Rian laat evangelis warm onder die kraag

Rian van Heerden. Foto: Facebook

Rian van Heerden. Foto: Facebook

Die uitgesproke JacarandaFM-omroeper Rian van Heerden het ʼn Pretoriase evangelis en talle mense warm onder die kraag nadat hy vandeesweek ʼn stelling gemaak het oor gode se siening oor gays.

Rian het Woensdag tydens die oggendprogram, The Complimentary Breakfast, spelers van die Jozi Cats, Suid-Afrika se eerste amptelike gay-rugbyspan, in die ateljee voorgestel. Hy het met drie rugbyspelers ʼn onderhoud gevoer en luisteraars genooi om te raai wie die gay-rugbyspelers was. As deel van die program het hy tydens sy daaglikse segment, Five Calls, die vraag gevra: “Is jy steeds geïnteresseerd om te weet wie is gay en wie is straight?”

ʼn Vroueluisteraar het ingebel en onder meer genoem om gay te wees is ʼn sonde en teenstrydig met wat in die Bybel staan. Rian het daarop reageer deur te sê: “Enige god, en ek gee nie om of hy agt arms het of ʼn boom is nie; ek gee nie om wie jy aanbid nie, enige god wat mense veroordeel vir wie hulle is en hoe hulle gebore is, is nie die moeite werd om te aanbid nie.”

Sommige luisteraars het kort daarna hul steun, en sommiges hul misnoeë, op JacarandaFM se Facebook-blad gedeel.

Johan Frederik Lee, die selfverklaarde evangelis en sakeman van Centurion, het Woensdag op sy Facebook-blad teen Rian uitgevaar.

“Ek verneem Riaan van Heerden van Jakaranda 94.2 het vanoggend weer Godslastering gepleeg deur die aanhoor van duisende luisteraars!!! Tyd geraak dat ek ʼn Clip maak oor hierdie Anti God mensie!”[sic]

Hy het kort daarna ʼn video op Facebook gedeel waarin hy onder meer eis dat die bestuur van JacarandaFM van Rian moet ontslae raak.

https://www.facebook.com/johanlovejesus/videos/10207195868549641/

Sy video was teen Vrydag meer as 196 000 keer gekyk.

Rian het oor die bohaai gereageer deur Vrydag weer die betrokke klankgreep op sosiale media te deel. Hy het gesê hy bly by sy standpunt en sluit af met die Bybelvers van Lukas 6:37.

“En julle moet nie oordeel nie, dan sal julle nooit geoordeel word nie. Julle moet nie veroordeel nie, dan sal julle nooit veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word. – Lukas 6:37”

Die sanger en komediant Bouwer Bosch het Vrydag sy mening gedeel deur op sosiale media te sê: “Daar was meer judgement in Johan Frederik Lee se selfie stick video as in Rian van Heerden se 15 sekonde opinie oor gays en gode ‪#‎GaysEnGode ‪#‎LiefdeWen” [sic].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

293 Kommentare

·

Sien leef en laat leef. Haal eers die balk uit jou eie oog!!!

Aster ·

Mag die Here die arme mense genadig wees. Gaan lees Openbaring Rian. Jy is miskien nou on top of the world….maar jy gaan eendag duur betaal vir jou Gods lastering.

johann brits ·

Ek steun Rian,nie omdat met sy teologie saamstem nie,maar omdat die meeste mense deur hul kommentaar eintlik hul ‘kennis van God’ defineer en dis so vol tekortkomings-tereg soos een kommentator se ‘laat die een sonder sonde,die……….’

Engela ·

Die Bybel stipuleer duidelik dat om gay of lesbies te wees sonde is in die oe vd Here… maar die Bydel stipuleer ook duidelik vir ons as Christen dat jy nie mag oordeel nie, dat jy jou naaste moet lief he soos jouself, dat jy moet NEDERIG wees. Dit is nie jou plek as mens wat in sonde ontvang en gebore is om namens God te besluit wat mens gays moet gebeur of hoe hulle behandel moet word nie. Gaan lees in Romeine die riglyne van n Christelike lewe en dink mooi of jy regtig volgens die riglyne lewe en optree teenoor jou medemens. Toe Jesus gespot, geslaan en op gespoeg is met sy kruisiging het Hy dit stil en nederig aanvaar so wie is jy… mens… om te oordeel en uitspraak te lewer. Moet ons as Christene nie ook soos Jesus ons pad stil en nederig stap nie.

Annora Eksteen ·

Ek is ook vrydenkend, en voel almal het die reg tot vryheid om te glo in wat hulle ook al glo, en ook die reg om nie te glo in waarin hulle nie glo nie en ook wel dan daaroor te skryf en te praat, mens kan tog nie vir altyd die wang draai en stilbly oor hulle simpel uitsprake nie. Rian is baie dapper, die gays is so aangeval en veroordeel al, en dit maak seer, en dan wil mens terug seermaak. Gelukkig het ons hierdie wonderlike grondwet. Dominies kan altyd so kwaad raak en vinger wys en jou direk dreig met hulle gode se wraak. Dis so onnodig. Almal van ons kan enige tyd iets oorkom. Selfs dominies. I think my windnymphs will come and get me. https://dawnandstarwind.wordpress.com Ek het ‘n hoofstuk geplaas: “Freethinking in the Cederberg mountains” Dit was so wonderlik toe ek ophou vrees het, vry geword het, daaroor is ek baie baie dankbaar vir die oop tye waarin ons leef. Vrede. Liefde.

Janne ·

First off I usually enjoy Rican but found him rather antagonistic during this show the lady doesn’t agree with being gay based on her religious conviction which is her right (and one which I share) you can love your neighbour doesn’t mean be blind to their faultd neither does it mean you can judge them we’ve come a long way regarding tolerance however I do take offence to being judged as a bigot because I’m c hristian and being goaded so that someone can say see that christian is judging me where not judging just exercising our right to have an opinion or belief that differs from someone else’s as much as socoliety requires as to show tolerance to gay lesbian transectual transvestite that same society should also show compassion and tolerance to those of us who are Christian he also made the comment that your born gay therefore it’s not there fault but in the same token here’s another take there are people born sociopaths riddle me what to do with them? Should they just stop taking there medication or treatments what then is it then God’s fault when they hurt someone or was it there choice where’s the responsibility?

a ·

Sorry ek luister glad nie meer jacaranda nie dis nie die eerste keer wat Riaan die Here6 aan val nie as hy nie n Christen is nie moet hy darm begin om die wat wel is te respekteer wanneer sy lewe uit mekaar uitval moet hy asb net begin wonder hoekom nie

Alta ·

Ria n ek onder steur jou 110%. Ek wil ook geen God dien wat my gaan veroordeel vir wie en wat ek is nie

grotman77 ·

Vir die manne en vroue wat net fokus op een versie in die Bybel.. Jesus die Christus het self gese die Ou en Nuwe Testament is nogsteeds van krag..Gaan lees Matt 5:17-20… nie die humanistiese mens geskrewe grondwet nie. Gn wonder dat Jesus gevra het as hyweer terug kom sal daar nog gelowiges op Aarde wees…. kyk hoe lyk ons land dis moord, diefstal, korupsie, egskeiding, onsedelikheid, algehele weteloosheid… kinder eer nie meer hul ouers nie en ouers eer nie meer vir God nie…. en die kerk is nie meer n geestelike kompas nie want hul leiers staan nie meer vir dit wat God in sy Woord skryf en beveel nie. Hul fokus eerder op n grondwet van mense . G’N wonder RSA lyk soos hy nou lyk en die in die Res van die Wereld lyk nie nie veel beter nie.. Raai wat dit gaan erger raak.. Jesus die Christus het ons die opdrag gegee om getrou aan Sy Wet te wees, en die waarskuwing is daar ,as ons Sy wet ongeldig maak sal so n persoon die minste geag word in Sy Koningkryk en wie gehoorsaam is aan Sy Wet en ander so leer deur gedrag en woorde sal hoog geag word in Sy Koningryk.

Danie ·

Ek persoonlik, het nie n probleem met Gays nie. Dis nie n mens se plek om te oordeel oor ander, en hulle lewens keuse/ besluite nie. Ek glo ook n mens kan nie net een vers van die Bybel aanhaal en daar volgens, n standpunt inneem nie. Die Bybel moet in sy geheel opgeweeg word. Aan Rian… ek respekteer jou besluit en jou openlike Gay wees, n probleem wat ek wel het , is dat mense hulle keuse en lewens style op ander afvorseer ek dink dis aanvaarbaar. Respekeer ander, en ander sal jou/ julle respekeer. En vir oggend show…. moenie mense vra om in te bel as jy net jou eie siening op hulle wil afdruk nie, ek standpunte maak om mense optewerk sodat meer mense van jou praat nie. Wees trots op jouself as mens, en nie net die feit dat jy gay is nie, om openlik Gay te wees is nie n status symbool nie, en hoe gouer dit nie meer so gesien word nie, net so gou sal ander jou/julle/ hulle om gay te wees as normaal sien.

daan labuschagne ·

AS EK DIE WOORD REG VERSTAAN DAN SE DIE WOORD VIR MY LEWE NA DIE GEES EN JY KAN DIT ALLEEN DOEN DEUR TE GLO EN MET GOD SE LIEFDE DIE WOORD LEER MY DAT DIE WET VAN MOSES VERVAL HET ALLEEN VIR DIE WAT GLO EN HOM LAAT LY DEUR DIE GEES AS MANS SAAM MET MANS WIL SLAAP KRY HULLE JAMMER EN BID DAT GOD HULLE GEESMENS AANRAAK OM TE VERANDER ANDERS SAL DIE WET HULLE EENDAG OORDEEL EN DIT SAL SO JAMMER WEES WANT DAN KAN DAAR VIR HULLE NIE N HIERNAMAALS WEES NIE BEHALWE AS GOD SY GENADE OOR HULLE UITSTORT DAAR IS NET EEN SONDE IN ONS WERELD EN DIT IS ONGELOOF SO WAT SE EK AAN RIAAN AS JY IN ONGELOOF IS DAN IS JY IN AL DIE SONDES VAN DIE WERELD AS DIE GEES VAN GOD IN JOU IS SAL JY NIE MET DIT DEURMEKAAR RAAK NIE SERKTE

Peter ·

Die afval van die laaste dae…die woord het ons mooi vroegtydig vermaan hieroor…mense wil aan die gehoor gestreel word so hulle praat sonde goed sodat hulle kan goedvoel oor wat hulle doen..maar meng jou met die die semels….die woord se jy moet selfs nie saam eet met sulkes nie…Riaan of jy nou wil of nie wil weet nie, dit is ‘n sonde in die oe van YAHVAH….Jy hou jou slim, wel jou slimgeite is net vir kort te duur, dan kom die ewigheid, en jy sal ongelukkig moet antwoord vir jou dwase praatjies….en nee ek oordeel nie, gaan leer die woord ken..

Wilhelmina Potgieter ·

Riaan daar is een verskil: Die God is nie enige God nie. Hy is die Alfa en Omega, Die Blink Môrester, die Al in Al. Die Een wat was en wat is en wat kom. Die begin en en einde. Dis Hy wat kom op die wolke wanneer ons dit die minste verwag. Dis Hy wat kom om te oordeel, nie mense nie. Hy oordeel nie die mens nie, maar die dade van mense. Hy is vir jou net so lief as mens soos vir enige “Christenmens”. Enige een wat dink daar is nie ’n lewende God nie, is dwaas. Hy leef tot in alle ewigheid. Ek dink jy behoort nie sulke uitlatings op die lug te maak nie. Jy gebruik die openbare platform van die radiostasie vir persoonlike gewin, om jou opinie oor jou voorkeure op diepubliek a te dwing. Dis onsmaaklik. Ek kyk met ander oë na jou.

pieter ·

hy kan bly wees hy het nie teen allah gelaster nie.BOUWER NIEMAND HET JUDGEMENT GESPREEK NIE,HY HET HOMSELF GEJUDGE.SIEN HY KEN DARREM 1 VERSIE LAAT HY DIT VIR HOMSELF UITWERK.

Barend van der Merwe ·

Allah? Allah is ‘n Arabiese woord vir God. Dit beteken ook God. Christene in Palestina aanbid ook ‘Allah’.

Rian het beslis van alle gode gepraak soos dit vir my lyk.

