Rian keer terug na JacarandaFM; dán weer op die lug

Rian-van-HeerdenDie omstrede JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden keer einde vandeesmaand terug na dié radiostasie as omroeper van die middagprogram.

JacarandaFM het Dinsdagoggend dié nuus op sy webwerf bekend gemaak.

Van Heerden sal vanaf 31 Julie weeksdae tussen 16:00 en 19:00 terug op sy pos wees.

Die nuus volg nadat die omroeper in Julie verlede jaar aangekondig het dat hy die radiostasie as aanbieder van die Complimentary Breakfast-program gaan verlaat. Van Heerden het egter dié program tot einde Junie vanjaar aangebied.

Kevin Fine, die bestuurder, sê dit is “wonderlik om Rian terug te verwelkom”.

“Om twee bekroonde aanbieders te hê vir die oggend- én middagprogram sorg vir ʼn goeie aanbod vir luisteraars en adverteerders,” sê hy.

Van Heerden sê luisteraars kan van einde Julie uitsien na groot dinge tydens die Afternoon Drive Show.

“Ek is dankbaar om terug op die lug te wees by JacarandaFM. Radio is in my bloed, en ek het besef ek is gans te lief vir die stasie se luisteraars om sommer net weg te loop. Ek het probeer, maar ek kan nie radio los nie, want dit is my huis,” het hy laat hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Deloris ·

Dankie tog hy doen die middag show en hoef nie na hom te luister nie…..

Se-maar-net ·

Vandat Rian weg is het kon ek net 2 dae luister en kon toe nie meer. Dalk sal ek weer Jacaranda in die middae luister…. Welkom terug Rian

Lande ·

Ek stem saam met Se-maar-net. Kan ook nie meer na die oggend gleuf luister nie….ek mis vir Martin in die middae en vir Rian in die oggend. Dit was ‘n wen kombinasie…..

Afrikaanse Knaap ·

Vandat Riaan weg is vang ek myself ook dat ek nie meer radio luister in die oggend nie.
Daars niks fout met Martin en sy assistant nie, ek dink net ek kan myself makliker met Riaan vereenselwig.
Sy teenwoordigheid in die middae sal verseker dat ek weer radio begin luister in die middae, want dit het ek ooit nooit gedoen nie.

Jannie ·

Bly hy is op n tydgleuf wat ek nie luister nie. Het ophou luister toe hy in die ogende aan gebied het want hy het geen respek vir ander en dink te veel van homself en probeer sy opinie regverdig baie ander.

Lorieka ·

Van hy weg is sit ek nie eers my radio in oggende meer aan nie die Ander irriteer mens net so dalk sal ek nou luister terwyl ek in aande kook dankie jy kom terug dit is jou huis

DD ·

Ek stem Lorieke. Het ophou luister toe Rian weg is. Nou gaan huis toe tyd eers lekker wees. Die vraag is net – kon Rian nie sonder Jacaranda nie of het die syfers so gedaal dat Jacaranda bereid was om te betaal om hom terug te kry.

Sandy ·

Stem saam Lorieke en DD, wens hul kan vir Rian terug kry op die oggend show

E.K. - ek sê net! ·

Jippieee! Welkom terug aan die no-nonsens ou! Ons lief jou Rian!Jy is anders en reguit en draai nie doekies om en dis hoe dit moet wees. Dis elkeen se keuse of hy na jou wil luister of nie , so die wat nie wil hoef nie in te skakel nie.

Thea ·

Welkom terug Rian!! Eks bly Jacaranda het besef hulle het jou nodig nou sal ek weer radio luister!!

Daan Erasmus ·

Welkom terug. Maar dit is beter in die oggend. Die man het die manier om ‘n oggend interessant te maak.

mars ·

Dit is rerig baie goeie nuus! Rian is talentvol, baie spitsvondig en boonop intelligent ook. Welkom terug.

Marlie De Ridder ·

Dis die beste nuus OOIT! Ek kan nie onthou wanneer laas ek so opgewonde was om weer my radio aan te skakel nie. Ek het die hele Julie in stilte heen en weer gery want Rian voel vir my soos familie. Die ander omroepers en stasies kan dood eenvoudig nie Rian se leemte vul nie. Welkom terug Rian! Het jou vreeslik gemis!

TM ·

Ek is bly dit is die middag. Daar is absoluut niks in die middae om na te luister nie.

Sê-maar-net ·

Ek hoop dit is ‘n “April fool’s joke” in Julie…….

