Die omstrede JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden keer einde vandeesmaand terug na dié radiostasie as omroeper van die middagprogram.
JacarandaFM het Dinsdagoggend dié nuus op sy webwerf bekend gemaak.
Van Heerden sal vanaf 31 Julie weeksdae tussen 16:00 en 19:00 terug op sy pos wees.
Die nuus volg nadat die omroeper in Julie verlede jaar aangekondig het dat hy die radiostasie as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program gaan verlaat. Van Heerden het egter dié program tot einde Junie vanjaar aangebied.
Kevin Fine, die bestuurder, sê dit is “wonderlik om Rian terug te verwelkom”.
“Om twee bekroonde aanbieders te hê vir die oggend- én middagprogram sorg vir ʼn goeie aanbod vir luisteraars en adverteerders,” sê hy.
Van Heerden sê luisteraars kan van einde Julie uitsien na groot dinge tydens die Afternoon Drive Show.
“Ek is dankbaar om terug op die lug te wees by JacarandaFM. Radio is in my bloed, en ek het besef ek is gans te lief vir die stasie se luisteraars om sommer net weg te loop. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie, want dit is my huis,” het hy laat hoor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
71 Kommentare
Dankie tog hy doen die middag show en hoef nie na hom te luister nie…..
Vandat Rian weg is het kon ek net 2 dae luister en kon toe nie meer. Dalk sal ek weer Jacaranda in die middae luister…. Welkom terug Rian
Bly hy is op n tydgleuf wat ek nie luister nie. Het ophou luister toe hy in die ogende aan gebied het want hy het geen respek vir ander en dink te veel van homself en probeer sy opinie regverdig baie ander.
Waarheen gaan Barney dan???
Van hy weg is sit ek nie eers my radio in oggende meer aan nie die Ander irriteer mens net so dalk sal ek nou luister terwyl ek in aande kook dankie jy kom terug dit is jou huis