Rhodespark-saak: Drie gevonnis

Van links is Mduduzi Lawrence Mathibela, Edmore Ndlovu en Thabo Nkala Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg. Foto: ANA

Die drie mans, wat twee mans in ʼn dam by Rhodespark in Johannesburg verdrink en hul vrouens verkrag het, is Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg gevonnis.

Regter Papi Masopa het Mduduzi Lawrence Mathibela (33), Edmore Ndlovu (24) en Thabo Nkala (26) elk vier lewenslange vonnisse opgelê. Masopa het in sy uitspraak gesê die mans het hul slagoffers op ʼn barbaarse en skandelike wyse hanteer.

Twaalf mans, waaronder Mathibela, Ndlovu en Nkala, het op 17 Oktober 2015 twee egpare aangeval wat in Rhodespark in Kensington gaan stap het. Gewapen met ʼn vuurwapen en ʼn mes, het die groep die slagoffers gedwing om op die grond te lê. Hulle het die twee vroue se onderklere met die mes afgesny en hulle verkrag.

Hulle het die mans gedwing om hul klere uit te trek, hulle vasgemaak en in die dam in gedwing, waar hulle verdrink het. Die bende het hul klere, juweliersware en ʼn selfoon gesteel, wat hulle later vir R320 verkoop het.

“Hulle [die beskuldigdes] het vriendinne en dogters, maar het versuim om die slagoffers te behandel soos hulle hul gesinne sou behandel,” het regter Masopa gesê. “Nadat hulle die vroue verkrag het, het hulle gelag en gesê hul mans was dom om in ʼn dam in plaas van ʼn swembad te swem. Dit beteken hulle het geweet wat hulle doen.”

Masopa het gesê hy vind dit moeilik om te verstaan waarom die bende die mans verdrink het, as die mans geen teenstand gebied het toe hulle beveel is om op die grond te lê nie.

Maatskaplike werkers van Ikhaya Lethemba was in die hof om die slagoffers te ondersteun. Hulle het mekaar omhels en gehuil elke keer wat die regter ʼn lewenslange vonnis aan elk van die beskuldigdes gegee het.

Masopa het ook beklemtoon dat die drie beskuldigdes nie enige berou getoon het vir hul optrede nie. “Beskuldigde nommer een (Nkala) en twee (Ndlovu) het selfs onder eed gelieg oor die hoogste graad wat hulle [op skool] klaargemaak het.”

Al drie mans is skuldig bevind op twee aanklagte van moord en twee aanklagte van verkragting, waarvoor hulle elk vier lewenslange vonnis opgelê is. Hulle is ook skuldig bevind aan roof, waarvoor elk 15 jaar tronkstraf opgelê is.

Sizakele Nkosi-Malobane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid wat ook in die hof was, het die vonnisse verwelkom.

Die oorblywende verdagtes in die saak, wat vermoedelik almal buitelanders is, kruip blykbaar in Zimbabwe weg. Een van die verdagtes is verlede jaar in Zimbabwe in hegtenis geneem in verband met ʼn ander misdaad en hy sal na verwagting na Suid-Afrika uitgelewer word sodra die ander saak afgehandel is.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

André ·

Dankie vir Regspraak oor die *Drie Mense!*
Geregtigheid het Geskied en mag hul nooit vir parool in aanmerking kom!
Beskerm ons Nasies (ongeag) teen ENIGE Geweld of Geweld Misdaad!
Dit het gebeur, in Hitler se Tyd en Voor dit in Geskiedenis…en dit gebeur Steeds en Sal nog gebeur!
Ook daar is ‘n Tyd vir Alles en Genoeg is Genoeg!
Mag ons Regstelsel hierdie Wyse altyd byhou en volg…
WELGEDAAN AAN ALMAL BETROKKE TOT VONNIS OPLEGGING, van SAPD tot Magistrate… Shalom!

Nico ·

So hulle is oor 8 jaar en ‘n bietjie weer op straat. Na gratis verblyf, gratis studiegeleenthede en geen belasting. Crime pays…

Cherokee ·

Interessant. Jy het dus ‘n posisie in die regsdepartemente van die land. Dreig jy of voorspel jy? Dit klink asof jy inligting het wat jy weerhou van die publiek. Dit behoort opgevolg te word.

Asjas ·

Nico ek verstaan wat jy probeer se en die bedoeling agter jou kommentaar. Ek stem nou nogal saam met jou, kom ons sien hoe lank sit die lot voordat die tronke oorvol is en die regering hul los laat wabt ja dit kos geld om hulle daar te hou. Laat hulle los op straat dan kos dit ons geld!!
Cherokee, ek is nou al goed g@tvol vir jou sarkasme! Ons is geregtig op ons opinies, gevorm op ondervinding, maak nie saak hoe onakuraat dit mag wees volgens jou nie. Gaan soek skoor op ‘n ander plek.

Gideon ·

Ai Cherokee ek dink Nico lewer kommentaar uit ondervinding!! Almal weet mos hoe dit i.d land gaan!

gert ·

papi jou ou doring dit is nou die regter !! maak skoon die land !!

Piket ·

Ag los tog ou Cherokee uit, hy is n uil op n” wit ” kluit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.