Rian groet dalk nié

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Die omstrede JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het Donderdagoggend gesê hy gaan moontlik nié dié radiostasie verlaat nie.

Van Heerden het in Julie verlede jaar gesê hy gaan einde 2016 die stasie as die aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.

Die stasie het egter einde verlede jaar in ʼn verklaring aangekondig dat hy nog vir ʼn rukkie as omroeper gaan aanbly om ʼn rits projekte te voltooi.

Nadat Gavin Meiring, JacarandaFM se programbestuurder, Van Heerden Donderdagoggend direk gevra het of hy nie eerder die besluit om die leisels oor te gee wil heroorweeg nie, is die stasie oorval met versoeke van luisteraars dat hy by die stasie moet aanbly.

JacarandaFM het in ʼn verklaring gesê dié oorweldigende reaksie deur luisteraars het hom nou besluiteloos gelaat en hy oorweeg om sy bedanking terug te trek.

Van Heerden sal na verwagting Vrydag tydens die Complimentary Breakfast-program aankondig of hy wel by die radiostasie gaan aanbly.

Luister hier na ʼn klankgreep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Lucas ·

Bly asb by Jakaranda Riaan anders kry jy dalk pos by stasie waarna ons nou luister en moet ons weer skuif!!!

Rin ·

Daar is regtig net mooi niemand so entertaining soos Rian nie. ASSEBLIEF bly

Kellies ·

Rian se gesig lyk soos n “Bicycle”. As jy hom sien dan wil jy hom trap.

Rin ·

Daar is regtig net mooi niemand so entertaining soos Rian nie. ASSEBLIEF bly

Piet ·

N agtermekaar kerrel voorwaar. Waar le jul prioriteite? Sal seker weer geboikot word. So what, dit verander niks

Wim ·

Ek het nou weer gehoop om weer te begin radio jacaranda luister..

anneli ·

as ek dit nou nog ooit oorweeg het om weer jacaranda te luister is my antwoord bevestig. as rian bly, bly ek maar by my huidige ander radio stasie

Sê maar net ·

Wou ek ook nou net sê. As hy net sy ry wil kry dan kan mens weer na Jacaranda luister.

Rene ·

Moet nie eers probeel na Jacaranda oorskakel nie. Ongeag of Rian ry of gly.
Die musiek wat hul speel in oorvloedig in die guns van Afrika kultuur

Willem ·

Rian is puik en het klas…..Ek is bly as hy besluit om te bly en ek is bly die mense hier bo praat van n ander ou “Riaan” en nie Rian nie……

Tanya ·

Ek stem met jou saam Willem. Ek is ook bly hulle praat van Riaan en nie ons Rian nie. Rian moet asseblief nie die stasie verlaat nie. Daar is net niemand wat sy plek sal kan vul nie.

Carin Williams ·

Asb Rian moet ons nie verlaat nie. Dis hoekom ek Jackaranda luister innie oggend.
Dit gaan gladnie meer dieselfde wees as jy nie daar is nie.
ASB ASB ASB ASB ASB………….
Moenie gaan nie, jy is GREAT EN AWESOME.

Genoeg ·

Ag nee Rian, ja, nee, dalk, miskien n defenite maybe. Maak jou mind op en bly daar by.

Uys ·

Ek luister al jare lank nie meer Jakaranda nie
Hul speel nie my musiek smaak nie en praat beslis teveel Brits
Ek luister PretoriaFM
Wat n puik stasie

Annelie ·

Tyd vir nuwe bloed, Rian hou nie daarvan as mense verskil van sy opinie op radio nie – daar is net een opinie en dis syne. As jy se jy tree af, tree tog af.

Benito Odendal ·

Hy doen goeie dade en ek respekteer hom en sy span maar ongelukkig luister ek lankal nie meer na Jakaranda nie omdat ek nie hou van sy manier om mese te verkleineer as hul nie saam sy lewenswyse of opinies stem nie….sy private lewe en persoonlike voorkeure het NIKS met my as ‘n luisteraar uit te waai gehad nie…….jy maak nie jouself beter as jy ander moet vergat om jouself kredietwaardig te maak , of beterte te laat lyk nie !!!…….persoonlik hou ek niks van sy styl nie en dus was dit my keuse om nie na sy gemors te luister nie……hy het soms met die mees fantastiese redenasies vorendag gekom net om dit met sy persoonlike sake te vermeng en dan te laat faal !!!……..sterkte vorentoe !!!… ekke gaan Jacaranda en hul ” vercommonisering ” van als wat blank of Afrikaans lyk of ruik gelukkig nie miss nie !!!……enjoy !!!