Veritas ·

Barend jy spog met jou onkunde. Allah en die Christene se God is beslis nie dieselfde wese nie.

anne ·

Verskoning Veritas per ongeluk die ‘rapporteer’ knoppie onder jou kommentaar gedruk. Stem 100%

Liandre ·

Ek bly in Europa. Hier het mense respek vir ander se geloof , Hier word nie GELOOF gepraat op RADIO, SKOOL of op STRAAT nie. (Dit kan jou lewe kos) Commen sense !! Wat jy doen spieel jou karakter en die van n Radio stasie darm vlak soos slak Snot jong! Lol

Riaan de Bruyn ·

Almal ry die kar van oordeel. Ons mag nie oordeel nie. n Mens oordeel wanneer jy iemand oor n sonde aanspreek wat jy self doen. Daar is so iets soos vermaning in liefde wanneer ons as kinders van God nie op die regte pad wandel nie. Bely mekaar julle sonde sodat julle gesond kan wees is n vers wat ons van vergeet. “Ek skrywe hierdie dinge nie om julle te beskaam nie, maar ek vermaan julle as my geliefde kinders.”
‭‭I KORINTHIËRS‬ ‭4:14‬ ‭AFR53‬‬
http://bible.com/5/1co.4.14.afr53

Tania ·

Allah is an Arabic word that means “God” or, more accurately, “the God.” In Western culture, it is commonly believed that the word Allah is used exclusively by Muslims to describe their God, but this is not actually true. The word Allah is used by Arabic speakers of all Abrahamic faiths (including Christianity and Judaism) as meaning “God.” However, according to Islam, Allah is God’s proper name, while Christians and Jews know Him as YHWH or Yahweh. When Arabic-speaking Christians use the word Allah, it is usually used in combination with the word al-Ab. Allah al-Ab means “God the Father,” and this usage is one way Arab Christians distinguish themselves from Muslims.

Andrè Du Plessis ·

Hy aleen is die rede hoekom ons gesin nie meer na jacaranda luister nie.

Karma ·

Nou luister dan na ‘n ander stasie, as jy wil. Of hou op radio luister in die geheel. Niemand dwing jou om na Jacaranda 94.7 te luister nie. Wees tog net ‘n bietjie meer oopkop! Rian is ten minste nie ‘n klip-Christen wat met die Bybel om die arm loop en Sondae vroom-gevreet reg onder die dominee se neus sit, maar die oomblik wat hy by daardie deur uitloop, omarm hy weer St. Lucifer nie! Hy praat uit sy hart uit en hy is openlik gay. Wat is fout met gay mense, aldus ‘straight’ mense? Dit is die BYBEL wat sê jy moenie sus maak nie, moenie so maak nie, moenie dat doen nie …. blah …. blah … blah. Maar die BYBEL sê ook jy moet jou hand (of iets dergeliks) afkap, as dit jou pla; ‘n oog-vir-‘n-oog en ‘n-tand-vir-‘n-tand en dat ‘n vrou nie met haar (oorlede) man se broer mag trou nie en … en … en … Terloops: GAY staan vir “(as) Good As You” – betekenend dat gays net mense soos ons “straight” ouens is.

Johann ·

Ek stem saam. Rian is die rede hoekom ek ook nie meer radio Jacaranda luister nie. Ek luister eerder iets anders of skakel die radio liewer af.

Ek sê maar net ·

Karma. Jy weet net so min van wat dit is om ‘n Christen te wees as Rian. So luiter jy maar na sy gemors program. Want ek stem saam met Johan en Andre. Staam saam en hou op Jacaranda luister. Los dit vir die wat nie in God (die ware lewende God) glo nie.

Carol Smit ·

Hy is die rede waarom ek radio luister! Altyd stof tot nadenke!

Jollie-Jacqueline ·

Herman, jy het my nou laat lag. Nie omdat jy die waarheid praat nie, maar omdat jy so ver daarvan is. Maar gelukkig vir jou, al glo jy nie aan die Almagtige Hemelse Vader nie, het jy vrye wil gekry. Die Een wat jou gemaak het, het jou keuse gegee. En al glo jy dit nie, beteken nie dit is nie waar nie, maar elke knieg sal buig en elke tong sal belei. Ek hoop jy besef die waarheid voor die te laat is. Verder stem ek saam Johannes.

SNEL ·

Ek sê maar net, n Christen glo nie in karma nie, dit kom van ander gelowe af. God wil nie hê ons moet betrokke wees by ander gelowe se goed nie. Christen glo wat jy saai sal jy maai, maar om ander gelowe sê sê-goedjies te gebruik is nie reg,…. as jy n christen is. God wil nie hê ons moet enigsins betrokke wees by ander gelowe se goed of manier van aanbidding nie.

Christen ·

Ek is so bly dit het Maroela media gehaal. Ek het self na die program geluister daardie oggend en eerstehands gehoor wat Rian op die lug gesê het. Ek wil net die vroulike luisteraar komplimenteer vir die wyse waarop sy haarself hanteer het. As Rian so iets oor enige ander geloof gesê het sou hy in groot moeilikheid gewees het. Hy is ‘n publieke figuur en moet onpartydig wees, maar elke week is daar iets oor geloof of sy seksuele voorkeur in die lewe en dan moet ons almal saamluister. Net omdat hy as publieke figuur ‘n platform het om sy voorkeure te bevorder, maak dit nie aanvaarbaar vir almal van ons nie. Hierdie moet ‘n wake-up call vir Jakaranda wees – volgende keer maak hy dalk ‘n uitlating oor ‘n groep mense wat nie so vergewingsgesind is soos christene nie en dan kan dit dalk groter implikasies inhou vir hom en vir Jakaranda.
Ek het daardie oggend net na die uitlatings my radio stasie verander na RSG en luister sedertdien elke oggend na RSG – wat ‘n plesier!! 101 FM Niemand se vooropgestelde opinies nie, slegs 100% profesionele verslagewing. Ek luister nog na Martin Bester in die middae, maar hierdie keer sal ek nie weer na Jakaranda luister in die oggende nie. En ek is nie al een nie……

ekke ·

ag nee man moenie so wees nie, die man praat die waarheid, niemand wil dit hoor nie, kom daar oor.

Andrea ·

Let wel, hy het nie die Christenegeloof spesifiek uitgesonder nie. “Enige god […] wat mense oordeel vir wie hulle is en hoe hulle gebore is, is nie die moeite om aanbid te word nie.”

Dit sluit ‘n paar ander gelowe in. Geloof is ‘n stel waardes en idees. Mens KIES om jouself daarmee te vereenselwig. Om die goedheid van ‘n stel idees te kritiseer tas niemand se menswaardigheid aan nie. Om iemand te kritiseer oor hul seksuele identiteit is wel ‘n aanslag op hul menswaardigheid.

Jollie-Jacqueline ·

Christen ek stem 100% saam jou. Rian irriteer my so baie, ek verkies om glad nie te luister na Jacaranda nie, maar my werk het dit aan deur die dag. Dis nie die eerste keer wat hy so iets kwyt raak nie. Enige persoon wat nie saam sy opinie stem nie, gee hy hulle nie kans en laat hulle nie toe om hulle opinie te sê nie. Ek wens Darren Scott kom eerder terug. Andrea is jy so naief om te dink sy woorde mik nie op Christenskap nie? Komaan wees eerlik. Dis nie die eerste keer wat hy sy opinie lig oor godsdiens nie.

Stef ·

Ai hoor nou weer hierdie volwaardige Christen ek daag jou uit om jou buurman te gaan aan vat of iemand in jou familie wat owerspel gepleeg het kom toe daar gat jy wat jy weet jy gaan n vet klap kry of onder jou 3 letters geskop word. Ek kan jou verseker iewers in jou familie het jy iemand wat hul skuldig gemaak het aan owerspel en dat jy langs daai persoon sit elke sondag in die kerk. Onthou God maak nie foute nie en ons is almal uit Sy Hand geskape. Ek wil weet wat se skade en seer doen gay mense aan sy mede mens waar moordenaars en hoerreerders en diewe mens seer maak

Wiets ·

Ek dink hierdie gaan meer oor die bombastiese manier waar Rian sy mag misbruik om sy sexsuele oortuigings afdwing en mense wat teen hom opstaan probeer stoomroller saam met sy span. Die wyse waarop hy die inbeller hanteer het is n groter probleem. Verder vergeet almal van die uitlating wat hy gemaak het om te se “Adam en Eva het nie bestaan nie”. Om daarna enige bybelvers aan te haal maak hom n hipokraat.

Theuns ·

Christen ek stem 100% saam. Het altyd die stasie geniet. Tot die Rian persoon daar opgedaag het. Een Vrydag vroegaand op ‘n familie program gesit en luister na al die dubbelsinnige opmerkings (seksueel) van die omroeper. Was so “disgusted” dat ek stasies verander het en nog nooit weer die stasie geluister het nie. Van hierdie gemors gehoor op facebook. Hy verdien nie die voorreg om in ons Afrikaner huise ‘n spreekbeurt te he nie. Hy kan glo soos hy wil? Hoekom moet ons daarna luister? Kan regtig nie verstaan dat die Afrikaanse mense hulleself opsaal met sulke “publieke” figure nie?

Vrede ·

En na dit alles is ons opdrag om ons naaste lief te hê. Ek het geen liefde en verdraagsaamheid gesien in al die sosiale media uitlatings wat die Christene teenoor Rian gemaak het nie. Ek hoop van harte hulle oordeel hulself ook so streng oor al die ander sondes waaraan ons almal daagliks skuldig is- hoe gering ookal. Dit blyk dat die faalbare mens homself nou sommer die reg toeien om ander tot die hel te verdoem en homself sodoende groter ag as die Here wat hy poog verdedig. Die “selfverklaarde evangelis” en soortgelyke trawante werf beslis nie nuwe gelowiges met die gedrag wat hulle openbaar nie. Ek is teleurgesteld. Moenie wonder hoekom die kerke leegloop nie- julle dwaal van die fundamentele beginsels van jul geloof af weg en vergeet die belangrikste opdrag wat die Here ons gegee het.

Veritas ·

Christene het die volste reg om naam van hul God te verdedig teen gemors soos dié. Vir diegene wat so aanhou oor die vergewinggesindheid van Christene, net dit: Indien jy as ongelowige, God se naam beswadder, het Christene die volste reg om hulle God te verdedig. Vergifnis word slegs vereis wanneer die oortreder opregte berou toon en dan om verskoning vra. Iemand wat openlik en met so’n verwaande houding, ons God beledig, moet deur Christene verwerp word. Dié gespuis sal té laat uitvind wie God werklik is.

Johann ·

Lees Levitikus 18:22
Waarom dink julle is Sodom en Gromorra vernietig. Oor sonde, spesifiek lesbiese en Gay mense.

James ·

Niemand veroordeel Rian nie. Hy het homself veroodeel toe hy sy mond oop gemaak het om God te laster

Stef ·

Ek wil net vir die evangelis een vraag vra? Do God make mistakes??? In my kennis is ons almal uit die hand Van God gemaak en sover ek weet maak My God nie foute nie. Remember the mercyless will be juge mecyless with out any grace of God

P J Fourie ·

Ek glo gay mense is so gebore en dit is ‘n genetiese afwyking. Ongeag wat die Bybel en ander mense sê kan ek nie ander mense veroodeel wat siek is en / of geneties afwyking / of so gebore is nie. Dan moet ek ook bv. Down sindroom mense veroordeel. Van my vriende / familie / kennisse was van jongs af anders / verfynd (en is so gebore) en ek het eers later besef dat hulle eintlik gay is. Die gay mense wat ek ken is ordentlik, opgevoed en vriendelik, waarom sal ek hulle veroordeel?! Hulle roem ook dat hulle Christene is! Wat in die bybel geskryf staan kan / sal ek ook nie blindelings glo nie aangesien daar baie aspekte is wat eenvoudig net nie waar kan wees nie. Kyk ook net hoe baklei / vermoor Christene onder mekaar! Nee wat, ek het baie simpatie met die meeste gay mense, netsoos ek ook dieselfde voel oor gewone mense.

Rika ·

Ek stem saam. Mense besluit nie oornag ek is gay. Die DNA is met die skepping van die fetus verkeerd verdeel. Daardie persoon is nogsteeds God se kind. Maak nie saak hoeveel estrogeen en watse geslagsdeel

Frank ·

ALMAL word sondig gebore. Redding SLEGS deur Christus, nie deur eie aksies nie…

Chris ·

As n gay man kan ek amper nie glo wat ek hier lees. Ek hoop jou sogenaamde vriende en familie met die afwyking lees die en skryf jou af. Jy is n draadsitter. Staan eerder 100% vir ons op. Maar moenie sê dit is n afwyking want dit is belis nie een.

Barend van der Merwe ·

Dis nou ‘n interessante definisie van Christenskap! Volgens Johan: Iemand wat Jesus aanvaar en aan God glo.

Met so ‘n definisie is die Jehovas en die Mormone dus ook mos beslis Christene! Ek vind dit dus vreemd elke keer as ek Christene sien wat so teen die Wagtoring uitvaar as ‘ketters’.

