Rhodespark-aanval: Vrou raak flou in hof

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Een van die vroue wat oorleef het nadat sy, haar man en nog ʼn paartjie in Rhodespark aangeval is, het Dinsdag flou geraak in die hof ná haar getuienis.

Die vrou, wie se identiteit nie bekend gemaak word nie, het onbedaarlik begin huil voordat sy flou geraak het in die hooggeregshof wat in Palm Ridge sit.

Die vrou het getuig dat die leier van die groep aanvallers kwaad geraak het toe hy besef die paartjies het nie geld by hulle nie. Die vrou, haar man en nog twee mense is op 17 Oktober 2015 in Rhodespark in Kensington deur 12 mans voorgekeer. Die verdagtes het die mans vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het.

Die ander vrou is seksueel aangerand voordat sy daarin kon slaag om te vlug. Albei die mans het verdrink.

Volgens die vrou het die leier van die groep haar verkrag terwyl ʼn ander aanvaller haar vriendin seksueel aangerand het.

“Ons het ná die tyd vir ons mans geskree, maar hulle het nooit gereageer nie. Ek het myself met my geskeurde broekie afgevee en dit daar gelos,” het die huilende vrou getuig. “Ek was erg getraumatiseerd. Ek was van Oktober tot Januarie vanjaar in die hospitaal.”

Regter Papi Masospa het ʼn paar vrae aan die vrou gestel voor sy die getuiebank verlaat en flou geword het. Mense in die hof het die vrou te hulp gesnel en probeer bybring. Sy is na buite geneem waar sy bygekom en weer onbedaarlik begin huil het.

Die saak gaan Woensdag voort.

Die verhoor van Thabo Nkala (25), Admore Ndlovu (23) en Mduduzi Mathibela Lawrence (32) het Dinsdag in dié hof begin waar hulle teregstaan op aanklagte van moord, verkragting, seksuele aanranding, aanranding en roof.
Die drie beskuldigdes het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hulle.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

marlene ·

Hulle is absolute duiwels. Soveel wreedheid? Dit skok my tot in my siel. Daardie vrouens se lewens is verwoes.

pietskiet ·

Kyk Suid Afrika is n plek waar jy nie wil wees nie
Hier is misdaad. N moet waar gaan dit eindig ons kan nie eers meer n dag uit jou huis wees nie
Ek weet beslis eendag en miskien gaan ek dit nie sien nie gaan hierdie nuwe generations alles op neuk wie gaan dit weer opbou wat so afgebrand en verwoes word eknsidder vir hierdie mooi land wat oor gevat is deur gewetenlose….wettelose….barbarre so sterf ons land bietjie vir bietjie

Doen net selfde ·

Nee wat, bind hul ook vas en gooi hul ook in water.

Annie ·

Stem saam met doen net selfde – gooi hulle almal in die water.

sies Suid Afrika ·

ons suid Afrikaners moetruggraat groei. doen aan ander wat hulle aan jou wil doen. met een verskil. tree eers te op. indien nodig boujy maar n liegstorie agterna.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.