Rhodespark-saak: Beskuldigde uit hof verwyder

Thabo Nkala, Edmore Ndlovu en Mduduzi Lawrence Mathibela. Foto: Brenda Masilela/ANA

Thabo Nkala, Edmore Ndlovu en Mduduzi Lawrence Mathibela. Foto: Brenda Masilela/ANA

Een van die Rhodespark-beskuldigdes is Maandag uit die hooggeregshof in Palm Ridge verwyder nadat hy onophoudelik uitgevaar het oor hoe “onregverdig” die hof hom behandel.

Regter Papi Masopa het Mduduzi Lawrence Mathibela se bewerings verwerp dat hy deur polisiebeamptes aangerand en gedwing is om ʼn verklaring af te lê oor die dubbelmoord en verkragting wat in Oktober 2015 in Rhodespark in Johannesburg plaasgevind het.

“Ja, julle doen dit net omdat ek nie geld het nie. As ek ryk was, sou dinge anders gewees het,” het Mathibela hardop gesê terwyl Masopa besig was om sy uitspraak te lewer. Pogings om Mathibela stil te maak was onsuksesvol en hy het aanhou kla oor hoe onregverdig Masopa hom behandel.

Masopa het uiteindelik ʼn polisiebeampte opdrag gegee om Mathibela na sy sel te neem. “Jy [Mathibela] kan terugkom wanneer jy tot jou sinne gekom het,” het hy gesê. Mathibela was duidelik woedend terwyl hy in voetboeie uit die hof gelei is.

Mathibela het vroeër getuig die polisie het hom geklap, geskop en geslaan. Edmore Ndlovu (23), Thabo Nkala (25) en Mathibela (32) het al drie in die hof aangevoer hulle is aangerand om hulle te dwing om hul betrokkenheid by die misdaad te erken en om uitwysings in die park te doen.

Masopa het reeds Nkala en Ndlovu se bewerings verwerp nadat hulle teenstrydige en verwarrende getuienis gelewer het. Hul regsverteenwoordigers kon ook nie die aanranding aan die hof bewys nie.

Adv. Monde Mbaqa, die staatsaanklaer, het vroeër aan die hof gesê Mathibela weerspreek homself voortdurend aangesien hy nie presiese besonderhede kan gee van hoeveel polisiebeamptes hom aangerand het of hoe hulle dit gedoen het nie. Hy het ook beweer hy is deur ʼn dokter in ʼn tronk in Johannesburg medikasie gegee omdat die vorige dokter wat hy gespreek het hom nie behoorlik ondersoek het nie en glo net sy verslag gefabriseer het.

Mbaqa het aan Mathibela gesê die staat is in besit van foto’s wat die dag van sy inhegtenisneming van hom geneem is. Hy het ʼn album van die foto’s aan Mathibela gegee en hom gevra om te wys waar hy beseer was. Mathibela het verward gelyk en kon nie enige beserings aan die hof uitwys nie. “Die ding is, die beserings is nie sigbaar met die blote oog nie, dit kan net deur ʼn dokter gesien word,” het hy gesê.

Mbaqa het hom gevra vir bewyse dat ʼn dokter vir hom medikasie voorgeskryf het vir sy “beserings”, maar Mathibela het gesê dit is in sy lêer in die tronk en hy het nie toegang tot die lêers nie. Mbaqa het gesê Mathibela praat nie die waarheid nie, aangesien hy meer as genoeg tyd gehad het om die lêer te bekom indien hy wou. Mathibela het geantwoord: “Ons sal sien wie lieg wanneer die dokumente aan die hof voorgelê word.”

Ndlovu, Nkala en Mathibela word daarvan aangekla dat hulle deel van ʼn groep van 12 mans was wat twee paartjies verlede jaar in Rhodespark in Kensington aangeval het. Die bende het twee mans in die dam by Rhodespark ingedwing waar hulle verdrink het. Die bende het daarna die vroue seksueel aangerand en verkrag voordat hulle die vroue beroof het.

Die drie staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hulle het al drie skuld op al die aanklagte teen hulle ontken. Hulle is steeds in polisieaanhouding.