En dan beduie hy boonop op in die lug (want enige en alle regdenkende ‘Christene’ glo mos dat God iewers daar buite in die uitspansel bly! Daar anderkant die planeet Neptunus, vir die wat wonder. As mens anders glo of dink is jy beslis verkeerd. Dis “Bybels korrek” om so te glo ;-)).

Hierdie video herinner my hoekom ek dankbaar is dat ek nie meer ‘n Christen is nie. Johan kom aggressief en emosioneel voor. Hy waarsku dat geweld sal volg, dan se hy dit sal nie mense wees wat hierdie geweld sal pleeg nie, maar hy sluit uiteindelik af en waarsku dat hy groot getalle mense aan ‘sy’ kant het. So passop! Tussendeur verwys hy snedig na Rian as ‘n ‘seuntjie’.

Ons sien dus, hy wil met vrees sy punt maak.

Hierdie video gaan meer skade maak aan die kerk en aan godsdiens as wat Rian van Heerden in sy lewe ooit sal maak. Want hierdie is die gesig van die reaksionere gelowige wat maak dat mens so ver as moontlik van enige godsdiens wil vlug.

KarooKlong ·

Noem tog net, mnr lee is ‘n selfverklaarde evangelis….en dit is ‘n verhaal op sy eie.

Elize ·

Ek stem 100% saam met jou, as dit die gesig en houding van n sogenaamde “christen” is bly ek ook maar eerder weg van ge-organiseerde geloof.

Dawie ·

Stem saam Barend. Ons kan goed klaarkom sonder sulke selfaangestelde sedebewakers. Hulle gee enigiemand ‘n pyn in die agterwêreld.

Anchen ·

Stem 100% saam met Barend. Baie dankbaar ek hoef nie saam te sit in die vakkie van Christenskap nie. Veral nie as dit is hoe dit gaan nie.

Barend van der Merwe ·

Wanneer preek gelowiges ook teen biltong en medium rare T-been? Want ek sien daar in die Bybel staan mense mag nie bloed eet nie.

Rieks ·

Ek glo dat ons almal eendag verantwoording gaan doen vir alles wat ons sê en doen. Hierdie uitlating het weereens my laat besef dat ons nie almal dink voor ons praat nie. Besef net – al kritiseer en breek jy/julle mense af – jy moet elke aand alleen voor die Vader sit/staan/kniel en met jouself saam leef elke dag. As jy dit kan doen sonder om skuldig te voel gaan ek nie my mond daaroor uitspoel nie – voel net dat Godsdiens, Politiek en Geld elke een van die grootste redes vir alle gevegte is. Ongelukkig kan sommiges met die aanmerkings saam leef en lag en ander nie … vra jouself af – in watter kategorie pas jy en is jy gelukkig met daardie besluit – elke dag …

Thea Bothma ·

Dit is skokkend om te dink mense kan goed se en dink hulle kan weg kom met dit
Rian se en lig sy meining elke dag, hy gee nie om wie hy seer maak nie
om Godsdiens so te gebruik is skokkend, dit is tyd dat omroepers se vlerkies bietjie geknip word, Dieselfde vir Prof Piet Crowkamp (kopdoek)sy uitlatings is skokkend en die taalgebruik en gevloek
hierdie mense moet op hou met God te bespot,God slaap nie

Deon ·

Ek kon minder omgee wat Rian van Heerden se seksuele orientasie of geloofsoortuigings is nie. Dit is sy privaat besigheid – of veronderstel om te wees. Maar wanneer hy sy seksuele orientasie en geloofsoortuigings in die publiek verkondig dan moet hy verwag dat daar teenstand daarteen gaan wees. ‘n Baie groot deel van die bevolking stem nie saam met of sy orientasie of oortuigings nie – en daardie mense maak n gros van sy luisteraars uit aan wie hy sy inkomste verskuldig is. Maar soos met die LGBT regoor die wereld probeer hy sy orientasie afdruk in mense se kele en is dan geaffronteer daardeur as hy nie die verlange gunstige reaksie kry nie? Reeeerig? Hy’s nie ‘n spesiale sneeuvlokkie nie en, nadat hy alles publiek gemaak het, nog minder is sy voorkeure en geloof. Hierdie politiese korrekte twak moet ophou – dis juis agv hierdie geopinioneerde bogsnuiter dat ek Jacaranda vaarwel toegeroep het

Barend van der Merwe ·

Deon, geld dieselfde nie ook vir gelowiges nie? Wat het die dame wat ingeskakel het verwag? Die een wat nou uitgevaar het teen die gaymense? Het sy nie ook maar haar voorkeure probeer afforseer nie? Jy se die gaygemeenskap forseer hulle manier van glo af op ander, maar is dit nie presies wat die inbeller ook gedoen het nie? Hoekom dink jy het hierdie mense hulle eie gay-vriendelike rugbyklub gaan stig? Dit is omdat hulle nerens elders welkom sal wees nie.

Gerda ·

Wel ek kan nog steeds nie glo dat daar mense is wat nie die Woord van onse God glo nie, want dit wat in die Woord geskryf staan van die tekens van die eindtye soos baie mense gaan afvallig raak gaan liefhebbers van hulself wees is besig om waar te word. Elke tong sal belei dat God God is en elke knieg sal voor Hom buig, vir baie gaan dit te laat wees.

Jollie-Jacqueline ·

So waar Gerda. Dit staan ook in die bybel, dat my volk se ondergang is as gevolg van ‘n gebrek aan kennis.

Vriend van God ·

Mattheus 22:29 Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.

Piet Snorre ·

Dis hoekom ek lankal radio bosveld 107.5 luister op Lekker FM 91.9

Ekke ·

As dit nie sonde is vir gays om hulle voorkeure uit te leef nie omdat God hulle so geskape het, is dit dan sonde as mans hulle vrouens verkul (hulle is ook met al die drange geskape)? Nee wat, om die regte ding te doen is altyd moeilik, daarom dat so min mense sal hemel toe gaan.

Katryn ·

Liewe Ekke, dink jy gays het net een oggend wakker geword en besluit van vandag af is ek gay?

SeNet ·

Een ding wat opmerklik begin raak van Gays, is dat hulle mens se neus daarin wil vryf. Ek was al in baie sulkes se geselskap, altyd weens die feit dat ek saam hulle gewerk het op een of ander stadium. En hulle is hopelik te uitgesproke en oordeel maklik ander net omdat hulle aanhaal wat in God se heilige Woord staan oor gay-wees dan word die anti-gays altyd aangeval omdat hulle baie fyngevoelig is vir iets wat ek dink hulle weet onnatuurlik is. Die Bybel veroordeel dit ten sterkste, nes alle sondes maar ek wil nie weet wat hulle seksuele voorkeure is nie en dink dit sou beter wees as hulle ophou om sulke goed op die voorgrond te hou. Part van hulle lewe BAIE oordrewe skeef en ek vind hulle dink hulle is beter as die res want hulle het glo iets meer om aan die samelewing te bewys. Hulle spog soms daarmee. En wil ander partykeer stilweg uitdaag om NET iets daaroor kwyt te raak….

Stef ·

Hou op om te se Die Bybel se so
Gaan lees asb Prof Adrio Koning se studies oor wat die Bybel regtig se
Google net Prof Adrio Koning sommer die heel eerste opskrif en lees asb voor jy weer se die Bybel se so

Koos ·

Dit was nie die eerste keer wat hy Godslasterlik was nie hy gebruik Jacaranda 94.2 om sy homoseksualiteit te bevorder en huiwer nie om te laster nie .Hy gee nie om of kinders na die stasie luister nie ek my familie en vriende sal nie weer na Jacaranda luister solank hy daar is nie.Hy was eers ‘n sport kommentator maar is in die pad gesteek oor sy vieslike Australië rugby aanmerking.

Stephan ·

Ek gaan nou seker weer gestenig word. Soos ek na die storie luister, het Riaan nie noodwendig die Christelike God aangeval of beledig nie. Hy het oor die algemeen van enige god gepraat. As die luisteraars dan glo dat die Christelike God gay mense veroordeel, dan maak hulle mos Riaan se opinie van toepassing op hulle God. Persoonlik glo ek dat as iemand aangetrokke voel tot dieselfde geslag, maar steeds aan God glo en na heiligmaking wil streef, God hom/haar nie veroordeel nie. Hier kom my groot argument : SOU DIE MENSE Só GEREAGEER HET AS RIAAN DALK OOR EGSKEIDING, OWERSPEL, HAAT ENS. (ipv homoseksualiteit) gepraat het? AS homoseksualiteit dan so verskriklik verkeerd is, hoekom lyk dit vir my of ons aller-heilige Afrikaanse volkie NÉT daarop fokus en nie op dinge soos ‘egskeiding’ of ander sonde nie? Is dit dalk omdat so baie mense ander sonde doen en dit nou méér aanvaarbaar geraak het as bv. homoseksualiteit? Ons almal sondig anders (dit is nou AS homoseksualiteit ‘n sonde is). Get real people!

Tan ·

Mooi gestel, Stephan, ek is ‘n gay vrou, ek het groot geword in ‘n Christelike huis, het ‘n lang pad met God gestap het baie gevra hoekom ek so is. Ek vryf dit in niemand se neus nie (ek glo die wat dit doen is vir verkeerde redes dan gay) ek gaan kerk toe en moet stilbly oor my orientasie want ek wil GRAAG kerk toe gaan. Wie van die mense en selfs die pastoor kan se dat hulle alles regdoen volgens die bybel? ek glo vas die vertaling het veroorsaak dat dinge bietjie anders ingelees was, in Sodom en Gamora wou die mans gemeenskap gehad het met die mense wat God soontoe gestuur het. Dit gaan oor geweldadige gemeenskap wat mans met mans in daai tyd wou he. Maar is daar enige iemand wat die klip kan optel en gooi? Al die ander goed word oorgesien wat mense doen maar dit help dat hulle vinger kan wys om die aandag van hulleself af weg te neem. dit is die mense wat oordeel en die mense wat mense van God af wegdryf daai mense is vir my BAIE erger as ons gays wat in vrede wil werk, leef en OOK mag in God se Kerk sit. julle dryf meer mense WEG van God af as wat julle mense in Godelike LIEFDE aanvaar en verwelkom !

stephan ·

Dankie Tan, ek verstaan presies waarvanaf jy kom en wat jy bedoel. Ek stem saam.

LadyP ·

Vir eens kan ek voel ek is trots op die eerlike opinie van ‘n radio omroeper. Een waaroor ek nie eens mal is nie. Nie omdat hy ‘n slegte persoon is nie, maar net omdat ons menings van tyd tot tyd verskil. (Lyk my volgens die algemene standaard moet almal waarmee mens nie ooreen stem nie sleg wees.) Kyk moet hoeveel haat praat julle van ander mense! Miskien as Christene mekaar en ander met respek en liefde kan behandel, en die oordeel los vir hul God om te maak sal ons wereld beter lyk. Ek is trots op wie ek is. Ek is trots om Bi te wees. Ek is trots dat, al voel ek aangetrokke tot mans en vrouens, ek heel duidelik meer respek vir beide het, net as ‘n goeie persoon! As jou geloof maak dat jy ander mense met soveel haat en disrespek behandel is daar nie net fout met jou geloof nie maar met jou denkwyse! Waarvoor ek skaam is is om met mense geassosieer te moet word wat so van mekaar praat. Wat soveel haat vir ander mense het dat hulle enige verskoning, inlsuitend geloof, gebruik om ander mense seer te maak! Ek hoop dat elke liewe persoon wat sulke haatlike goed kwytraak op hierdie kommentaar hulself skaam! Daar is ernstige fout met enige persoon wat so haatlik praat oor iemand anders! Sies!

Manie ·

Riaan is nogal partykeer n bietjie kru en/of omstrede. Ek dink hy het reg gekry wat hy wou, en dit is om debat uit te lok. Ek is self n christen, maar wonder maar partykeer oor my mede christene se gebrek aan empatie, liefde en die vermoe om ons eie sondes raak te sien. Meneer Lee is n finansiele evangelis. Ek het hom op fb gevolg maar gou gesien waaroor dit maar eintlik vir hom gaan…..

Anoniem ·

Manie, ek stem saam met jou. Ek is self ‘n Christen (hopelik :) ) Maar die manier waarop Rian deur sogenaamde God gelowiges veroordeel word, staan my glad nie aan nie. Ek is mal oor Rian en sy segoed. Ten minste is hy nie ‘n KLIP Christen nie.
“Haal eers die balk uit jou eie oog”, en “As jy rein en onskuldig is gooi DAN daardie eerste steen”, MAAR baie vergeet daarvan.

