‘Rhodespark-aanvallers’ pleit

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle deel was van ʼn bende wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington in Johannesburg aangeval het, het Dinsdag in die hooggeregshof in Palm Ridge verskyn.

Die verhoor van Thabo Nkala (25), Admore Ndlovu (23) en Mduduzi Mathibela Lawrence (32) het Dinsdag in dié hof begin waar hulle teregstaan op aanklagte van moord, verkragting, seksuele aanranding, aanranding en roof.

Die drie beskuldigdes het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hulle. Een van die vroue wat verkrag is, is as die staat se eerste getuie geroep. Sy het getuig haar broekie is met ʼn knipmes afgesny voordat sy verkrag is.

Maroela Media het vroeër berig  twee paartjies het op 17 Oktober 2015 in die Rhodespark gestap toe hulle deur ʼn groep van 12 mans voorgekeer is. Die verdagtes het die mans glo vasgebind en in die dam gegooi terwyl hulle een van die vroue verkrag het. Die ander vrou is glo seksueel aangerand voordat sy daarin kon slaag om te vlug. Albei die mans het verdrink.

Nkala is ʼn paar dae ná die voorval in hegtenis geneem en het op 2 November vir die eerste keer in die hof verskyn, waarna die inhegtenisneming van die ander twee beskuldigdes gevolg het.

Intussen het Monde Mbaqa, staatsaanklaer, Maandag in die hof gesê hy is ingelig dat ʼn vierde beskuldigde in verband met die saak in Zimbabwe in hegtenis geneem is.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Uiltjie ·

Hoop hulls word Grahamstad toe gestuur om gevonnis te word!

susan@ ·

Asseblief!!!! Hang hulle vat hulle uit die samelewing uit!!! Goed vir boggerol!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.