Rian laat evangelis warm onder die kraag

Rian van Heerden. Foto: Facebook

Rian van Heerden. Foto: Facebook

Die uitgesproke JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het ʼn Pretoriase evangelis en talle mense warm onder die kraag nadat hy vandeesweek ʼn stelling gemaak het oor gode se siening oor gays.

Rian het Woensdag tydens die oggendprogram, The Complimentary Breakfast, spelers van die Jozi Cats, Suid-Afrika se eerste amptelike gay-rugbyspan, in die ateljee voorgestel. Hy het met drie rugbyspelers ʼn onderhoud gevoer en luisteraars genooi om te raai wie die gay-rugbyspelers was. As deel van die program het hy tydens sy daaglikse segment, Five Calls, die vraag gevra: “Is jy steeds geïnteresseerd om te weet wie is gay en wie is straight?”

ʼn Vroueluisteraar het ingebel en onder meer genoem om gay te wees is ʼn sonde en teenstrydig met wat in die Bybel staan. Rian het daarop reageer deur te sê: “Enige god, en ek gee nie om of hy agt arms het of ʼn boom is nie; ek gee nie om wie jy aanbid nie, enige god wat mense veroordeel vir wie hulle is en hoe hulle gebore is, is nie die moeite werd om te aanbid nie.”

Sommige luisteraars het kort daarna hul steun, en sommiges hul misnoeë, op JacarandaFM se Facebook-blad gedeel.

Johan Frederik Lee, die selfverklaarde evangelis en sakeman van Centurion, het Woensdag op sy Facebook-blad teen Rian uitgevaar.

“Ek verneem Riaan van Heerden van Jakaranda 94.2 het vanoggend weer Godslastering gepleeg deur die aanhoor van duisende luisteraars!!! Tyd geraak dat ek ʼn Clip maak oor hierdie Anti God mensie!”[sic]

Hy het kort daarna ʼn video op Facebook gedeel waarin hy onder meer eis dat die bestuur van JacarandaFM van Rian moet ontslae raak.

https://www.facebook.com/johanlovejesus/videos/10207195868549641/

Sy video was teen Vrydag meer as 196 000 keer gekyk.

Rian het oor die bohaai gereageer deur Vrydag weer die betrokke klankgreep op sosiale media te deel. Hy het gesê hy bly by sy standpunt en sluit af met die Bybelvers van Lukas 6:37.

“En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. – Lukas 6:37”

Die sanger en komediant Bouwer Bosch het Vrydag sy mening gedeel deur op sosiale media te sê: “Daar was meer judgement in Johan Frederik Lee se selfie stick video as in Rian van Heerden se 15 sekonde opinie oor gays en gode ‪#‎GaysEnGode ‪#‎LiefdeWen” [sic].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

293 Kommentare

jongste oudste gewildste

Sien leef en laat leef. Haal eers die balk uit jou eie oog!!!

pieter

hy kan bly wees hy het nie teen allah gelaster nie.BOUWER NIEMAND HET JUDGEMENT GESPREEK NIE,HY HET HOMSELF GEJUDGE.SIEN HY KEN DARREM 1 VERSIE LAAT HY DIT VIR HOMSELF UITWERK.

Andrè Du Plessis

Hy aleen is die rede hoekom ons gesin nie meer na jacaranda luister nie.

Christen

Ek is so bly dit het Maroela media gehaal. Ek het self na die program geluister daardie oggend en eerstehands gehoor wat Rian op die lug gesê het. Ek wil net die vroulike luisteraar komplimenteer vir die wyse waarop sy haarself hanteer het. As Rian so iets oor enige ander geloof gesê het sou hy in groot moeilikheid gewees het. Hy is ‘n publieke figuur en moet onpartydig wees, maar elke week is daar iets oor geloof of sy seksuele voorkeur in die lewe en dan moet ons almal saamluister. Net omdat hy as publieke figuur ‘n platform het om… Lees meer »

Vrede

En na dit alles is ons opdrag om ons naaste lief te hê. Ek het geen liefde en verdraagsaamheid gesien in al die sosiale media uitlatings wat die Christene teenoor Rian gemaak het nie. Ek hoop van harte hulle oordeel hulself ook so streng oor al die ander sondes waaraan ons almal daagliks skuldig is- hoe gering ookal. Dit blyk dat die faalbare mens homself nou sommer die reg toeien om ander tot die hel te verdoem en homself sodoende groter ag as die Here wat hy poog verdedig. Die “selfverklaarde evangelis” en soortgelyke trawante werf beslis nie nuwe gelowiges… Lees meer »