Anoniem ·

Ek is glad nie vir gays nie, maar het jul al ooit gehoor dat hul ons gewone mense veroordeel…Nee mense hulle doen nie. En ek wil net vir EKKE se hoeveel gaan hemel toe nie. Jy is besig om mense te veroordeel….Onthou die spreekwoord..Vee eers voor ju eie deur. Ons wys te graag vingers na ander mense oor hul sondes..maar wat van jou eie. Daar is nie n groot of klein sonde nie..sonde is sonde en ons gewone mense doen maar net soveel sonde…So mense hou jul self in en kyk eers in die spieel en as jy kan se “My kant is honderd persent en meer skoon” en nie eers dan wys jy vingers nie. Ek stem nie saam wat Rian gese het nie, maar hy is geregtig op sy eie opinie…dis nie te se jy moet saamstem nie……..

Hennie ·

Die Bybel sê wel dat mense nié moet oordeel nie, en ook dat daar nie plek is vir mense met sekere gebruike soos hierbo nie. Let egter dat daar ander onder dieselfde kam geskeer word, soos onsedelikes, moordenaars, geldgieriges, leuenaards, en belangrik dat mense wie skinder en kwaadpraat ook nie aanvaar word nie (1 Kor 5:11). Rom 10:9 sê egter dat “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, DAN SAL JY GERED WEES.” Hierdie woorde kan NIEMAND ongedaan maak nie.
Dis nie jou werk om hom te oordeel nie, onttrek jou liewer van daardie slegte gewoonte.
Indien Rian op sy uitgesproke manier sulke uitlatings wil maak en nie wil verbeter nie, is dit sy keuse om gay te wees. Ten spyte daarvan dat hy die Bybel lees en nogsteeds agter sy uitgesproke gay kultuur wil wegkruip is dit sy saak.
Net jammer dat Rian dit alles kwytraak op ‘n radiostasie en mense negatief kan beinvloed, hy is duidelik nie toegerus om “straight” te dink nie.
Pasop egter om vir God te wil voorskryf wat ons mag doen en wat nie. Sy Woord is vasgelê en Hy deel nie sy Godheid nie.

Karma ·

@Hennie – ‘n mens “kies” nie om gay te wees nie. Jy word gay gebore. Jou geslagsoriëntering word lank voor geboorte bepaal. Ek kan nie glo dat mense tekere gaan ook ander wat gay is nie, maar hulle verdra “Christene” wat moor, verkrag, verneuk, rondslaap, aanrand, haatspraak doen, drank in oormaat gebruik, rook, dwelms doen, skei, hul mans/vrouens/bure/kollegas met die tong bykom, skinder, steel …..

Barend van der Merwe ·

Julle kies waaraan julle glo. Julle beoefen beslis nie al die wette in die Bybel nie. Genadiglik nie.

Milo ·

‘The Bible’s command that we not judge others does not mean we cannot show discernment. Immediately after Jesus says, “Do not judge,” He says, “Do not give dogs what is sacred; do not throw your pearls to pigs” (Matthew 7:6). A little later in the same sermon, He says, “Watch out for false prophets. . . . By their fruit you will recognize them” (verses 15–16). How are we to discern who are the “dogs” and “pigs” and “false prophets” unless we have the ability to make a judgment call on doctrines and deeds? Jesus is giving us permission to tell right from wrong.’ quoted from: got question?

Herman Reynders ·

Kom ons hou by die basic’s. Die Here het my geskape na sy beeld.As gelowige “christen” dien ek die enigste ware lewende god Jesus Christus.(Met respek tot ander gelowe.)Die betrokke evangelis het reeds soos baie ander dominees,priesters en pastore die kerk verander in ‘n klub vir die wat sondevry en ultra heilig is. Ons as gay persone word telkens aan ‘n verskeidenheid vereistes onderwerp voordat ons welkom is in die kerk.Dus, omdat ons sonde opsraakwekkend en anders is, is daar vir ons ander vereistes.Daarom dan stap ons uit die tradisionele kerke en aanbid in ons eie kerke waar ons veilig by dieHere voel, of ons aanbid tuis.Verskillende sondaars word verskillend hanteer..regtig?
Hoe ek as gay gelowige deur mede gelowiges hanteer word is nie meer vir my van belang nie.Dit is nou ‘n saak tussen hulle en hulle god, wat eendag die eindbestemming van hul eie lewe sal bepaal.Die lyn tussen veroordeel en teregwys is ultra dun en laat vele gelowiges struikel.Dit is hierdie lyn wat Rian uitwys waarvan mense nie hou nie.Ek is lankal klaar met die formele kerk, maar het geen probleem met God en sy gebod nie. Sela.

Jade ·

Jy kry gode en jy kry YWHW en Yeshua, groot verskil. Vir die eeu oue jy mag nie oordeel nie, lees die Hebreeus. Dit is glad nie wat bedoel word met jy mag nie oordeel nie maar ons ruk mos altyd die Woord uit verband uit. Die woord is duidelik vertel die waarheid in liefde, of jy dit wil hoor of nie. dit is so. Oordeel is dit nie, maar die Woord, Yeshua in vlees se waarheid verkondig soos Hy dit verkondig het. Ons mag se as iets volgens YHWH se Woord verkeerd is MAAR ons moet dit in liefde doen en die res los ons vir Yeshua.

Leonard van der Dussen ·

Die 1ste, 2de en 3de gebod geld. Geen nietige mens durf in opstand kom teen God nie. Dis irrelevant waaroor Rian tekere gegaan het. Sy uitdaging van al wat godsdiens is, en daardeur van die ware God, is vreeslik. Dis moet ten sterkste afgewys word en van gedistansiëer word, sodat ons nie in naby is en ook onder die oordeel val wanneer dit kom.

Stef ·

Ja dis seker reg so wat moet ons doen met die mense wat op n sondag werk daar staan tog in die Bybel dis strafbaar met die dood ne? So hoop ie jy werk op n Sondag nie want dan is die my Christelike plig om jou te kom stenig

Leonard van der Dussen ·

Daar is nog ‘n merkwaardige klompie Christene in Suid-Afrika wat God se gebod op Sondag nastreef en daaglikse werk, handel en sport nie op Sy dag beoefen nie. Maar wat mense doen of nie doen nie, is nie die maatstaf: God en Sy gebod en Sy eer is alles. Ons durf oor hierdie dinge nie met spitsvondighede te debatteer nie.

Dup du Plessis ·

……anderdag lees ek ‘n stuk van ander denkende wetenskaplikes wat lui dat die kans dat “lewe” toevallig ontstaan het basies so groot is as wat dit sou wees vir ‘n blinde man om een gemerkte sandkorrel oor al die wêreld se strande te moet vind…….die ander voorbeeld wat gebruik is was die kans dat een mens met die koop van een lotto-kaartjie elke week (dink dit was 40 miljard $ grootte lottos), hierdie lottos vir duisend agtereenvolgende weke sou moes wen…….toe besef ek net hoe wonderlik is dit om die “glo” geen te besit.

wanda ·

Dit is verkeerd en klaar! Net soos steel, lieg, moord ens. Die verskil is, soos ons almal sonde pleeg, klim ons nie op n verhoog om die wereld te probeer oortuig dat steel, lieg en moord ens. Korrek is nie, en ja, die duiwel en moordenaars en molesteerders en egbreekers is deur God as normale mense geskape, hulle het net self gekies om die verkeerde paaie te bewandel, ons almal het keuses, en jou naaste is …….. Die antwoord wat die Here v sy apostels gegee het, die barmhartige samaritaan. En jy mag jou naaste reghelp, maar nie op n aanvallige wyse nie. Jy voel skuldig as jy opspring en se geen mens mag oordeel nie, hoe de hel moet jy dan iemand leer wat reg of verkeerd is. So terloops, jy is reg God maak nie foute nie en die bybel en sy wette het nooit verander nie! DIE MENS MET AL SY MENS GEMAAKTE WETTE WEL!

Marius ·

Geen ware Christen behoort ‘n nie- Christen te oordeel nie. Riaan het self te kenne gegee dat hy nie ‘n Christen is nie. Hoe kan julle hom nou oordeel. Die skeidslyne word net baie duideliker met gay regte. Ons behoort die Bybel te aanvaar in sy volle outoriteit, anders het ons net ‘n ander geloof te doen, wat baie ooreenstem met Christendom, maar wat nie regtig Christendom is nie. Christene behoort alle nie- gelowiges met liefde en respek te hanteer sonder oordeel of haatspraak. Dis ons opdrag. Ware Christene behoort meer volwasse te raak in hierdie saak. Ons kan net dié aanspreek wat deel van die kudde(fold in Engels). Ek het wel ‘n probleem met mense wat my as Christen aanval omdat ek net suiwer wil leef volgens dit wat die Bybel sê. Die God wat ek aanbid se opinie is tog belangriker as die gees van die tyd sin. Anders is ek ‘n skip sonder ‘n stuur, en elke nuwe gier sal my rondslinger en ek sal alle geloofwaardigheid verloor.

Marius ·

Onthou tog dat die Bybel sê dat ware geloof ‘n doodsreuk het vir ongelowiges. Ek dink baie gay mense word juis seergemaak deurdat Christene en sogenaamde Christene kwetsende dinge kwytraak.

humor ·

Ek ken hierdie man nie,maar ek kan my kop op n blok sit hy het met n swak vaderfiguur groot geword en hy worstel deurentyd met n psigiese probleem en skuldgevoelens. Dit is egter geneeslik as hy maar net wil saamwerk.

Vic ·

Sjoe – nou veroordeel jy sommer sy pa ook – briljant. Die vlak van debat op hierdie blad is verstommend.

Matmiet ·

Rom 1:25 Who changed the truth of God into a lie, and worshipped and served the creature more than the Creator, who is blessed for ever. Amen.
Rom 1:26 For this cause God gave them up unto vile affections: for even their women did change the natural use into that which is against nature:
Rom 1:27 And likewise also the men, leaving the natural use of the woman, burned in their lust one toward another; men with men working that which is unseemly, and receiving in themselves that recompence of their error which was meet.
Rom 1:28 And even as they did not like to retain God in their knowledge, God gave them over to a reprobate mind, to do those things which are not convenient;
Rom 1:29 Being filled with all unrighteousness, fornication, wickedness, covetousness, maliciousness; full of envy, murder, debate, deceit, malignity; whisperers,
Rom 1:30 Backbiters, haters of God, despiteful, proud, boasters, inventors of evil things, disobedient to parents,
Rom 1:31 Without understanding, covenantbreakers, without natural affection, implacable, unmerciful:
Rom 1:32 Who knowing the judgment of God, that they which commit such things are worthy of death, not only do the same, but have pleasure in them that do them.
Die bybel sê help jou broer. Help mekaar deur foute uit te wys. Nie oordeel en sê waar jy gaan opeindig nie.

PJ Fourie ·

Maar ek lees dan nou net mans (men), so vir vrouens is dit dan nie sonde nie?

Gay ·

Ek is ‘n gay Christen en ek is jammer om te se, maar Christene jaag meer mense UIT die kerk uit as wat hulle hulle innooi. Een van my Dominee vriende is Gay, weet julle met watse worstel sit hy in hom omdat hy God wil dien en die boodksap wil bring. Maar hy mag nie se wie hy waarlik is nie. Julle wat so oordeel het nie ‘n clue waardeer ons gaan nie. DIS NIE ‘n keuse nie !!!! Julle dryf meer mense UIT kerk uit as om in Goddelike liefde eerder mense in te laat wat NIEMAND skade doen soos Egbreek en Haat en Baklei ens nie sit julle klippe neer en stap weg !!!

Marius ·

Ek is jammer dat mense jou al so seergemaak het met hul woorde. Dis net dat ek gebind word deur dit wat God se woord sê. Ek aanvaar dat Hy in sy almag nie ‘n fout gemaak het toe Hy die woord gegee het nie, selfs al het mense die pen vasgehou. Ons almal is vol sonde, en ons harte is aanbiddingsfabrieke. Die Bybel is duidelik daaroor. Vir my is dit dalk geldgierigheid, vir ‘n ander is dit owerspelige gedagtes, skinder, of wat ook al die vele sondes is. Dis net dat ek totaal en al ontrou sal wees aan God se woord as ek nou skielik begin sê sekere sondes is geoorloof. Ek is ook vol sondige begeertes gebore. Dis waaroor die kruisiging gegaan het. Ek weet dis nie wat jy wil hoor nie, maar die woord van God is duidelik. Enige gay persoon behoort welkom in die kerk te wees, en behoort met liefde hanteer te word, maar die waarheid behoort altyd eerste te kom, en ek glo God se woord is waar.