#Gerda ·

Baie bly Rian! Selfs my seuns het vandat jy nie in die oggend meer Jacranda se Breakfast Show aanbied nie, oorgeskakel na ‘n ander stasie.. Nou kan ons weer uitsien om die middag verkeer saam jou te luister! Fantastiese nuus!!

Pippa ·

….nou gaan die verkeer huiswaarts in die middae soveel minder pla

Michelle ·

Riaan jy is hoogs intelligent. Mense wat jou afkraak, is net jaloers

Cynthia Fourie ·

WHOOP WHOOP!!!! Vandat Rian en span weg is, het ek al 4 nuwe cd’s gekoop en luiter vir hulle sat, elke oggend! Martin en Tumi is nou maar net nie Rian nie. So opgewonde om dan saam met ou Rian “huis toe te gaan” in die middae!!! Dankie Rian , baie bly Rian is terug!!!

Grap net ·

En daar val al die CD verkope wat so goed begin doen het die Julie in SA ? hehe…

Henk ·

WERKLIK!!?? Ons is beslis nie so opgewonde oor die nuus nie. Baai Jacaranda

Theresa ·

Mos sy keuse om mind so baie te change! Suksesvolle baie netjiese knaap.

Carin ·

Luister glad nie meer in die oggend vandat Rian weg is.
Welkom terug Rian. Luister nou weer in die middag vanaf 31 Julie.

Thinus ·

GREAT NUUS! Ongelukkig is die oggend program nie meer wat dit was nie. Darem kan ons nou weer die radio op Jacaranda sit in die middae…..

Moeg-vir-Klakouse ·

Hou op kla…jy kan na ‘n ander stasie luister.. daar is baie…druk net die knoppie ….ek hou van hom …jy hoef nie…regtig daar is beter dinge in die lewe as om konstant te kla….?Jacaranda goeie besluit?Welkom terug Rian!

Clyvia ·

Dis is wonderlike nuus. Ek het hom baie gemis. Kan nie wag nie!!!!

Jackie ·

Hehe en gelukkig is jy nie die baas nie. Rian is tops. Hy is anderste en beslis nie vervelig nie

Irene ·

Dankie tog Riaan jy is terug nou kan ek weer na Jacaranda luister ek het jou baie baie gemis xxxxxxx

Lee ·

Bly jy kom terug. Baie jammer maar die oggend show is nes 94.7 so ek luister eerder CD’s. Plaas hulle jou weer in die oggend slot sit.

mars ·

Stem saam met jou Moeg-vir-Klakouse. Daar is ander radiostasies om na te luister vir diegene wat beswaard, ongelukkig en bekweld is omdat Rian terug is. Rian jy is briljant, dit is die rede hoekom jy terug is. Alles van die beste vir jou.

Ronel ·

Ag tog…..besluit tog net wat jy wil doen….wil jy bly of gly

k ·

Love Love Love vir Rian, so bly hy is terug . . . . trane gaan weer rol van lag in middag verkeer . . . . ☺☺☺

Lynette ·

Sjoe, maar die mense kan geniepsig wees! Vir dié wat hom geniet – luister en geniet gerus. Vir dié wat nie van hom hou nie – skakel af of skakel oor.

Nou so van die os op die jas – oor regte, redelike Afrikaans op radio/TV: is dit net ek wat sekere programme op Kyknet sommer maar wil miskyk oor die gemengde taal (Engels/Afrikaans) op dié programme? Soos bv. “Jou Show” en “Slank”, asook “Jy Geld” en die Groot Ontbyt? Dit is voortdurend woorde soos “amazing/stunning/show/ actually/eventually” en wat nog ook wat ingesmyt word in wat veronderstel is om AFRIKAANSE programme te wees. Agge nee sies man! Dit is dán wanneer my afstandbeheer oortyd werk om na ‘n ander kanaal oor te skakel of sommer af te skakel!

StilRadio ·

Vandat Rian en sy span weg is, is my radio stil. Die nuwe span is irriterend en kan glad nie by Rian kers vashou nie. Al is Rian terug in die middae is dit darem een rigting wat ons weer kan luister. Welkom terug Rian

Melt Olckers ·

O jene; is sy bedanking ook nou skielik langverlof? Ouens soos hy waat die rede is hoekom ek lankal nie meer radio luister nie.

Jan ·

Baie vol van homself en probeer altyd gekke maak van diegene wat van sy mening verskil. Ek dink dis bad news.

