Rhodespark-aanval: Nog ʼn verdagte vas in Zim

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Nog ʼn verdagte, wat na bewering deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, is in Zimbabwe in hegtenis geneem.

Nkululeko Ronald Dube is tans in polisieaanhouding in aanloop tot ʼn verhoor, waar besluit sal word of hy aan Suid-Afrika uitgelewer sal word om hier tereg te staan. Dube het Dinsdag in Bulawayo voor landdros Tinashe Machaya verskyn. Die saak is tot 23 November uitgestel vir die uitleweringsverhoor.

Volgens hofstukke was Dube deel van ʼn bende van 12 mans wat twee mans en hul vroue by die Rhodesparkdam oorval en vuurwapens en messe gebruik het om die egpare van hul persoonlike besittings te beroof. Die bende het die mans daarna aangerand voordat hulle hulle gedwing het om in die dam te spring, waar hulle verdrink het. Die twee vroue is seksueel aangerand en verkrag.

Drie ander verdagtes, waarvan twee ook Zimbabwiese burgers is, word reeds in die Johannesburgse hooggeregshof in Palm Ridge vir dieselfde saak verhoor. Hulle is Mduduzi Lawrence Mathibela (32), Edmore Ndlovu (23) en Thabo Nkala (25). Agt ander verdagtes is steeds op vrye voet.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Theresa ·

Vreesaanjaend om te dink die 8 groepmisdadigers is steeds op vryevoet. Verskriklik wreed wat hul gedoen het.

Johann ·

Wonder wat het MALlema te sê oor sy bure wat so oor die grens heen kom moor en verkrag tussen “sy mense”? Gaan hy en sy EFF’ers amok maak voor en in die howe waar sy mede struglers verhoor word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.