Rhodespark-aanval: Man in hof

Argieffoto

Argieffoto

Die man wat in hegtenis geneem is in verband met die skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is, het Maandag in die hof verskyn.

Twee mans is vermoor en ʼn vrou is verkrag in die voorval.

Die saak teen Thabo Nkala (24) is tot 9 November uitgestel vir verdere ondersoek. Nkala was tydens sy verskyning in ʼn rooi sweetpaktop en rooi broek geklee. Hy word van moord, poging tot moord en verkragting aangekla.

Die polisie soek intussen na die ander 11 verdagtes wat glo by die aanval betrokke was.

Die grusame aanval het wyd opslae gemaak met talle Kensington-inwoners wat dringende aksie van die polisie geëis het.

Die vier mense is net voor 19:00 deur 12 mans oorval toe hulle in die park gestap het. Die twee mans is deur die aanvallers vasgebind en in die dam gegooi. Polisieduikers het later hul liggame uit die water gehaal. Een vrou is deur ʼn aanvaller verkrag, terwyl die ander vrou daarin kon slaag om te vlug.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riekie ·

Dan probeer die parkemense dit aanbeveel dat die publiek meer van die parke gebruik te maak? Ek dink nie so nie!!!! Hulle kan maar parke bou wat vir wit olifante gaan staan

Gerda ·

Die 12 het mekaar tog seker geken. Hoe moeilik kan dit wees om die ander 11 op te spoor?

arie plaasboer ·

Gerda,
Ek wil nie doodgewone opswepery (a la let’s”Kill the Boer”) op straat uitskakel nie.
Om so `n groot groep onderling bekendes bymekaar te kry om “Blankes in die park te gaan aanval” as `n projek is bietjie moeilik.
Bes moontlik het hulle toevallig op straat gewees bute die park en is hulle, nadat `n groot genoeg groep teenwoordig was, is hulle opgesweep om die misdaad te gaan pleeg sonder dat hulle mekaar onderling noodwendig geken het.
In hierdie geval moet die “opsweper” alleen maar “pa staan” vir die gebeure.
Hy was volgens oordeel dalk `n vrywillige deelnemer aan die misdaad.

Johannes Meintjes ·

Kom ons kyk of die SAPD die wil en meganismes het om hierdie saak op te los en ‘n boodskap van effektiewwe optrede teen misdaad in SA in te stuur?

arie plaasboer ·

Maroela media,
Ek het wettiglik kommentaar gelewer op die misdaad.
My redenasie is `n vooruitskatting van wat moontlik die oorsaak van die misdaad was.
WAT IS daarmee verkeerd dat die kommentaar nie geplaas kan word nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.