Die ander verdagtes in die saak is steeds op vrye voet. Twee verdagtes is glo intussen in Zimbabwe vasgetrek en wag op hul uitlewering aan Suid-Afrika.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

m ·

Dis so onregverdig dat ons met sulke gemors in die samelewing moet sit………………

Neewat ·

Ag siestog maar dit is REGVERDIG om vroue te verkrag en hulle mans vas te bind en in ‘n dam te gooi dat hulle verdrink? Dis nou te laat om slagoffer te speel, gaan vat jou straf. Jy is ARROGANT, dink nie die ras kaart gaan hier werk nie.

siestog ·

die raskaart gaan nie werk nie, daar om kom die aanrandingskaart uit. dit werk mos ewe goed. wat voel die gereg? die slagoffers was wit. so hang n wit babapoppie met n dummy aan n galgtou of druk dit in die oond.

Inspuiting ·

Net die regte inspuiting behoort die regte UITwerking te hê.

Johan ·

Siestog, net ‘n regstelling. Sover my kennis strek was die slagoffers nie wit gewees nie.

Alida ·

Johan ongeag hulle kleur. Wat daardie misdadigers gedoen het is walglik en afstootlik en verdien die swaarste straf wat daar is. Hierdie moroon wat nou kla oor behandeling het nie daaraan gedink toe hy daardie mense doodgemaak het nie. Wat het kleur daarmee te doen? Of wil jy impliseer dat indien die slagoffers wit was die straf swaarder moet wees as andersom. Nee man kom by.

Loslip ·

Alida waarom val jy vir Johan aan!
Hy het bloot vir Siestog reg gehelp.

Simon ·

Kom ons kyk bietjie na skisofenie.
Die ou dink regtig mood, verkragting, aanranding en die gevolglike hofsaak is nie die werklikheid nie – Dis alles maar net n speletjie om hom te laat swaar kry.
Sulke gevaarlik speletjie kan nie in die openbaar gespeel word nie. Hoe goer hy uit die seer van die samelewing verwyder word hoe goer is die lewe daardie bietjie veiliger.

Simon ·

Kom ons kyk bietjie na skisofenie.
Die ou dink regtig moord, verkragting, aanranding en die gevolglike hofsaak is nie die werklikheid nie – Dis alles maar net n speletjie om hom te laat swaar kry.
Sulke gevaarlik speletjie kan nie in die openbaar gespeel word nie. Hoe goer hy uit die sfeer van die samelewing verwyder word hoe gouer is die lewe daardie bietjie veiliger.

Landie van der Hof ·

Wat verkeerd is met jou kommentaar is dat jy ‘n ding uit die lug gryp en daarop reageer. Johan het net ‘n regstelling op “Siestog” se kommentaar gemaak.

Trots so trots ·

So trots op hierdie Regter, dit is hoe ons dit moet doen, hoe kan ‘n krimineel wat die reg om te lewe en die reg om nie verkrag te word van ander mense weg geneem het, skielik ‘n reg tot beskerming, ‘n reg tot regshulp en dan so verwaand soos nog iets ‘n reg om ‘n Regter in die hof te beledig. ens net die Regter kon doodstraf terugbring.

Johan ·

Dankie vir jou kommentaar Landie. Jys 100% reg, ek het net’n regstelling gemaak op siestog se kommentaar. Hoop net Alida lees hier en vra omverskoning dat sy my onnodig aangeval het !

Theresa ·

Mooi so Meneer die Regter. Jaag so ‘n ongeskikte arrogante mens uit. Ek weet egter nie of hy ooit tot sy sinne sal kom nie. Die dade wat gepleeg is, is uit ‘n baie, baie bedorwe gemoed gebore. Stuur hul almal terug waar hul vandaan kom, nadat hul hul tydperk uitgesit het in die tronk.

Magda ·

Die regter is nie jou speel maat nie. Jy het nie gedink dit is onregverdig toe jy mense verkrag en dood gemaak het nie.

Justice ·

Kla oor `n paar klappe om bewyse op `n moord en verkragtings toneel uit te wys? In die meeste ander Afrika lande was hulle minus hul vinger en toon naels om mee te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.