Tan ·

Askies hoeveel van julle wat hier kommentaar is geskei?
Daar word beweer dat ’n gemiddeld van tussen 50% en 66% van alle SA huwelike in die skeihof eindig. In 2011 is 20 980 egskeidings toegestaan en altesaam 18 571 kinders vorm nou as gevolg van dié jaar se egskeidings deel van gebroke huisgesinne. Daar is ook, volgens 2010 se statistieke, bevind dat die grootste aantal huwelike (27,3%) tussen vyf en nege jaar lank duur. Altesaam 20,9% het minder as vyf jaar gehou. Ek verneem dis ook sonde?

Marius ·

Jy is heeltemaal reg. Maar dit verander nog steeds niks aan waarheid nie. Die Bybel is die handleiding vir Christene. Maak dit egskeiding beter en reg omdat mense dit doen?

jennefer ·

Stem saam, sonde is sonde . Die skynheilige getroudes wat so lekker die kat in die donker knyp is niks minder sondig dan n gay persoon

Natie D ·

Dis vir my hartseer dat ons as mens so verval het, die pastoor vaat uit teen die sonde self nie teen Rian as sulks nie, ons kannie wat verkeerd is reg praat nie. Dit het alles met die mens se drange te doen, as jy dan nie drang om as man by ñ man te slaap nie, hoekom dan die vrou veroordeel wat ñ arme jong seun verkrag. Wat verkeerd is bly verkeerd, behalwe dat sekere sondes nou sosiaal aanvaarbaar is. Ons moet ophou om “icing” op sonde te plaas pak hom by die horings en gaan maak reg met die Here sodat Hy ons land kan genees. Wat verkeerd is in die Woord van die Here bly verkeerd, ons kan dit nie bekostig om sonde meer te “sugarcote ” dis in die mens se natuur om te sondig maar dis ook in die Here dat ons Sy verlossing vind, hoe se die Here ware berou is om te se eks jammer en sal in my beste bermoëe poog om dit nie weer te doen nie. Satan se nek is gebreek op die kruis so gaan kyk maar na sie binnekamers van jou hart en meet dit teen die waardes van die woord van die Here.. Wat my en my gesin betref wil ons graag die Here dien met alles in ons.

Tan ·

Skei maak 2 mense EN die kinders seer, ja gays breek ook op en skei ook maar soos ek se vee voor julle eie stop. Dont judge me because MY sin is different than YOURS al glo ek 100% gay is nie sonde nie…stop julle wegdryf van God af my verhouding met God is my saak en ek glo my verhouding met Jesus is goed !!!

Zoey ·

Man die man wil sy wil op almal afdwing, hy karring so aan en aan daarmee, dit is asof hy wil he iemand moet tog net vir hom se, ja jong dit is okay om gay te wees. Nee boetie dit is nie. En as jy van Jesus Christus praat, dan praat jy van Hom met respek. Gaan lees Romeine 1 vers 27 en gaan lees Levitikus 18 vers 22 en gaan lees Levitikus 20 vers 13. Dit is en dit sal nooit reg wees nie. En as jy dit nie kan verstaan nie en as jy dit nie kan insien nie, dan is dit nou maar jou probleem, maar hou tog net op karring daaroor op radio asseflippen blief.

Stef ·

Nog n on ingeligte
Googl asb Prof Adrio Koning en as jy nie weet wie hy is nie google verder

SNEL ·

Prof Andrio Koning, wil ook weet hoekom gebeur slegte dinge en ek glo ook nie hy kry die antwoord nie en hy bevraagteken God se Almag…(dis bietjie selg). Beste en veiligste is om eerder te lees wat God sê (Sy Woord) as n mens (ander boeke) sê.

tina ·

@PJ Fourie.- Jou woorde ‘ongeag wat die Bybel se’ is skokkend. Jammer vir jou!! Die Bybel wat ook die Woord is, wat ook ‘n lig op ELKE WEDERGEBORE christen se pad is IS DIE HOOGSTE GESAG wat van God gekom het en onder ons kom woon het – Joh.1:1-3 en dit is VIR JOU EN MY EN ELKE BELYDENDE christen se VOORDEEL!!! ) en gegee is om die mensdom te help om sy pad te rig en in n lewendige verhouding met God te kom..daar is nie soiets soos die woord ‘ONGEAG wat die bybel se’ in die WEDERGEBORE kinders van GOD nie.Die Woord is onbeperk diep en namate jou begeerte na HEILIGMAKENDE LEWE waarsonder NIEMAND God sal sien = Heb.12v14-29.) plus help die Here ons ook deur dat Jesus die Heilge Gees stuur (JOH:14:16; JOH:15v15v26) wat ons in sal BYSTAAN,LEER,LEI EN MET ONUITSPREEKLIKE SUGTINGE intree.(Rom.8:26). n Mens kan nie n eie evangelie skryf en dink jy sal God sien nie.

Dedré ·

Dis die ding van klipgooiers soos Rian van Heerden. Hulle kan vinnig Die Woord van Die Enigste GOD YHWH tot verdediging g
misbruik maar stel nie belang om dit tot hulle verlossing te gebruik nie!!! Sies tog. Hy spook vir erkenning.

arizona ·

Johan, ek dink jy het skroef los Meneer. Riaan, en glo my ek is geen aanhanger nie, het nie enige God beledig nie. Luister mooi na sy woorde. Jy raak op hol oor niks, soos gewoonlik. Jy wys na die lug as jy praat van God, God is tussen ons, wie sê vir jou hy is daar waar jy so graag wys. Wat ek vreemd vind is dat die Bybel sê jy moet jou naaste life hê soos jouself. Jy verkondig aan almal jy is n Godsvresende mens. Is Riaan nie ook jou naaste nie. Practice what you preach en hou op om altyd n scene te wil maak oor niks.

Ben Steenberg ·

Anti gay. Daar is te veel mense wat hulle eie god maak soos hulle hom wil he! Dit is diesulkes wat die ware God aanval want Hy pas nie in by hulle smaak nie. Die Christen oordeel nie maar God. Onthou Sodom en Gomora. Wie is Rain om vir God voor te skryf? Dit is juis Christene se probleem om sondes stilweg goed keur. As Christene hulle christenskap op dieselfde wyse as Rian op die lug sou verkondig is daar ‘n vreeslike polemiek! Ongelowiges het vryheid van spraak maar Christene nie. Ek luister lank nie meer na Jacaranda nie, juis weens die verkondiging van losbandigheid. Teregwysing is nie veroordeling nie!

vermeende ·

Hoekom is Sodom en Gamora verwoes. As God die mense in daai stede dan so gemaak het hoekom verwoes Hy hulle dan?
Want dit is n griewel voor God!

Hoekom is daar vandag in vergeleiking meer gay’s 100, 200 jaar terug. Is dit aansteeklik of iets in die water of, of is dit dalk die predeking wat ons vandag ontvang wat sonde reg preek.

Kyk, alles is keuses, as jy kies om lasterlik te wees moenie die skuld na God toe gooi met die verskoning dat Hy jou so gemaak het nie.

T ·

@vermeende, seker dieselfde rede hoekom lyk my pedofiele, egskeidings, haat, skinder, oordeel, molestering, mishandeling, egbreek, losbandigheid ens meer is? moenie oor goed praat waarvan jy niks weet nie. Hoekom sal ‘n kind eerder selfmoord oorweeg as om te erken hy is gay. JY het nie n clue waarvan JY praat nie !!!!

Jani Joubert ·

Wat van n petisie om van die man ontslae te raak. Ek ondersteun dat hy verwyder word met dadelike onstlag.

Kom mense ons staan op vir ons GOD…..

vermeende ·

Jani, nie nog n petisie nie, boikot net die adverteerdes van Jakaranda.

BoikotJacarandaEnOFMenAdverteerders ·

Boikot nie net sy program nie, maar die hele stasie en al hul suster stasies soos OFM, East Coast Radio, Juta boeke en kagiso media want dit is daardie aandeelhoudende groep wat hom daar hou en ons taal, ons mense, kultuur en geloof so onderdruk. As die regering ons laat val is dit een ding waaroor ons nie direkte beheer het nie, maar as ons self toelaat dat iemand wat ons ore nodig het vir advertensieinkomste, is dit ons eie slegtigheid. Boikot ook adverteerders wat van nou af daardie stasie finansier! Ek wil sover gaan as om te se dit is ons Christelike plig om hulle te boikot!

koos ·

Ek stem saam oor die petisie en sommer ook vir die boikot van die stasie.

Donovan ·

Ek verstaan nou nie lekker nie… Staan daar nie in die Bybel dat daar nie n ding is soos groot en klein sonde nie… Sonde bly sonde… Staan daar ook nie geskryf dat n man wat sê hy het geen sonde maak God n leunaar nie… Jammer maar Riaan is gay wat maak sy sonde anders as om te rook, drink, dans, skinder ens… Die sonde teen die Heilige Gees is die enigste sonde wat jou nie vergewe sal word nie… Gaan vind uit wat dit is en los die man uit… Leef vry van sonde of wees vasgevang in alles wat dalk net na sonde kan lyk… Dawid is n baie goeie voorbeeld hoe n man na God se hard lyk… en ek lees in die Bybel dat hy nogal baie aan gejaag het… Bid eerder vir die man dat die Here hom genees van sy sondige lewe as om hom te kruisig…

juls ·

Jy kry wel groot en klein sondes. Laster teen die Heiligegees is onvergeeflik. Sonde met die vlees soos egbreuk is ‘n groot sonde. Seks met dieselfde geslag is’n ewel. Verwys asseblief die verse in die Bybel waar sondes net sondes is. Ek sal dit graag wil gaan oplees.

Poplap ·

Ag nee wat selfde stokkie oom. Hoekom so high and mighty wees oor ander man se seksualiteit. Ek glo vas God is ‘n God van liefde en aanvaarding.

anne ·

SR ek stem so saam met jou skrywe. Ek is bevrees as ek meer se word my kommentaar weereens verwyder.

Vraag ·

HIER IS DIE GROOT VRAAG, WIE VAN JULLE HET NIE SONDE NIE?
Niemand maar NIEMAND is sondeloos nie, hierdie gesprek gaan nerens nie, julle almal en ek is sondig. Hou op vinger wys en gaan kyk na jou eie sonde wat “aanvaarbaar is” soos skei en egbreek, skinder, oordeel … WIE kan die klip gooi, ek wens hulle wil die artikel afhaal dat die tipe boodskappe kan stop. Eks net dankbaar daar is soveel heiliges darem hier wat geen sonde het nie.

Lindy ·

Okey. Regtig nou mense. Hy het gesê ENIGE god. Hy het nie van christene gepraat nie. Nee ek sal nie hom of die stasie boikot nie. Al julle ouens wat so tekere gaan luiter weer en lees weer. Jul spring op jul perdjie. Waarom is dit dat geen ander geloof hulle self so kleinlik maak soos julle kamtige christene nie. O en moenie worry oor Rian of enige ander persoon of myne worry nie. Dis mos my of ons eie probleem as ons dan gaan “brand”. Ek skaam my dood!

christine ·

Daars net en weg na God as jy nie daar uitkom nie is jy waarskynlik oppad hel toe. Albei die wee is eenrigtings en jy kan nie weer omdraai nie. So doen die regte dinge nou dan hoef jy darem nie so beskaamd te wees as jy onvergifnis smeek nie. Sonde ewe groot in die oe van God maar as jy so gebore is glo ek God sal verstaan. Maar deesdae is baie van die mense net so om in die mode te wees te bang om die lewe in die oe te kyk.

peter ·

Die tong is die wapen waarvan die wond nooit genees nie. Dis waarom ons altyd ‘n gewonde nasie sal bly. Oordeel, onvergifnis, praat sonder om te dink, leuns van die kansels, leuns deur die media en owerhede…Onthou die tong moet soos ‘n goeie besigheids beginsel bestuur word:
As jy die daad nie kan meet nie, kan jy die omvang van die skade nie bestuur nie. Net so moet ons elke dag beheer neem van ons omgewing en is dit die moeitewerd om ons te wip oor iets waaroor jy nie beheer het nie. Hou jou eie wereld onder en binne beheer en laat die ander aan voeter.

IRON ·

STERKTE VIR AL DIE GAY MENSE JULLE SAL VEROORDEEL WORD DIE DAG AS ONSE VADER KOM GAAN LEES LEVITICUS 18:22 DUS VROEG IN DIE BYBEL RIAAN AS JY WOU WEET PRESIES TE WEES BOEK NR 3 IN DIE BYBEL

E ·

Wat is sonde? Om ń chappie te steel, kar te steel, moor, roof, oordeel, skinder, vloek, humeur. Ons almal is vrot van die sonde.
Uit genade is ons gered, en die Liefde is die grootste van alles. Soveel hol simbale wat geraas maak!!!!!

