
Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS
Zuma het die nasionale polisiehoof geskors hangende die uitkoms van ʼn kommissie van ondersoek na haar geskiktheid om haar amp te beklee. Zuma het in ‘n verklaring gesê Phiyega is met volle betaling geskors.
Hy het op 22 September die kommissie van ondersoek na bewerings van wangedrag deur Phiyega aangekondig. Die president het Phiyega kans gegee om te motiveer waarom sy nie geskors moet word nie. Sy het op 28 September haar motivering ingehandig.
Phiyega het sedert die Marikana-skietery in Augustus 2012 waartydens 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is, erg onder skoot gekom. Die Farlam-kommissie, wat die Marikana-skietery ondersoek het, het voorgestel dat ʼn kommissie van ondersoek Phiyega se geskiktheid om haar amp te beklee, oorweeg.
Die kommissie sal onder meer ondersoek instel na of Phiyega self, of in samewerking met ander leiers in die polisie, die Farlam-kommissie mislei het oor die gebeure by Marikana en wat aanleiding gegee het tot die skietery.
Klik hier vir alle vorige berigte oor Riah Phiyega op Maroela Media.
© RDM News Wire
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek het nie verniet my wenkbroue gelig nie.
Dit gebeur wanneer daar geen behoorlike polisie opleiding of agtergrond is nie.
fantasties, 1 down , 100 to go!.
Wonder wie gaan no 1 fire?.
Zuma moet homself ook maar skors.
Dankie tog dat die liegbek gefire is . Haar gekonkel en die verdraaing van die waarheid aangaande die misdaadstatistiek alleen is genoeg rede gewees om haar te laat gaan .Ek wonder net watter kader gaan Zuma nou ontplooi.