Rhodespark-aanval: Beskuldigde in hospitaal opgeneem

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Die verhoor van die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, is Dinsdag weer uitgestel aangesien een van die beskuldigdes in ʼn hospitaal opgeneem is.

Adv. Robert Xaba, regsverteenwoordiger vir die sieklike Edmore Ndlovu (23), het in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, gesê sy kliënt is in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem.

Ndlovu het Maandag van borspyne gekla en gesê hy sukkel om asem te haal. Regter Papi Masopa het die saak Dinsdag uitgestel en beveel dat Ndlovu mediese behandeling ontvang.

“Die [Ndlovu se] diagnose is nog nie bekend nie. Ons beplan om die hospitaal te bel en met die dokter te praat wat hom behandel sodat ons ʼn behoorlike diagnose kan kry en kan uitvind hoe lank hy in die hospitaal behandel gaan word. Ons sal môre [Woensdag] meer inligting hê,” het Xaba aan die hof gesê.

Masopa het die saak tot Woensdag uitgestel.

Ndlovu, Thabo Nkala (25) en Mduduzi Lawrence Mathibela (32) staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hulle het vroeër skuld op al die aanklagte ontken.

Hulle was glo deel van ʼn groep van 12 mans wat op 17 Oktober 2015 twee paartjies in Rhodespark voorgekeer en oorval het. Die verdagtes het die mans glo vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Die ander vrou is glo seksueel aangerand. Albei mans het verdrink.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wilma ·

Hoop Ndlovu kom ni lewendig uit hOspitaal. Here asb laat hy di hoogste prys betaal en in di hel suffer

Asem ·

Hy ‘sukkel om asem te haal’? So ook die twee wat verdrink het. Dit wat hom oorgekom het word ook asemnood genoem. Dalk steek die ander twee ook aan . . .

Grant ·

“sieklike Edmore Ndlovu (23)” – hy was nie te sieklik om strooi aan te jaag nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.