Rian groet nié nou nie

Rian van Heerden (Foto: Facebook via Rian van Heerden)

Die omstrede JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het Vrydagoggend gesê hy gaan nié einde vandeesmaand die radiostasie verlaat nie.

Dit volg nadat Van Heerden in Julie verlede jaar aangekondig het hy gaan einde Maart die stasie as die aanbieder van die Complimentary Breakfast-program verlaat.

JacarandaFM het Vrydagoggend in ʼn verklaring gesê die stasie se programbestuurder, Gavin Meiring, het sy arm gedraai nadat hy hom gevra het om nie die leisels oor te gee nie.

“Rian was baie verbaas en huiwerig, maar het uiteindelik besluit om oproepe van luisteraars te neem sodat hulle hul sê kan sê. Hy het ʼn dag beraadslag en toe besluit hy het nog ʼn paar dinge om van sy wenslysie af te tik en gaan daarom nog ʼn rukkie langer bly,” lui die verklaring.

Meiring sê die hele JacarandaFM-stasie is verheug dat die omroeper nog nie die radiogolwe vaarwel gaan roep nie.

“Ons is baie bly oor sy besluit. Sy handelsmerk wat bestaan uit omstrede, snaakse en emosionele inhoud gemeng met goeie musiek is wat hom een van die gewildste omroepers in Gauteng maak,” het hy gesê.

Benewens dié nuus het die stasie ook aangekondig dat Kriya Gangiah voortaan op Maandae tot Vrydae tussen 19:00 en 22:00 op die lug gaan wees. Mmasea Petje gaan tussen 04:00 en 06:00 Breakfast Extra-program aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Johann ·

Hiers my waarneming: so Rian se werk is soos n flikkerlig…aan…af….aan…af….aaan…af….aan. Rerig? Hoeveel publisiteit KAN een mens WIL hê? Erger as die van Jaarsvelds! Miskien moet Rian sommer saam met Bobby en Karlien sy koene gaan soek.

vlakvark ·

Kan iemand vir my se waar sou Rian gegaan het of wat sou hy gedoen het as hy bedank het?
Almal praat al lank oor sy bedanking maar niemand weet wat hy sou na dit doen nie.

Mossie ·

Dis hoekom ek sê die hele ding is beplan, hulle het publisiteit gekry en ons almal vir die gek gehou. Hy was nooit van plan om te gaan nie

what a pity ·

wat n jammerte dat hy bly. ek het opgehou om jacaranda te luister toe hy nog saans uitgesaai het met sy neerhalende uitlatings teenoor die AFR sprekende blankes as of hy iets anders is. ek hoor in elk geval jacaranda het nou geen omroeper wat die inskakel were maak nie.

Johnny ·

En wie sou oorneem by hom? Is daardie omroeper nou oorbodig?

hanna ·

Goeie More sjoe al wat ek kan se is dat ek wens dat Rian nooit weg sal gaan nie. Ek gaan hom baie mis, en glo my ek het en lag nog steeds klip hard al te lekker vir hom. Wat n merkwaardige mens. Goeie hart. En n baie mooi persoonlikheid. En die beste sin van Humor, Rian jy is skerp. En ek gaan jou verskriklik mis wanneer jy wel weg gaan.

WW ·

Ek is met jou Hanna! Al die ou suurknolle moet maar OFM gaan luister. Rian ruil ek vir niks.

Renata ·

Great besluit Rian of dit nou vir publisiteits was soos die ou suurknolle se of nie. Jy is n fantastiese omroeper en doen uitstekende werk! …. jaloesie was nog maar altyd n lelike ding!

Michael ·

Stem ek kyk eerder ‘n Bull’s game as om na Rian te luister

Mossie ·

Dis so duidelik soos daglig dag die hele ding beplan is… Jakaranda en Rian dink regtig nie veel van hulle luisteraars nie.

AP ·

Ek hoop net hul musiek kan verbeter , en kompetisies , van die slegste wat ek van weet .. eintlik baie vals !! Luister maar Mix FM .. baie beter.

Oupa Neels ·

Ag dankie tog jakaranda nou is ons seker dat julle met hom opgeskeep sit. Ons kan dan na die ander stasies luister.

Nellie ·

Nou toe nou. Rian – is jy nou happy met al die aandag? Ego gestreel? Jacaranda – ek lei uit berigte en kommentare af dat daar meer mense is wat dink julle grappie / foefie val plat. Sterkte.

Seblief ·

Ekt juis van stasies verander om ontslae te raak van hom. Laat hy net daar bly. Jakaranda kort seker getalle….en hy aandag…..intussen neuk politici ons land op en ons bekommer oor n gay radio omroeper?????Waar is ons prioriteite nou eintlik???!!!!!

Chivogo ·

Seblief – presies waar joune is, nie waar nie? Ons lees dan nou dieselfde berig. En ja, die land brand maar wat gaan ons daaromtrent doen. Hoes teen donderweer sê ek jou.

