Rhodespark-aanval: Verdagte in hof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige man wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn skokvoorval waartydens twee pare op 17 Oktober in Rhodespark in Kensington in die ooste van Johannesburg aangeval is, sal Dinsdag in die hof verskyn.

Die verdagte was na bewering deel van ʼn groep van 12 mans wat die paartjies aangeval het toe hulle in die park gestap het. Die twee mans is deur die aanvallers vasgebind en in die dam gegooi. Polisieduikers het later hul liggame uit die water gehaal. Een vrou is deur ʼn aanvaller verkrag, terwyl die ander vrou daarin kon slaag om te vlug.

Die polisie het reeds ’n tweede verdagte in verband met die voorval in hegtenis geneem. Die 22-jarige verdagte is glo ’n Zimbabwiese burger. Die polisie het gesê hulle hoop om binnekort nog verdagtes in hegtenis te neem.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.