Riah Phiyega moet in hof sê oor Roos

Kol. Kobus Roos Foto: Werner Beukes/SAPA

Kol. Kobus Roos Foto: Werner Beukes/SAPA

Die arbeidshof in Johannesburg het vandag beveel dat die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, en die minister van polisie, Nathi Nhleko, eersdaags sélf in die hof moet getuig in verband met Solidariteit se hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor die aanstelling van kol. Kobus Roos.

Die arbeidshof het verlede jaar beveel dat Phiyega moet toesien dat kol. Roos in ʼn soortgelyke pos aangestel word as die pos wat hy voorheen beklee het. Roos was hoof van die interne-ouditafdeling van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid voordat hy eensydig deur Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, na ʼn ander afdeling toe verplaas is.

Die hof het verder beveel dat, indien daar nie in dié eenheid ’n pos vir Roos beskikbaar is nie, hy as alternatief ’n soortgelyke pos in die SAPD aangebied moet word. Kol. Roos is egter steeds nie in ʼn soortgelyke pos as sy vorige pos aangestel nie.

“Die nasionale kommissaris sal kragtens vandag se uitspraak in ’n ope hof moet verduidelik waarom sy Roos nie binne die misdaadintelligensie-eenheid wil aanstel nie terwyl ’n vakante pos vir hom bestaan. Dit lyk asof die polisie ’n verskuilde agenda daarmee het om Roos se aanstelling in dié eenheid te weier,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, gesê.

Groenewald het gesê Solidariteit wil graag deur middel van die hofsaak toesien dat die onreg wat teenoor sy lid gepleeg is, reggestel word.

Klik hier vir vorige berigte oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JZ ·

Verseker hy het iets aan gekrap wat seker mense kriewelrig maak.

Drieks ·

Die hoofde van polisie gehoorsaam nie hofbevelle nie.
Hoe kan hul oor die polisie heers?
Daarom het ons geen polisiemag oor nie…… Skande van ons land ” Phiyega en Nhleko en zuma”

scalla ·

Al breek ek my nek om te sien hoe hardloop hul n 2,4 volgens vandag se koerant,onbevoegde aanstellings, jy moet kan doen voor jy kan beveel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.