‘Rhodes-verkragter’ in hof

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad Foto: Pixabay

Die 35-jarige man wat naby die Rhodes-gedenkteken in Kaapstad in hegtenis geneem is, het Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die man is Saterdag in ʼn wegkruipplek naby die Rhodes-gedenkteken in hegtenis geneem op aanklag van die verkragting van ʼn 23-jarige vrou op 19 November. Die polisie vermoed dat die verdagte moontlik verbind kan word met die vlaag aanvalle en verkragtings van studente van die Universiteit van Kaapstad.

Die staatsaanklaer Alecia Meredith het Maandag aan die hof gesê ʼn amptelike uitkenningsparade word later vandeesweek gehou. Rustin Ravat, ʼn regshulp-prokureur, het gesê die beskuldigde het ʼn adres verskaf vir ʼn woonplek in Khayelitsha en ʼn telefoonnommer vir sy suster. Die staat het glo vasgestel dat die beskuldigde nie welkom is by daardie adres nie waarna hy ’n woonadres vir sy broer in Langa verskaf het.

Meredith het aan die hof gesê die beskuldigde het vorige veroordelings en dat die polisie tyd nodig het om selfoonrekords en beeldmateriaal van kringtelevisiekameras na te gaan. Volgens Meredith het die beskuldigde nie ʼn vaste woonadres nie. Landdros Wezile Rixana het die saak tot Vrydag uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig nog ‘n student aan die Universiteit van Kaapstad is vandeesweek naby die Rhodes-gedenkteken verkrag. Dit was vermoedelik minstens die sesde voorval in dié omgewing.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodes-gedenkteken op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wynand ·

Waarom het die polisie so lank geneem om wakker te skrik? Daar is al hoeveel lewens verwoes deur een vark. Wat is fout met die polisie – is dit nie ernstig genoeg nie? Pateties spul ellendelinge. Daar was seker niks te aas of omkoopgeld betrokke nie.

Ou Uil ·

“Ses voorvalle in die omgewing”! Na die tweede geval moes daar sekerlik meer voorsorg en ondersoeke ingestel word, ter voorkoming van moontlik vier voorvalle. Die “laat-maar-loop” gedrag verbaas my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.