Alicia ·

Jippeee. baie goeie nuus! Geniet jou spitsvondigheid Rian :-)

S ·

Nou moet ons nog langer gestraf word met sy anti-Afrikaner, anti-heteroseksuele, liberale en anti-konserwatiewe retoriek.

Ruby ·

Shame, ek kry baie van julle regtig jammer. Jaloesie is ‘n lelike ding.

Rian is skerp, vol humor met ‘n hart van goud.

Is hy gay…ja, en? Wat tussen elkeen se lakens gebeur is hulle saak, werk aan jou eie kaskepades.

Stem ek met alles saam wat hy sê…nee. Jou man/vrou is ook soms verkeerd maar jy bly lief vir daardie persoon.

Gaan hom beslis mis, dit gaan hierdie laaste 3 maande ekstra spesiaal maak.

natasha ·

Ek is sooooo bly Rian bly aan. Hy is awesome. Ek is mal oor hom. Almal kan nie van almal hou nie.!!! Ek geniet sy program. Hy weet net hoe. As hy gaan, gaan die program maar vaal en vervelig wees. Ek hoop hy kan lewenslank aan bly. Jy is die beste Rian.

Batman ·

*Gaap* Regtig gehoop hy loop en kry klaar. *Sug* Dom April fool grappie!

Vlooi ·

Hy hou van Al die aandag siestog, dis erg om dit deur die media te soek.

Izak ·

Almal wat so teen Riaan is volg tog sy doen en late slaafs, baie snaaks, hou so aan, julle maak my dag.

Johan Vorster ·

Ek het gedog ons kan nie slegter nuus kry na JZ se skommeling nie, maar toe besluit die, amper se ek iets lelik, verwaande aandag soeker hy bly, baie slegter nuus, & dit nog so voor die na-week. Ek hoop tog net nie hy is met n verhoging gelok nie, want hy is in elk geval nie werd wat hulle hom betaal nie. Swak skuif van Jac 94.2

anneli ·

stem ook dis n april fool grappie, maar daar is van sy mede aanbieders wat al net so vlak gedaal het soos rian, hy kan altyd so neerhalend praat en dan skreeu die ander van lag, ek het ni tyd vir hulle nie. ek luister lekker na RADIO KRAGBRON, suiwer Afrikaans.

Ockie ·

Rian het dmv sy baie spesiale persoonlikheid en met die uiters innoverende planne wat hy telkens voorendag mee kom,al derduisende rande ingesamel om n verskil te maak in die lewens van ernstige siek mense en ander minderbevoorregtes,uit alle vlakke van ons samelewing.Julle mense wat hom so afkraak,wat het julle al gedoen om die lewens van julle medemense te verbeter?

Ronell ·

Ag nee, waar val jy uit. Rian in sy persoon doen nie die goeie dade nie, ook nie uit sy eie sak nie. Al die goeie dade en geld word voorsien deur ander samaritane, hy woeker met hul goedhartigheid. Die good morning angels is ook deur Darren Scott in die lewe gebring, Rian het dit net gekaap. Enige persoon wat ook sy/haar sout werd is, loop nie te koop met enige goeie daad wat hy/sy doen nie.

thea ·

ag n nee, moet nou ernstig na n ander radio stasie soek. so moeg vir Rian en Diane se liberale denke. dit is glad nie lekker om na jacaranda te luister nie, bitter min afrikaanse musiek

AJK ·

Wie beheer al die klakouse se radios ? Daar is nog baie stasies om na te luister. Julle verstom my dat julle so op hoogte bly van Riaan se doen en late. Sterkte Riaan !

Tan ·

Het lank saam met Riaan gewerk toe hy ‘n klerk was en hy het geensins verander nie. Het nog al sy woema en byt. Ek geniet dit om werk toe te ry in die oggende, want hy maak my dag. Sterkte…..

Hesté ·

Sjoe mag die son nie oor ander skyn nie. Almal wil ‘n eier lê as jy niks goed kan sê nie bly eerder stil. Rian sterkte vorentoe. Alles wat mooi is.

JP ·

Yippeee!!! nou is Bosveld 107.5, Radio Pretoria en lekkerFM 98.3 veilig vir ons gesin en vriende

Cheryl ·

Stem saam al die positiewe sé goed… You go Rian MAL oor jou jy weet Wat jy doen daarom doen die mense als in hul vermoé om jou te laat by!!! Jy laat my altyd lag Dan dink die ander motoriste eks mal ek lag vir myself hahaha!!! Die suurknolle moet gaan slaap net jaloers dat hul nie so sprankelende persoonlikheid het nie… Geniet jou altyd

Piet ·

Rian is baie arrogant en probeer ten alle tye om so polities korrek moontlik te wees nee ek bly by bosveld stereo dankie.

Johanna Botha ·

Die tye wat ek al geluister het kon ek nog net agterkom hoe baie hy vir mense al gedoen en gehelp het met fondsinsamelings etc …baie meer goed as kwaad en dis wat ons nodig het …nie ou suur pruime wat al gis en alles versuur nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.