Riah Phiyega nie geskors nie

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nasionale polisiekommissaris Riah Phiyega. Foto: Werner Beukes/SAPA

Nathi Nhleko, minister van polisie, het Woensdag in die parlement gesê Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, is nie geskors nie.

Nhleko wou nie uitwei oor Phiyega se toekoms nie. “Julle sal weet, net soos ek, dat die nasionale polisiekommissaris nie geskors is nie en dat enige besluite oor haar deur die president geneem word,” het Nhleko gesê. “Die proses word gereguleer deur die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens van 1995.”

Zuma het verlede maand aan Phiyega geskryf om haar ʼn kans te gee om te verduidelik hoekom sy nie geskors moet word nie hangende die uitkoms van ʼn ondersoek na haar geskiktheid om haar amp te beklee. Dit was ʼn aanbeveling van die Farlam Kommissie van Ondersoek in verband met die gebeure by Marikana waartydens 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is.

Nhleko het intussen gesê planne word gereed gekry om seker te maak dat die Farlam-kommissie se ander aanbevelings uitgevoer word, waaronder die totstandkoming van ʼn paneel van kenners om die polisie te help om die manier te verander waarop hulle gewelddadige optogte hanteer.

Nhleko het gesê die paneel sal ná die samestelling daarvan 12 maande hê om sy werk te voltooi en ʼn verdere drie maande om ’n verslag vir die minister voor te berei. Nhleko het gesê die koste om die paneel saam te stel en hul ondersoek sal sowat 1% van die polisie se begroting van R76 miljard behels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann Marx ·

Deksels!! NIE geskors NIE? Nee man….Nou moet sy elke dag haar uniform aantrek, haar verworwe medaljes aanspeld, en in haar kantoor gaan sit vir haar maandelikse salaris? En dit terwyl al haar maatjies by Eskom, SAL, Poskantoor, SABC, Prasa, Spoornet, ens. by die HUIS kan bly vir hulle maandelikse R100 000,00 of meer?…..Life’s not fair.

Anti-Haas ·

Ja Johan, die ANC kyk na hul mense. Stortkop Zumpies is seker bang iemand krap in sy verlede as hy haar afdank. Ek sal net graag wil weet wat die aanbevelings van hierdie paneel van “kenners” gaan wees oor hoe om gewelddadige optogte te hanteer????
Hoop hulle doen so ‘n oefening waar die “kenners” staan en dan storm daar net 100 met messe, pangas en knopkieries op hulle af met volle geweld. Graag dit op video wil sien hoe hulle dit gaan hanteer……….

Weskus Kreef ·

Sal net graag wil weet hoe hierdie panel van “Kenners” die tegniek wil verander met gewelddadige optogte.
Hoop hulle doen eers self ‘n oefening waar net 100 betogers met messe,pangas en knopkieries met geweld op hulle afstorm. Sal graag video wil sien hoe hulle dit hanteer.

Susann de Beer ·

Hulle moet maar weet ons is nie stupid soos hulle nie en God slaap nie!!!

Pendoring ·

Is daar enige lesers wat gedink het dit sou anders wees?

ELSABE ·

Haai het julle dan gedink sy sou geskors word!!!! Siek land!!!

Miemie ·

Ons Zulu Pres. Zuma moet dalk besef hy is net dit, ‘n President, nie ‘n koning in die land nie. Sulke besluite kan en mag nie deur hom geneem word nie, Maar nou ja, niemand het enigsins enige ander besluit verwag nie.

Werner ·

Eish! 1% van 76 Miljard ??? Iemand moet altyd skatryk word. Dis mos hoe dit werk as jy monopoly speel.

scalla ·

Korrup, van bo af, wonder wat is haar tyd met die 2,4 km fiksheidstoets

Theresa ·

Dis hoe dit gaan as jy mense net aanstel met geen ondervinding of opleiding vir die posisie wat hul beklee nie. En dit is hoekom alles ten gronde gaan. En dit kan die breinloses nie vir hulself uitdink nie. Skors of nie geskors. Hulle kry steeds die vreeslike salarisse en al die pap val op die grond…………………………………

humor ·

Miemie, om te besef moet daar n mate van verstand wees. Hoe dink jy dan nou????

Rikku ·

” Die President moet besluit ” Watse President ? Ons het nie ‘n President nie !!!
100% seker , hier gaan niks van kom nie.
Sy sal seker nog ‘n Verhoging kry.

Johan ·

Sy gaan net ge-redeploy word. Aftree joppie met dieselfde pay. Zupies is mos soos vader Xmas.
Handouts is sy leuse. So veel as moontlik.
Die 6miljoen belastingbetalers word aanmekaar gelooi om sy en sy cronies en die mense wat hulle manipuleer om vir hom te stem se lewens standaard bo te hou.
Siek gemors waarin ons ons self begewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.