Rooiman ·

Ek stem heelhartig saam. Hy is die een rede waarom ek nie na Jacaranda luister nie. Gaan nie my ore en lewe met die gemors wat hy kwytraak besoedel nie.

Wilsie ·

Die oorweldigende versoek het seker van al 10 hulle luisteraars gekom.

Johann ·

Klink vir my asof dit maar weereens niks anders as n welbeplande PR wip is wat Jacaranda pleeg nie? En wie wil hulle in die wip vang…met Rian as lokaas? Wel presies dieselfde mense.wat tans kies om na hom.te.luister…en die wat kies om.NIE te.luister nie om.steeds.NIE te.luister nie? Bloot my waarneming…

sharon ·

Dankie Rian maar jy gaan nererns nie!!!! daai job wat jy het is jou voorland!! en ons mense het jou nodig! dit is jou roeping!! en terloops! jou omroepers saam met jou ons waardeer elkeen van julle….dankie vir al julle vroeg opstaan ini ogende om ons te vermaak vir die dag !! en julle harde werk ens kom ons drink n BELLS op julle

willie ·

Of die agtermekaar rian nou bly of gly, hy en hul afrikamusiek en britsetaal het my lankal verlaat! Hulle kan nie eers meer 94,2 Jakaranda in afrikaans sê nie! Soos iemand reeds gesê het netnou gly hy na ñ ander luisterbare stasie!

Anden ·

Asb Rian, moenie dat die mense jou laat afsien van jou planne nie. Hulle is net selfsugtig. Dis tyd om aan te beweeg. As jy kan, beweeg sommer oorsee asb. Ons het oor as genoeg libtards in ons land en elke een wat die pad vat help ons geweldig baie.

Rooiman ·

Haha. Ek is mal daaroor as ek sy stem oor die radio hoor, dan kan ek die radio afskakel! Hy moet dalk “country” begin sing…. in n ander “country”.

Annette Groenewald ·

Asb Riaan bly net daar, gaan jou mooi stem te veel mis!

Michelle eybers ·

Gelukkig bly ons in Potchefstroom en vang nie jakaranda op nie… Rian is n boelie wat sy menings op almal wil afdwing!

Sussa ·

Het 24 jaar gelede nog na jakaranda geluister hier in kzn maar met sulke omroepers soos agtermekaar Rian nee dankie luister liewers ‘n Afrikaanse CD in my voertuig.

barend ·

rian mmmm dink nie baie van hom nie ,en luister glad nie na daai radio stasie ,dit pla my glad nie

Anell ·

Asb bly by jacaranda want hulle het elk geval uit bus geval. Ek luister Na twee ander stasies. Gelukkig stel hul net kwaliteit aan, so ek breed darem nie dat hy sy opwagting daar gaan maak. Rian se godslastering tesame met sy swak sin vir humor en dat hy dink hy is ‘n klein god het my jacaranda laat vaarwel roep. Wens die jare van ‘Jakaranda’ terug

Stefan... ·

Ek het werklik gehoop dit was die laaste van ou Rian… ek is al so moeg vir hierdie en ander vooraf beplande tricks wat hulle so toevallig laat klink op die lug, weet nie wie wil erger wees Rian of Martin Bester nie… Regtig Rian sluit jou omroeper dae op `n hoë noot af. Asb!! Genoeg!!

Dirk01 ·

Pos die lot asb , dit maak mens gek as hulle op iets wag en almal saam skater……..voorspelbaar en rian se grappies ook same old story . Hy verbeel hom onnodig . Dalk mis hy n nuwe liefde

heksie ·

RIAN moet BLY!!! Die enigste persoon wat n ding se soos hy moet – eerlik en opreg. En sy se-goed maak mens se “af” dae sommer baaaaaaaie beter!!!! Jakaranda is TOPS met hom op die lug…..genoeg van suurknolle en skynheilige mense

Gerrit ·

Die wat van Rian hou sal bly wees as hy nog aan bly. Die suurknolle kan maar by hul stasies bly. As Rian af is, kan ek maar my radio by die venster uitgooi.