Bert. ·

Mense moet nie oordeel nie ! Last die Bybel ( die egte Woord van God), die oordeel werk down. Lees Romeine 1 : 18 tot en met die einde van die hoofstuk. GOD SE WOORD IS DIE WAARHEID!

Bert. ·

Mense moet nie oordeel nie ! Last die Bybel ( die egte Woord van God), die oordeel werk doen . Lees Romeine 1 : 18 tot en met die einde van die hoofstuk. GOD SE WOORD IS DIE WAARHEID!

Marthinus Geyser ·

Die grootste euwel v ons tye in ons geloof is polities korektheid en die kwessie v oordeel.
Riaan en almal wat skreeu” jy mag nie oordeel nie” sit die pot mis.
Die Woord maak dit baie duidelik dat homoseksualiteit teen God se wil is en dit is ons as Christinne se plig om ons medemens in te lig en te waarsku as ons sien hul dwaal.
Ons mag die persoon egter nie oordeel deur te se hy gaan hel toe nie, dis slegs God se besluit.
Deur op die ” nie oordeel nie” wa te klim is onbybels en is n uitgediende verskoning.
Ons as Christinne moet sonde op die naam noem en dit vd dakke af skreeu.
Onthou stilbly is instemming.
Riaan moet sy Godslastering maar self uitsort met God.
Maar sy eie ego en selfverheffing sal hoom waarskeinlik kniehalter.

Tinktinkie ·

Julle Christene kan dan nie eers saamstem of homoseksualiteit vlgs d bybel reg of verkeerd is nie? Almal wat hulle hier as christene voordoen….lees julle almal dieselfde boek???

Lynnette ·

High Five!! Baie mooi gesê!!! Ek stem saam met jou.. Gays moet bekeer. Dit is ‘n gruwel in God se oë.

Stefan ·

Ons land is aan skerwe en hier staan ons en baklei oor ‘n man se uitlatings! Rian is seker deur Zuma betaal om die aandag van hom af te kry. Mense Rian is ‘n verlore siel. Red wat te redde is. Hy is 40. Hy het die lewe geleef en hy sal antwoord moet gee op sy besluite en godslasterlikke aanmerkings. Verander van Radio stasie as jy nie na hom wil luister en baklei vir dit wat werklik saak maak. Ons land , Ons vreiheid , Ons familie, gesinne ons so genaamde demokrasie. Ons as Christene is so vinnig om vinger te wys dat ons vergeet van wat werklik saak maak. As jy jouself met die semels meng sal die varke jou opeet.

Lance ·

Ons is lief vir almal …van ons familie en vriende is gay en ons behandel almal dieselfde …God het almal geskape en ken so ons almal se harte en die oordeel kom nie een van ons toe nie . Rian ons is lief vir jou ook ….my huis gaan nie oordeel nie net God kan ….so leef en laat leef en raak bevry van oordeel en haat wat jou as mens net aftrek …

Elizabeth ·

Ek luister heeltemal te lekker na Rian om hom te boikot. En nadat ek die vlak van debattering op die blad gevolg het en duidelik die boodskap gekry het dat as jy jouself n christen wil noem jy ander behoorlik moet kan veroordeel sonder om jou commen sense te gebruik en wat gese is in konteks te sien, verstaan ek ook heeltemal hoekom kerke leegloop.

Bruno Stef ·

Dit gaan nie oor GAY wees al dan nie.Rian vertel vir die mense wat jy by OFM met jou mede aanbieder n dame aangevang het om jou verwronge siening van n grap op die lug aan die hele gemeenskap uit te saai.Dit was walglik gewees daarom moet jy nie ander mense verkleineer nie ongeag jou seksuele voorkeure wat in elk geval niks met niemand te doen het nie.

Rizzoli ·

Vreemde ou landjie waarin ons woon. Jy mag maar korrup wees, moor, steel, jou vrou slaan, besope wees…..solank jy net nie rook of gay is nie! To each his own. Ek giggel lekker oor al die eng mensies, daar is veel belangriker issues in ons land.

pieter ·

DANKIE RIAAN EK HET NIE GEWEET DAAR IS SO BAIE CHRISTENE NIE. SIEN JULLE SONDAG IN DIE HUIS VAN DIE HERE,AMEN

Theuns ·

Die Bybel is die woord van God!Die Woord van God dra by tot die goeie orde in die samelewing. Al sou jy nie aan die Bybel glo nie en jy gebruik dit net as ‘n Handleiding vir ‘n goeie lewe dan het jy al goed gedoen!! Dink aan die Tien Geboeie. En miskien kan Riaan vir ons se waar sien hy in die Bybel dat dit sy seksiele keuses goedkeur? Gay wees en om daarmee te koop loop is verkeerd!

Mina ·

Ek het nie n probleem dat hy gay is nie dit is elke person se eie besluit en keuse, maar dat hy GOD lasterend is, is ongelukkig n feit en die is nie die eerste keer nie maar hopenlik die laaste keer, hy maak pandoras box oop en dan wil hy een versie uit die bybel vat om dit te regverdig, dis nie teen jou nie Rian dis teen jou arrogantheid wat ons jou wil af he, jy dink jy kan se en doen wat jy wil en ons moet dit maar net aanvaar, jacaranda gaan hopenlik van jou ontslae raak, dan kan ons weer in die oggende daarna luister, maar na jou en jou span luister ek en vele wat ek ken nie meer, Martin Bester enige tyd, jy kan by hom gaan leer, jy dink jy weet alles maar jy het jouself lelik misgis.

E ·

Sonde is sonde, ongeag. Ons almal is so vrot van sonde. Net uit genade is ons gered.Sonder liefde is ons niks.
Hoe trek jy ń persoon nader? deur oordeel of liefde?
Geen mens op aarde het ń voet om op te staan nie.
As jy jou eie ek aflê, sal geen maar geen stelling jou ontstel nie, want Jesus is groter as eiewaan.
Net God het die mag om te oordeel.

mosselbaai ·

Lady P ek kon dit nie beter gestel het nie..dis die rede hoekom.ek nie kerk toe gaan
Want as mense wat hulself christene noem ander mense so kan haat! Retha Widt of whatever ha naam is en Danie Botha pleeg ook haatspraak teenoor gay mense. Asof hulle betee is! Sing en prys maar teen n prys!!

Christene haal net dele uit die bybel wat hul pas!

Barend van der Merwe ·

Mosselbaai is korrek. Want die Bybel verbied ook die eet van bloed. Dit was so sedert die tyd van Moses, en ook in die tyd van die Apostels (kyk Handelinge 15:29). Maar nou het ek geen gelowige al gesien wat preek teen t-been en nat beesbiltong nie.

Die Bybel is beslis net maar ‘n boek waarmee mense doen wat hulle wil. So basies kies mense wat hulle wil glo en wat nie.

Dit is scary.

Vlug weg van religion af. Dit maak mens net deurmekaar.

Karma ·

@Ek sê ma net (hier êrens bo – is mos nie braaf genoeg om die antwoord-opsie in te stel nie) – ken jy my? Weet jy my regte naam, waar ek bly ens. ens. ens. Moet dan nie vir my vertel ek ken Christenskap nie. Ek is ‘n Christen, beslis nie ‘n heiden, Bhoeddis, Hindu, Jehova’s Getuie, Moslem of wat ookal nie. Ek is net nie ‘n klip-Christen nie. Ek gun almal in plekkie in die son, ja selfs anderskleuriges ook. En, ek kan nie Radio Jakaranda luister nie (ek bly nie in Pretoria) of Gangster’s Paradise (GP) nie.

Quentin Prinsloo ·

Wat van Koning David en Jonothan……daai is n Brokeback Mountain storie op sy eie in die Bybel….

Jollie-Jacqueline ·

Quentin, jy is van die wal af. David en Jonatan was nie gay nie.

SNEL ·

Die Here kry nou weer die skuld vir als….wat van ons word in sonde gebore (omdat Eva en Adam die vruggie geëet het) en daarom het ons elkeen iets waarteen ons moet veg. Of jy nou n gebore leuenaar, dief of homoseksual is, ons elkeen het n sondige natuur en selfs Paulus skryf hoe hy teen sy sondige natuur moes veg, so of ons onsself wysmaak dat dit nie Bybels verkeerd is nie en dit ons laat sus, maak dit nog nie reg in God se oë nie. Laat die wat ore het hoor. In die laaste dae (wat almal ook sal sê kom nooit) gaan sulke teenkantings teen God se Woord net erger word. Laat God se Woord vir Homself spreek, glo wat julle wil glo, maar almal sal rekenskap moet gee vir hul eie dade.

Cobus ·

Dit is vir my heel duidelik dat daar heel verskillende basislyne gebruik word oor die kommentaar gelewer. Of jy glo in die woord van God wat duidelik aangehaal is uit Romeine of daar word geglo in iets anders. Die Lewende God se voorskrifte is duidelik. Die wat nie wil of kan sien nie of nie wil of kan hoor nie gaan soos almal voor die regterstoel staan en vir sy of haar lewe verantwoording moet doen. Die mens weet wat is reg of verkeerd en sal aan die einde van tyd hulle self wysmaak dat verkeerd (sonde) aanvaarbaar is. Maak tog almal jul lewe reg voor dit te laat is. Ons sal nie kan sê ons het nie geweet mie

Daan ·

SR, indien jy alles in die Bybel staan hoop ek dat jy ongeskeer is, geen tatoo’s dra nie, dat jy goedkeer dat dogters wat nie maagde is op hul troudag deur die gemeenskap gestenig moet word, dat jy steeds die wette van God gehoorsaam soos gestel in Markus, dat mans wat met ander mans lê ofteweo vrouens met vrouens in die dorpsplein gestenig moet word ens ens.

Ouma ·

Nee ek dink nie Rian het probeer om God se naam te beswadder nie. Ek dink hy het gepraat van “gotte” soos die inboorlinge voor die Evangelie verkondig is, aanbid het .Bome en stompe en sulke goed wat nie lewe nie, Die”gotte” wat mense deesdae aanbid is die geld-got, status-got, eie-ek-got, pornografie-got ens ens. Ja dit is nie die moeite werd om sulke dooie gotte te aanbid nie. Maar die lewende God, sal jou nooit verwerp nie. Al is jy wit, swart, geel, guy, straight, arm, ryk, vet of maer. Hy het elke persoon lief. En dit is wat Rian gesê het hy geen nie om wat se got dit is nie – met 8 arms of ‘n boom……Hy het eintlik kant gekies vir ons God wat jou liefhet net soos jy is.

Ag en los die guys nou uit. Wie sal KIES om verwerp te word en seer te kry? Niemand. Baie van dié mense het al tot uiterstes gegaan deur vir skokterapie, hipnose, psigiatriese behandeling gegaan en by God gepleit om hulle te genees. Maar jy is wat jy is. Al van voor jou geboorte.

Flintstone ·

Kan iemand asseblief vir ons ‘n petisie optrek en sirkuleer wat hierdie verwaande wit graf van die lug kan verwyder,as ons ‘n miljoen stemme kan werf teen E-tol,kan ons seker hierdie Godslasterlike wese van ons lugweë afstem?

Elon ·

Wie is die kleinserige god wat deur almal hier verdedig moet word? Dis mos nou n saak tussen hom en Rian, nie waar nie?

Ben ·

God is net liefde nie maarook geregtigheid daarom het Hy ons die gebooie gegee. Sonde is sonde. God gee elkeen van ons die reg om ons sondes soos Dawid te belei. Romeine 6 vers 23 se dat die loon van sonde is die dood maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. Ek lees dat die Christen nie mag oordeel nie maar liefde aan almal moet betoon. Gee dit die gay-gemeenskap die reg om Christene te oordeel? Waar is hulle liefde en verdraagsaamheid?? Ek het saam met gays gewerk en hulle het nooit met hulle gay-skap te koop geloop nie. Hulle was pragtige bekwame kollegas. Daar was wedersydse respek. Deesdae dwing die gay-geslag hulle gay wees op ander af en beskuldig hulle die Christene as onverdraagsaam sonder om verdraagsaam teenoor Christene te wees. Rian jy het die reg om gay te wees. Dit is jou goeie of slegte reg. Hou jou by jou lees en die meeste Christene sal jou as mens aanvaar. Liefde is ‘n wedersydse begrip.

Ben ·

Snaaks hoe baie van die kommentare verwys na die sogenaamde KLIP Christene. Dit is skokkend hoeveel kommentaar Riaan se uitlating steun. Dit is nog erger om te lees hoeveel kommentare die lesers se swak kennis van die Bybel weerspieel. Hou op om ander paadjies rondom die woord van God te loop. Om gay te wees is nie om “oopkop” te wees nie.. Gay wees is sonde. In vroeer jare is hulle met klippe dood gegooi. Erken dit is verkeerd en strydig met die Woord van God. For that matter ook die Islam, Buddhisme, Die Ortodokse Kerk en vele meer. Ek sal ook bang wees en dit afmaak as ‘n ou grappie. God speel nie.

