Riah Phiyega geskors

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Pres. Jacob Zuma het aangekondig dat hy Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, geskors het.

Zuma het die nasionale polisiehoof geskors hangende die uitkoms van ʼn kommissie van ondersoek na haar geskiktheid om haar amp te beklee. Zuma het in ‘n verklaring gesê Phiyega is met volle betaling geskors.

Hy het op 22 September die kommissie van ondersoek na bewerings van wangedrag deur Phiyega aangekondig. Die president het Phiyega kans gegee om te motiveer waarom sy nie geskors moet word nie. Sy het op 28 September haar motivering ingehandig.

Phiyega het sedert die Marikana-skietery in Augustus 2012 waartydens 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is, erg onder skoot gekom. Die Farlam-kommissie, wat die Marikana-skietery ondersoek het, het voorgestel dat ʼn kommissie van ondersoek Phiyega se geskiktheid om haar amp te beklee, oorweeg.

Die kommissie sal onder meer ondersoek instel na of Phiyega self, of in samewerking met ander leiers in die polisie, die Farlam-kommissie mislei het oor die gebeure by Marikana en wat aanleiding gegee het tot die skietery.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Riah Phiyega op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

jo-anlie ·

Dit gebeur wanneer daar geen behoorlike polisie opleiding of agtergrond is nie.

Thomas ·

fantasties, 1 down , 100 to go!.
Wonder wie gaan no 1 fire?.

Gerhard Bezuidenhout ·

Dankie tog dat die liegbek gefire is . Haar gekonkel en die verdraaing van die waarheid aangaande die misdaadstatistiek alleen is genoeg rede gewees om haar te laat gaan .Ek wonder net watter kader gaan Zuma nou ontplooi.

Desiree ·

Hier kom nog ‘n “Golden handshake” en ‘n bogger-op bonus.

Francois ·

met volle betaling sal hande saam slaan jul weet hoeveel geskors is en nog steed elke maand selaris kry

Gerhard ·

DIS GOED SO. HOE KAN N PERSOON WAT NIKS VAN DIE SAP WEET TOT SO N POS BEVORDER WORD.

Anoniem ·

Is dit werklik ‘n straf ….VOLLE SALARIS…terwyl sy geskors is. Regtig mense – laer range word geskors sonder salaris, sonder voordele (medies ens) terwyl ondersoeke teen hulle sloer. Klink meer vir my na ‘n heerlike vakansie wat wag . Elke dag tuis teen vergoeding. Werk uit hoeveel kos dit die belastingbetaler. Onthou die persoon wat as waarnemend aangestel word moet nou waarneming betaal word – dws -hy kry dieselfde salaris as wat sy nou kry.

Winston ·

Sy is nou baie beter daaraan toe as wat sy in diens was. Nog n goue handdruk op pad en Zuma lag lekker kekkellag vir die belasting betalers. Heerlike vakansie wat wag ja, natuurlik. Ons maak soos ons wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.