Tinktinkie ·

So is elkeen geregtig op sy mening!!! Ek sê bly asb Rian, dink net hoe afgesaag dit sou wees as hy met almal saam stem!!

TM ·

Ek het net een vraag vir die mense wat kla hulle luister nie na Jacaranda omdat Rian daar is. Is Rian 24 uur aan diens en doen hy al die shows van die more tot die aand? Hy is net 3 ure op die lug. So julle kan nog steeds Jacaranda luister vanaf 9 uur die oggend tot 6 uur die volgende oggend en dan oorskakel na iets anders. Heel eenvoudig.

Mario ·

Dis baie eenvoudig, ek het geen respek vir n radio stasie wat so n self gesentreerde boelie toe laat om mense te boelie voor miljoene mense nie… as jy wil luister na so n radio stasie is dit jou keuse… ek het die besluit geneem dat die man en die radio stasie se waardes te laag is om na te luister… so ek luister nie na hulle nie…

Nellie ·

Ek gee nie noodwending om of Rian bly of weggaan nie, maar as hierdie hele “apologies in advance” veldtog net ‘n publisiteitsfoefie was, dan onderskat Jacaranda duidelik hulle luisteraars se kollektiewe intelligensie. As Rian nou sy bedanking terugtrek, sal hy baie mense se respek verloor – want dit beteken hy neem besluite suiwer met sy ego. En as dit duidelik word dat dit alles vir publisiteit gedoen is, sal Jacaranda moontlik skade ly – al dink ek nie hulle gee noodwendig om om ‘n klomp luisteraars te verloor nie. Kom ons kyk maar wat gebeur.

Elize C ·

Ek stem saam Nellie, dit gaan ‘n swak publisiteits-foefie wees as dit blyk alles net ‘n opgemaakte storie was. Wat wil hulle bereik daarmee? Ek ken net nie dink dat Rian maande gelede al bedank het, net om te bly nie. Verseker moes hy reeds ‘n ander aanbod iewers aanvaar het en ‘n werks-kontrak onderteken het, VOOR hy bedank het, hy kan dit mos nie net ‘n dag voor die tyd kanselleer nie, DAN gaan hy sy naam behoorlik met ‘n plank slaan!

lorayne ·

Rian jy sit die smile op my dail elke oggend! ek raak nie eers meer moerig vir die taxi’s nie!

Nadine ·

Bly Rian!!!! Laat die mense bietjie dink oor dinge waarop hulle reeds hulle opinies gevoem het en gefinaliseer het!!!!! Love die show en die hele span werk so goed saam!! ‘n wenresep!!!!

Eurika ·

Mal oor jou Rian. Jy praat sin, altyd netjies, hoogs intelligent…Jou seksuele voorkeure het boggerol met my uit te waai nie. Voorspoed vir jou.

Mediakenner ·

Laasjaar het ek al gedink dit is net n bemarkingsfoefie van Jacaranda toe hulle hierdie groot aankondiging maak. Onetiese bemarking Jacaranda, en party van ons weet dit. Dit kan julle terughap.

Esther ·

Daar is regtig iets wat ek nie kan verstaan nie. Hierdie land is by n keerpunt en ons het God se genade soooo nodig soos nog nooit tevore nie. Ons moet God se aangesig opsoek en ons verootmoedig voor die Koning van alle Konings, maar wat wat doen ons in plaas daarvan….? Ons vereer en eer n man wat God op soveel kere verloën en sleggesê het. Mense stuur hom boodskappe hulle kan nie radio luister as hy nie deel is daarvan nie. Dis n man wat op n show gesê het: as da n God is wat gays veroordeel wil ek nie so God ken nie… Is dit die tipe mens wat “ons” aanhang? Dit maak my hart seer as dit die standaard is wat ons het?

Adam ·

50% van die NG kerk het ook al gays aanvaar en dit is ‘n getwis met versies uit die bybel. Wat is jy/julle so behep met gays, maar aanvaar Dawn sindroom sonder enige baklei? So om jou verbeelding te gebruik en beweer dit is ‘n god se woorde/seining is mos mal?

chris ·

Ek dink nou net daar aan. Dis dalk n bemarkingsfoefie. Maar April die 1ste is ook naby met al die grappe

Mediakenner ·

Jy is reg, dit was al die tyd n bemarkingsfoefie, oneties daarby.