Shame ·

n Paar maande gelede toe die man weg was toe het baie mense gejuig van blydskap bykans niemand wou hom terug he nie en nou dat hy terug is nou is hy weer die beste.
Die denkwyse van veel mense bly maar n moeilike storie.

Thea ·

Hoeraaaaaa!!! Jacaranda julle het vir Riasn nodig!! Daai kind van Randfontein maak julle stasie deur en deur!

Esta ·

Ek is baie bly hy kom teug. Het een oggend probeer om Breakfast show te luister, maar dit was net nie dieselfde nie. Luister nou Groot FM.

heksie ·

Yippeeeeee!!!! enigste nice op die lug!! welkom terug – mis die oggende se se goed, maar beslis iets om uit te sien na in die middag.

Lettie ·

So bly Rian kom terug nou kan ek weer my radio op Jacaranda sit. Rian rocks!!!!!!!!!!!!!!

sê maar net ·

Alhoewel ek regtig baie van hom hou wil ek net noem hoe opmerklik dit is dat Martin se medeomroepers OOK ‘n kans kry om iets te sê. As Riaan op is kry geen mede aanbieder ‘n kans om iets te sê. Weet nie of hulle bang is vir hom OF hy net eenvoudig niemand anders ‘n spreukbeurt gee.

Boerseun ·

Stem saam met Henk,groet ook nou maar Jacaranda,nou gaan hy nog gemors op Kyknet ook aanbied.

Juan ·

As ek kyk hoeveel rian-aanbidders daar is dan word dit duidelik hoe ver my volkie in die moeras van progressiewiteit weggesak het. Wil of kan ons nie meer intelligente gesprekke voer nie-genadiglik kan ek op die internet na konserwatiewes luister wat nog die vermoee het om met logiese denke sin te maak van n wereld wat besig is om dit totaal en al te verloor. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op – dis al

Andre ·

@ Boerseun – heeltemal reg, van Heerden gaan soos jy sê, gemors op Kyknet aanbied. Weer ‘n program om die Afrikaner nog veder te verneder, maar daar is beslis ‘n segment onder ons wat nie genoeg van sulke snert kan kry nie. Dink net hoeveel aanhangers daar bv. is van Casper die Vries en ander soortgelyke karakters. van Heerden pas ook in daardie kraal.

Lulu ·

Sit hom asb terug op die breakfast show! Daai Tumi vrou se geskree en gekerm in die oggende het veroorsaak dat ek baie gou oor geskakel het na ‘n ander stasie!!! As Rian terug is, kan ek weer vir daai rukkie Jakaranda luister!

susan ·

Hoe voel dit om net te kritiek te lewer en te kla? Die ou laat mens dink en lag…

Rian bo ·

Baie bly Rian is terug – intelligente insette. Luister nou nie meer in die oggende na Jakaranda nie. Dis twee giggelende narre. Inhoud vlak en dis ‘n geraas. Hulle gesels met mekaar en bied niks vir die luisteraar nie. Tumi se sha sha irriteer my grensloos. Skakel nou oor RSG toe.

Batman ·

Ag herder! Gelukkig is daar ander radio stasies wat mens na kan luister. Die oggend show is nie veel beter nie. Sug…

N Lourens Reitz ·

Moeilik om te verstaan hoekom jy dit wat in Afrikaans gebeur ñ engelse benaming moet gee of altans in engels daarna moet verwys. nl: Jou “Afternoon Drive Show”

Belle ·

Ek kan nie verstaan hoekom mense lelik moet
wees, as jy nie n Rian aanhanger is kry n ander stasie om na te luister, en hou jou komentaar vir jou self.
Rian ek is baie bly jy kom terug Martin is n pragtige mens, maar ek het jou baie gemis. WELKOM TERUG!!!

riana ·

mis hom in die oggende ook maar gee nie om watter tyd hy terug is nie. Solank hy net terug is op die lug. Kyk hy maak n program mense kan net se wat hulle wil van hom.

Dankie Rian dat jy besluit het om terug te kom. Maar hulle moet Mams saam jou sit julle doen net die ding.

Carike Snygans ·

Ag NEEEEEEEEEEEEEEEE!!!!! Ek het n great tyd gehad met Rian van die lug af ? Wel 94.7 of Mix FM vir my in die middae.

Dovaz ·

Ou Riaan is a aandag soeker. Vir hoe lank het ons gehoor dat hy weg gaan. Het alles gedoen, Wou alles doen ens. Moet nie die onbeskoftheid vergeet nie. Nou weer terug. Genade tog! Hopelik nie vir lank nie! Dan hopelik gone with the wind for ever.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.