Rhodespark-aanval: Twee glo in Zim vas

Argieffoto

Argieffoto

Twee van die drie verdagtes wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, het Dinsdag in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, verskyn.

Die saak is uitgestel nadat hul medebeskuldigde, Edmore Ndlovu (23), in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal opgeneem is. Thabo Nkala (25) en Mduduzi Lawrence Mathibela (32) is met voetboeie na die hof gebring.

Hulle was glo deel van ʼn groep van 12 mans wat op 17 Oktober 2015 twee paartjies in Rhodespark voorgekeer en oorval het. Die verdagtes het die mans glo vasgebind en in die dam gegooi, terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Die ander vrou is glo seksueel aangerand. Albei mans het verdrink.

Robert Xaba, Ndlovu se regsverteeenwoordiger, sal Woensdag aan die hof terugvoer gee oor sy kliënt se toestand. Ndlovu het Maandag van borspyne gekla en gesê hy sukkel om asem te haal.

Nkala en Mathibela het, nadat die hofverrigtinge uitgestel is, gesels en gelag. Volgens berigte is twee verdagtes intussen in Zimbabwe in hegtenis geneem en sal hulle na Suid-Afrika uitgelewer word.

Die saak gaan Woensdag voort.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Uiltjie ·

Hulle het nie rekening gehou met die langarm van die gereg nie! Hulle het hulle seker vrek geskrik!

Tammy ·

Ag nee wat, ek twyfel baie sterk of hulle ordentlik gestraf gaan word. Die regstelsel in Suid Afrika het ons landsburgers al net teveeel teleurgestel. Jammer!!!!! Geen geloof of trots in ons regstelsel nie.

Theuns ·

Die Zimbawiers word uitgelewer omdat hulle swart Suid Afrikaners vermoor het. Maar wat van die Zimbabwiers wat boere vermoor het? Die rassisme maak my woedend! Is daar nie n paar Polisie manne wat op MM is wat die fluitjie behoorlik kan blaas nie? Aseblief se ons wat aangaan as julle nog toegang tot die inligting het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.