Mario ·

Rian Van Heerden is n self gesentreerde man wat niks omgee vir niks en niemand… die manier hoe hy met mense praat oor die radio stasie is haaglik (ek kan nie glo mense aanvaar dit net nie). Hy het geen respek vir niks en niemand nie…die ergste van als is dat mense dit aanvaar as deel van sy persoonlikheid hy is die rede dat ek n tydjie terug besluit het dat ek glad nie meer Jakaranda luister nie… Hy staan vir als waarvoor ek nie staan nie! Hulle moet vir hom ook n eenrigting kaartjie Mars toe skenk dat hy die mars mannetjies gaan vermaak…

Riansemaat ·

Rian cruywagen wat altyd die nuus aangebied het…hy gaan langer op TV en radio bly.

Someone ·

Het lankal oorgeskakel na Bosveld Sterio. Puik afrikaanse radiostasie

Ben ·

Of die man bly of ry, dit pla my geensins. Nadat Scott by die stasie “weggejaag” het ek nog nooit weer na Jacaranda geluister nie. Ek het op ‘n stadium weer probeer maar Riaan se optrede en uitsprake en die manier wat hy oorkom staan my nie aan nie. Ek en hy glo nie dieselfde nie en wil ook nie hieroor kommentaar lewer nie. Wat hy op Kyknet soek weet net Meiring.

Flintstone ·

Aggenee!Ek het so uitgesien na daardie dag!Sy lasterlike opmerkings het minagting en nie bewondering gebring soos hy verwag het nie.

MM ·

Bly asb Riaan! Ek en my verloofde geniet jou baie! jy het ‘n baie skerp humorsin. ja stem nie altyd saam met alles wat jy se nie. maar jy se baie dinge wat meeste van ons dink maar te bang is om te se. En boonop is jy net so groot Cheetah fan!!!

Rian ·

Nee wat Rian, jou warm rotsie wag vir jou pel. Asseblief vervang die hele span sommer, as mens jouself so doodlag net omdat hy se goeie more dan weet ek nie. Ek wens ek kan n grappie vir die lot vertel, dan sal ek seker die snaakste persoon ooit wees.

christine ·

Rian bly asseblief – jy is awesome. Asseblief gaan net nerens nie

Leon ·

Ai tog, julle moet tog nie so lelik met Riaan’tjie wees nie. Hy is dan so ‘n goeie mensie………………..nog net uitvind waarvoor!

Katrien ·

Julle ontspan…more is 1 April…Aprilfoolsdag!! Rian, jy kan maar regtig bly, ons is mal oor jou. Sien, nou voel almal beter

ursula ·

hy maak my dag luister net na hom en sy span
bly asb
jy sal n ou vrou se hart bly maak

Cecili ·

RIAN IS DIE BESTE!!! IS NET JULLE MENSE WAT NIE DIE WAARHEID KAN HANTEER WAT NIE VAN HOM HOU NIE!! HY SE ‘N DING SOOS DIT IS EN DIT MAAK PARTYKEER SEER MAAR IEMAND MOET DIT DOEN!!!

Teresa ·

Rian is enig in sy soort en skroom nie om prontuit te gesels, regtig van die min mense gemaklik in sy vel en dan nog baie skerp ook! En as die ‘n April gerappie is, is dit ook goed want nou kan Rian goed voeloor al die mooi positiewe dinge wat mense oor hom dink!

Sarie ·

Rian maak nie Jacaranda nie so of hy nou bly of gly,maak geen verskil. Ek luister na Jacaranda vanaf 9 uur net nadat hy sy gly gekry het. Ek luister nie na hom nie omrede hy christenskap, sy grootword jare, sy tuisdorp en ander mense afbreek. Hy het geen waardes of respek as dit kom by sy medemens. Dit is net jammer dat Jacaranda onder sy slegte naam moet deur loop.

Magda ·

Different strokes for different fokes. Ek LOVE Rian van Heerden van Jakaranda. Ek sien daar’s mense wat nie kan spel nie wat nie van Riaan hou nie. Riaan wie????

RITA ·

Baie dankie Rian dat jy besluit het om te bly. Moenie jou steur aan negatiewe mense nie… Die “omgee radio stasie” noem ek julle. Jy weet hoe om n mens se dag te maak. Ek is so jammer ek kan nie na jou luister by die werk nie want die opvangs is baie sleg. My radio by my huis ken geen ander stasie nie. Hou so aan met die goeie werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.