Johannes ·

Rian van Heerden jou stelling was “enige god wat mense veroordeel oor wie hulle is en hoe hulle gebore is, is nie die moeite werd om aanbid te word nie”.
Eerstens, die Drie-Enige God maak mense nie Gay nie, dit is ‘n keuse wat so ‘n persoon uitoefen om ‘n bepaalde lewenswyse te volg.
Tweedens, as jy se ‘n god mag nie iemand veroordeel vir wie hulle is nie, dan se jy mos nou dat ‘n god nie iemand mag veroordeel as hy ‘n krimineel is nie. Hy kan mos nou nie help dat hy krimineel grootgeword het met slegte opvieding nie, en dat dit ok is.
Derdens, ek oordeel nie self Gay mense nie – die Drie-Enige ware Almagtige God sal dit met die Wederkoms doen. Die punt bly staan dat Hy duidelik in Sy Woord se dat Gay gedrag verkeerd is, en tensy so ‘n persoon hom bekeer dat God self hom sal oordeel vir sy dade punt.
En as dit beteken dat jy nie God wil aanbid nie, dan bid ek dat jy tog eendag tot bekering sal kom!

Petru ·

Gay wees is sonde , Maar karaktermoord is Christelik . Hierdie kloutjie kry ek nie by die oor .
Gay of straight . Jesus het vir jou aan die kruis betaal . Glo en geniet die vryheid in Jesus

Pieter ·

Ja Jesus het vir ons sondes aan die kruis gesterf, maar dit beteken nie dat ons nou maar net kan aangaan en doen net wat ons wil nie en “ons vryheid maar geniet nie” Daar is nie een wat sonder sonde is wat op hierdie aarde geloop het nie behalwe Jesus self. Ons moet daagliks ons sondes belei en ons moet probeer om ons daarvan te weerhou om maar net weer die verkeerde weer en weer te doen. Daar is niks wat die mens kan doe om aanvaarbaar vir God te wees nie. Ons word slegs alleeb gered deur Sy onverdiende genade.

Lance ·

Hoekom sal enige regdenkende persoon ooit KIES om gay te wees wonder ek nou….dis dan SO n moeilike pad …veral as mens net kyk na al die veroordeling hier ….goeie jimmel ek kannie dink dis n keuse nie … dis verseker geneties …its in the DNA …. elke mens is anders en God ken elkeen se hart en ons is almal na God se beeld gemaak …so leef en laat leef ….dis netso min n gekose ding as die hetro mense str8 is …so my huis gaan nie oordeel of enige teregwysings maak teenoor niemand nie …..wees wat God jou gemaak het en leef dit voluit asb !!!

Johan Heinemann ·

Hi Johan. Het jy nie n tyd gelede n politieke video in jou agterjaard gemaak nie? God het jou en Riaan ewe lief.

Johan Heinemann ·

Hy Johan. Het so pas n video op youtube gekyk wat jy praat oor onvoorwaarlike liefde. Dit is great. Ek wens Riaan wil ook daarna kyk en weet, God het hom onvoorwaardelik lief. Liefde vir julle altwee.

Willem ·

Dit is lankal tyd dat ons as Christene ook getrou teenoor ons GOD is en ophou om verskonings uit te dink om die wat SY naam laster te verskoon.
‘n Ander bekende persoon het onlangs dit ook gedoen. Weet nie wat van hom geword het nie.
Al wat ons kan doen is om druk op die instansie wat die dade uitsaai of in koerante ens plaas nie verder te ondersteun nie.
Laat ons tenminste opreg en getrou wees.
Daar is net een WARE GOD
Amen.

Lou ·

Aan AL die mense hierbo: Rian en die Evangelis het julle almal in hulle modderpoel ingetrek.

Neel ·

Ek probeer baie hard om n Christen te wees en glo in God, MAAR ek ken baie gay mans en vrouens en (ateïste) wat beter mense is is as baie sogenaamde Christene. Self weet ek nie of gay wees reg of verkeerd is nie, maar wat ek wel weet is dat ons genoeg ander probleme in SA het (armoede, kinders met kanker, selfdood, depressie, die regering ens.) om onsself mee te bemoei, as om mekaar net die hele tyd af te kraak. Wat sê die grootste van die 10 gebooie – Jy moet God liefhê en jou naaste soos jouself. Sela

Se Net ·

Wel elke ou is seker geregtig op hulle opinie. Ek glo persoonlik ons het almal sonde en God sit nie meet sonde teen mekaar op nie. Maar ek glo wel dat ons moet se wat on glo in die woord die waarheid os oor sonde, soos met egbreek, steel, moord en seksuele sonde van watter aard ook. Dit is my opinie ten spyte van onse sond God ons steeds lief het. Dat Jesus vir almal is. Hy het gekom vir sondaars. Soms word mens so in religie vas gevang dat mens vergeet dat Jesus selfs die slegste mense in sy geselskap gehad het. Ek is seker dat my sonde is seker net so erg soos die ou langs my. So maak maar elkeen eerder sy eie saak reg met God en laat Hy sy werk in ander doen. Nie ek of jy kan neerkyk op ander wanneer ons self ook werk nodig het nie. Se net.

E ·

Net so terloops. Die bybel se ook die wat eerste was sal laaste wees en die wat laaste was sal eerste wees.
So vir al die alkohliste, diewwe, rokers, sekswerkers, gays en lesbians daarbuite. God het jul na sy beeld geskape en is lief vir jul.
En vir al die liefhebbers van self wat die kerkbanke volsit, daar is vergifnis van sonde.

Anonymous ·

Die man het nie spesifiek gepraat van God, of Jesus nie… Tog moet elke Christen iets se. Daar word dag in, dag uit gepraat oor seks, dwelms, en geld op radiostasies en rolprente sowel as die media verkoop skoonheid en perfeksie. Is dit nie ook ‘n manier wat die duiwel gebruik om ons teen mekaar te draai nie?

Perhaps if a greater number of you were to comprehend what you hear, the final result would not be construed to mean something that is absent of religion but a universal feeling the man was expressing. Now, some conservatives all seem to pierce dagger into the chest of a man who has on many occasions fought for Afrikaans, the Boer, and what an absolute destitute our parliament is.

One final thought… It’s shocking to know how few of you have proper knowledge of the constitution and it’s contents. Within you shall find many freedoms including that of expression.

Wel gedaan aan julle almal.

Marius ·

Die tye gaan moeiliker word vir Christene wat net hul oortuigings kan uitleef. Dis omdat ware Christene Jesus se liefde ten toon stel. Ek weet nie hoeveel mense hier werklik Christene is nie, en dis nie my plek om te sê nie, maar baie mense hier toon liefdeloosheid. Moslems word nie getreiter met hul geloof oor gay aspekte nie, want hulle het volgens hul geloof die reg om dit wat hulle glo met moord te regverdig. Jesus gee geen opdrag soos dit nie, inteendeel, hy verkondig liefde. Maar dis nie ‘n liefde wat alles oorloof nie. Niemand kan dit definiëer nie, want alhoewel dit liefde aan ‘n kruis verkondig, gaan Hy ook terugkom as regter. Om ‘n berouvolle lewe te leef is swaar, en om in belydenis te leef oor ons sonde is swaar, maar dis waarom Jesus gesê het die pad is nou, en min wandel daarop. Christene wat in God se woord glo as gesag oor hul lewens sal meer en meer as klip Christene beskou word. ‘n Nuwe liberale gees is besig om die wêreld oor te neem. Ons beweeg in ‘n tyd in waar alles geoorloof is, en ons sal alles kan regverdig met enige argument denkbaar. Christene in die Bybel sin van die woord durf net nooit te twyfel in God nie. Hy het nie skielik “verlig” geraak nie, want dan kan ek hom nie respekteer nie. Wie weet wat Hy dan more sal oorloof?

Daan ·

Jakaranda probeer christenskap uitdruk sodat die land reg gemaak kan word vir Islam se oorname.

Johanna Botha ·

As n ma is my hart baie seer vanaand na ek van die komentare hier gelees het. My seun het ons in Desember toe ons met vakansie was is Hartenbos gese dat hy gay is. My seun is nou 24 en my enigste wonderkind met 6 onderskeidings en n graad en net n pragtige kind met n blink toekoms voor hom. Ons is n gewone christelike gesin met goeie waardes wil ek glo. Die familie was redelik goed gewees seker omdat hulle my seun ken vir die kind wat hy is ,veral die mooi waardes wat hy koester. Maar my hart is seer om te dink mense is so verdoemend veral as hulle hom nie eers ken nie en om te dink ons sit dalk langs mekaar die sondag in die kerk. Wonder soms of ons iets verkeerd gedoen het …ons was tog altyd daar in alle opsigte. Ons bly lief vir ons kind en hy bly my kind ongeag al nie negatiewe en verdoemende komentaar . Leef en laat leef ons vertou op God want hy maak nooit n fout nie. My kind moet uitgaan en wees wie en wat God hom gemaak het asb.

Kraai ·

Ek weet presies hoe jy voel mamma. Ons is deur presies dieselfde. Eers skok, dan woede en wens dat hy eerder dood was dan kom die aanvaarding want God het hom vir jou geleen om hom goed groot te maak vir Hom. Ek kry my kind inniglik jammer want dis ‘n bitter eensame lewe omdat die wêreld hulle veroordeel en wil stenig. Ek is nog net so lief vir hom soos die dag wat hy gebore is en ek dank God vir my wonderlike seun waarop ek baie trots is. Hy hou hom nie op met verkeerde dinge nie en a.g.v. sy harde werk en commitment verdien hy ‘n fantastiese salaris op ‘n eerlike manier. Is hy sleg omdat hy gay is? Nie in my oë nie maar ek is nie God nie daarom oordeel ek nie en gee net liefde en ondersteuning soos wat God van Christene verwag.

Marius ·

Oor ‘n 100 jaar van nou af sal die meeste van dié liberale pro gay Christen kerke nie meer bestaan nie. Hulle is eintlik besig om hul eie bestaansreg te ondergrawe. Die patroon was deur die eeue dieselfde. Sodra die kerk meer aanvaarbaar gemaak word vir almal verloor dit relevansie, want dan word dit ‘n plek waar jy geleer word om ‘n beter mens te word. Dan word dit ‘n goed voel klub oor hoe wonderlik die mens eintlik is. Dan verdwyn dit. Europa het net 2% Christene oor. Die oorsprong lê in liberale sienings. Kerke daar is nou net mooi geboue. Die Bybel gaan oor berou oor sondes, en diepe verootmoediging. Dit het nog nooit gegaan oor akkommodasie vir almal nie. Vir 2000 jaar het die ware Christen kerk reeds oorleef. Dis juis in die suiwer woord dat voortbestaan verseker sal word, al word die kerk hoe klein.

Pieter ·

Nêrens in enige Bybel staan daar geskryf dat om gay te wees vir die Lewendige God aanvaarbaar is nie. Daar staan duidelik geskryf dat God die huwelik ingestel het tussen ‘n man en vrou, NIE tussen ‘n man en ‘n man nie of ‘n vrou en ‘n vrou nie. Om die waarheid te sê dit staan geskryf dat God ‘n geweldige afsku het in dit wat mense van dieselfde geslag met mekaar doen. So erg was Sy afsku dat Hy Sodom en Gomorra totaal vernietig het met swael en vuur. Hoé kan enige mens dit regverdig dat dit aanvaarbaar is ten spyte wat die Bybel daarvan sê? Ek dink nie die vrou wat ingeskakel het het die betrokkenes persoonlik geoordeel nie maar spesifiek die sonde en gevolge van gay wees. Ons geveg in hierdie wêreld is al lankal nie meer teen bloed en vlees nie maar teen die bose magte van hierdie wêreld wat so ‘n groot houvas het op baie mense. Ek is ‘n Christen en weet dat ons NIKS in die Woord van God kan verander om ons te pas soos ons dit wil hê nie. Dit is waarlik skrikwekkend om te sien hoe baie mense die Woord van God afwater asof dit maar eintlik niks beteken nie.

Philip ·

Pieter, antwoord gou vir my hierdi vraag. Hoekom het God sekere mense gay gemaak? Dis Darem wreed as hy dit aspris gedoen het ne. Navorsing kan Nou bewys dat di verskil Tussen gay en st8 is slegs n baie Klein marker op die X chromosoom is. Mense word so gebore en Wie is jy om hulle te veroordeel, dit kon jy gewees het!!!

Jo ·

Ai tog….vreeslik….op ligter trant
(Lol)as ek gay was wat ek nie is nie, baie gelukkig getroud en n vrou sou ek Adam Lambert gekies het, hy is
“beautiful”!!!

