers van die Rhodes Universiteit nooi om einde vandeesmaand verhore oor geslagsgeweld en die Wet op Huishoudelike Geweld by te woon.

Dit volg ná die selfmoord van Khensani Maseko, ʼn student van Rhodes wat verlede week haar eie lewe geneem het nadat sy na bewering in Mei deur haar kêrel verkrag is.

“Die dood van Khensani Maseko is inderdaad ʼn wekroep aan die nasie om te kyk na institusionele traagheid en die gebrek aan optrede deur die relevante owerhede,” het Francois Beukman, voorsitter van die komitee, gesê.

“Dit is noodsaaklik dat die studenteleierskap by Rhodes Universiteit en die relevante studentebelanghebbendes die verhore op 28 en 29 Augustus bywoon.”

Die komitee het gesê dié besluit is geneem in die lig daarvan dat daar ʼn behoefte is om alle stemme te hoor oor die gehalte van die optrede van wetstoepassingsagentskappe wanneer klagtes van geslagsgeweld ontvang word.

Volgens die komitee sal inligtingsessies deur die burgerlike sekretariaat van die polisie en die bestuur van die SAPD oor die toepassing van die Wet op Huishoudelike Geweld tydens die verhore aangebied word. Dit sal gevolg word deur insette van die burgerlike samelewing.

Die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld sal ook die verhore toespreek en die Congress of South African Trade Unions en ander burgerlike organisasies sal ʼn spreekbeurt kry.

Die portefeuljekomitee is van mening dat wetstoepassingsagentskappe en regeringsdepartemente hul pogings om geslagsgeweld te bekamp moet verskerp. Die komitee het ʼn beroep op die nasionale polisiekommissaris en sy bestuurspan gedoen om deurgaans dringend te reageer op alle geslagsgeweldsake wat landwyd by polisiestasies aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dawie ·

Hoeveel gaan dit nou weer kos plaas dat die verkragter toegesluit word en nie net geskors word nie. Dit sal dalk n duideliker boodskap uitstuur.

Gatvol ·

Waarom word die verkragter nie aangekla en toegesluit nie. Meskien ʼn seun van een van die regeringsamptenare wat mos met moord wegkom!

Apie ·

Omdat sy swart is skreeu almal ten hemele. Toe wit meisies by Stellenbosch verkrag is, het daar nie n haan na gekraai nie!!

Wonder net ·

Ek dink ook nou rerigvdid genoeg van haar. Wonder net waaroor is die bohaai nog steeds. Open and shut case.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.