Lance ·

Onthou asb dat jou Bybel soos jy hom nou in jou hande vashou baie boeke kort wat ons weet nooit deel geraak het van die boek nie ….so ons weet nie wat daar staan nie ….dalk opsetlik uitgelaat ….

Elizabeth ·

O jinne Lance, talk about opening a can of worms…..nou gaan al die “christene” jou met die onvolledige bybel oor die kop wil slaan! :)

Jo ·

Sjoe, jammer oor my ligsinnige opmerking, ek trek dit onvoorwaardelik terug!

Marius ·

Christian, die vrede wat Europese lande ervaar is gebou op die hoekstene van die Christelike kerk. Kyk maar hoe Islam Europa gaan oorstroom omdat mense geen meer rigtingwyser het nie. Europa se elende is nie ver van hier af nie.

Terloops ·

Haha! Europa het maar deur die eeue net so baie konflikte gehad soos al die kontinente.

Christian ·

Nee wat, toe Europa nog baie Christelik was toe was daar eers oorlog. Dink maar aan die Protestante vs Katolieke. Die het groot oorloe in Europa veroorsaak. Dink maar aan die kruistogte. Jy is reg wanneer jy se wanneer moslems nou na Europa toe kom gaan daar meer probleme wees. Ja presies, want hulle bring hulle geloof saam wat nie by ‘n moderne saamelewing pas nie. Weereens geloof veroorsaak meer probleme as oplossing. Weereens die lande met die minste geloof is ook die vreedsaamste. En dan lande soos Suid-Afria waar 80% se hulle is Christene is daar net moord en roof. Amerika ook ‘n groot Christen land, geweld by dosyne. Lande met die miste geloof is van die vreedsaamste lande op aarde. Dit spreek boekdele.

clodge ·

Ken jy hom…om te sè hy is onopgevoed??? Nou vat jy sy ouers aan…SIES!!. Ek sal nie sè jy is ” onopgevoed” nie
..maar just so you know, it’s Darren SCOTT…. Just saying…

SR ·

Ek gaan nie in n argument betrokke raak nie. God is liefde, lewe en als wat goed is. So ons maan jul uit liefde. Want as ons dit nie doen nie is jul bloed ook op ons hande. Nou ek weet wat ek glo en ek staan daarby. Jul kan glo soos Jul wil Daan en Barend. Maar ek hoop jul oë gaan oop.

Terloops ·

Sjoe, ek sien hier is baie geleerdes… of gesalfdes… of professors… of skrifgeleerdes… of heiliges wat kommentaar lewer.

Kraai ·

As ma van ‘n gay seun en as selferkende Christen glo ek in my bybel soos ‘n kind. Verder glo ek dat ek my plekkie in die son het en dat ek elke mens sy eie plekkie in die son moet gun. Wat en hoe jy lewe is jou saak. Jy skryf in jou eie boekie en eendag gaan jy en jy alleen rekenskap moet gee. Vrede vir almal.

Nic ·

Rian, as jy op die wieke van die wind sweef met baie faan om jou, kan jy miskien dink dat jy ‘untuchable’ is. Maar God laat nie met Hom laster nie… maar God sam jou vergewe as jy na Hom uitryk.

Jef ·

Mense kan maar in hulle verskillende gelowe glo, dis iedereen se eie vrye keuse maar moet my nie daarmee lastig val nie, en ek luister lekker na my country musiek uit Amerika met my wereld ontvanger radio.

E ·

Ai ou Neel,
Ek sê nie sigarette is sonde nie, ek rook self. Wat ek probeer sê is dat daar so baie mense in die kerk is wat ander oordeel, wanneer oordeel self ń sonde is.

Danie ·

Riaan God laat nie met Hom mors nie,wat jou doen en late is jou probleem maar jy mors nie met my Godsdiens nie.So hou volgende keer jou swak kommentaar vir jou self.

Philip ·

Om gay te wees is nie n keusie nie, dis hoe mense gebore word en as alles wat God slep perfect is en na sy wense hoe kan JULLE kastige Christene gays veroordeel!!! Julle onkunde en veroordeling vernietig mense Se lewens en is di rede dat gays ni meer na kerke toe Kom ni!!!! Kry julle feite reg en lees bietji meer as net di bybel end julle oogklappe sal dalk afval!!

Thuunda ·

So Philip, het jy wetenskaplike bewys dat mense gay gebore word? Indien so, word ‘n mense ook as ‘n alkoholis, ‘n veelwywer, ‘n moordenaar, ‘n kleptomaniak gebore? Iets wat nie beheer kan word noe, of is dit dalk klein besluite wat ‘n mens maak deurgaans deur jou lewe wat jou op ‘n plek bring waar jy dink jy is so gebore. Ek kan nie help om te steel nie, of om rond te slaap nie, ek is so gebore. Ons almal moet besluit watter paadjie ons wil loop, baie paadjies loop na die dood, een paadjie na die ewige lewe. Moenie verskonings soek in dat jy so gebore is nie, dis deurgaanse besluite wat progresief lei na ‘n lewenstyl, goed of sleg.

GES ·

Die dag as ons net wil hoor wat God te sê het oor die onderwerp sal ons vorentoe beweeg. Vergeet wat mense te sê het, dit dra geen gewig nie. Gaan lees Romeine 1 en maak jou geestelike ore oop. Dit het absoluut niks te doen met wie het sonde en wie het nie. ‘n Gruwel is ‘n gruwel of ons dit wil weet of nie.

Stella ·

God made Adam and Eve not Adam and Steve, neither Madam and Eve.

Kobus ·

Ek het woensdag ogend my radio op 702 gesit soos dit Riaan en sy mede komentators of liewer skiewies se keuse is om so vlak te wees is dit my keuse om eerder na Jhon Robie se snert te luister.

Oom Kalahari ·

Die drie enige God is en sal altyd daar wees en maak van Hom nie ‘n bespotting nie, maar vermy ook die kring van die spotters.

Annett ·

God het nie gay mense gemaak nie. Ons is na God se beeld gemaak. God haat die sonde en nie die mens nie. Ek weet van gay mense wat daaruit gekom het deur die vrymaaking van Jesus Christus. Dit is dus ‘n keuse wat mense maak, om daardie leefstyl te leefstyl of gaan kyk ‘n bietjie dieper en sien dat daar iets in sy jeug of kinderdea met hom gebeur het.
Gaan lees asb jul Bybels in konteks vir die wat net sekere geddeltes lees, lees van Genesis tot Openbaring dan gaan jy sien wie God is, wat hy haat. Hy is God van liefde. En nee dit is ook nie God wat hierdie dinge toegelaat het nie. Elke mens het n vrye keuse wie hy wil dien, maar hy/sy moet weet dat jy daar volgens gaan geoordeel word op die oorddeels dag wanneer Jesus sy Bruid kom haal.
Draai terug na God Suid-Afrika en dit sal beter met ons gaan.

Jaco ·

Amen Annett, ek wil ook net n stelling maak, God haat sonde. God haat ongehoorsaamheid, die kerk is ongehoorsaam aan God se woord. Rian is verkeurd maar so is baie lessers en kerk aanbidders, baal mammon allha is almal n god. My God se naam is YHWH. Dis hoekom alle gelowe die bybel kan lees en gebruik en opinie lewer, die grieke en romeine het die bybel aangepas. Die een sonde is nie groter as die ander een nie, om nie YHWH se Shabbat te hou nie is net so verkeurd soos om gay te wees. Die kerk en wereld sien nie dit in die woord nie maar kruisig vir Rian.

Cherokee ·

Toetsvraag Jaco, en moet nie my vraag ontduik nie. Erken jy dat Jesus die Seun van God is?
Bykomende vraag: Lees jy die King James weergawe van die Bybel of gebruik jy ‘n ander weergawe wat seksisties en met sommige weglatings opgestel is? Ek wag baie nuuskierig op jou antwoord en waarskynlik is daar meer mense wat wag daarop.

Cherokee ·

Het die verkeerde woord gebruik. Ek het sektaries bedoel en nie seksisties nie! Maroela, wees asseblief so vriendelik en doen die regstelling.

Daan ·

SR ek haal bloot aan wat in die skrif staan. Ek dink net dis arrogant om God in ‘m boks te wil plaas en te verkondig dat mens die “mind” van God te ken.

hykie ·

Ag man jy is self god hier. Ek’s gay en im as happy as can be fokus op jou lewe man.

Albertus ·

Rian, jy het nou God die Vader aan gevat en jy gaan die slegste daarvan af kom. Jy hoort die op die lug nie!!!! Jy het jou naam behoorlik met ‘n plank geslaan.

Stef ·

Nee ek dink die wat hul self Christene noem het hul naam met n plank kom slaan wil kom se wat is sonde maar is OM TE OORDEEL ook n sonde nie
My vraag is maak God foute ???? Nee my God maak nie foute nie want ons almal uit een Hand geskape.
Gaan sit bietjie op daai vraag oom en gaan dink mooi voor jy my gaan antwoord. Daar staan immers geskrywe dis net jou geloof wat jou sal red as jy ooir die God se 7 geeste verstaan wat in Openbaring op geskryf staan sal jy weet waar oor Die Bybel gaan

Daan ·

Geloof, soos enige ander onderwerp, is oop vir kritiek. Elke mens is geregtig op geloof, maar dit dra nie immuniteit teen kritiek nie. Ek stem 100% saam met Rian van Heerden se siening oor gode en seksuele orientasie. Ek vind dit arrogant dat mense kan verkondig dat hul die denke van God ken. As daar ‘n god bestaan wat persoonlik betrokke is, sal daardie god elkeen van sy kinders lief hê ongeag hul foute en hul nie verdoem tot ‘n ewige hel soos in die 3 Abrahamiese gelowe nie. Ook sal hy nie sy kinders beveel om sy ander kinders te vervolg, vermoor en stenig soos in die Bybel, Torah en Quran nie.

Thuunda ·

Daan ou maat, jy het sopas jou eie afgodsbeeldjie geskep, ‘n aanvaarbare god vir Daan, een wat met al Daan se opinies saamstem, een wat Daan aanvaarbaar vind. Julle het geen basis vir julle opinies, dis net jou eie opinie, ten minste kan ons op groter gesag staatmaak, dis nou die wat totaal glo wat God in die bybel openbaar het. Ja, ek is een van DAAI ouens. Lol at the hate.

Katryn ·

Ek hoop regtig dat julle almal wat die gays so oordeel, nie groen koring op die lande het nie.

Thuunda ·

En so gaan oordeel Katryn toe nou ook almal. Het julle geen skaamte oor julle so huigel nie, of kom julle nie agter nie?

Thuunda ·

Sjoe, kyk hoe oordeel die mense die Christene, dieselfde mense wat wil baklei omdat hulle leefwyse / sienswyse geoordeel word. Ten minste verwys die Christene na ‘n groter gesag, wat maak die vingerwysers op staat? Dis reg, Opinie 3 v 7. Dit sal ook help as mense weet hoe die bybel reg geinterpreteer moet word (*kug Barend). Moet nou nie lui wees en doen bietjie navorsing. Julle huigelaars is ‘n lagwekkende klomp.

Thuunda ·

Haha, ja-nee Stef, dis nie jou siening nie, dis hoekom jy dit pos ne? Die hoog geleerdes, daar is baie van hulle. Hulle wat in jou ore fluister, “did God really say….”. Klink nogal na die vader van die leuen, ne?

Lees die bybel self Stef, dit het heelwat te se oor homoseksualiteit, asook baie ander belangrike dinge soos hoe om die ewige lewe te beerwe en wegdraai van sondes, hoe om ‘n goeie lewe te lei. Lol, love the hate….

RK ·

Die “hoog geleerdes” is misleiers. Daar word in die woord teen hul gewaarsku…

danie ·

Die bybel is die christene se boek, nie die res van die wereld sin nie, jy kan verse aanhaal tot dit by jou ore uitloop, dit het geen betrekking tot nie christene nie. En meskien moet christene hulle geloof vir hulle self hou en ophou dit in nie christene se kele wil af druk nie.

Sarie ·

Sies Rian, ons was altyd nog mal oor jou. Jy was die rede hoekom ons nog smiddae na tjaila-tyd geluister het (in die ou SA).. Nou gooi jy al die respek oorboord deur die arme pastoor op death row te plaas en sy naam probeer gat maak – jy is seker verhewe bo dit! jy weet in ou hart ………… sies man, sies!

Denker ·

Hier gaan ons alweer – voorwaar ‘n holruggeryde onderwerp en een wat telkemale op presies dieselfde manier hanteer word. Gemoedere loop hoog, Bybelverse word heen en weer geslinger, Bybelinterpretasies word bevraagteken en beledigings word mildelik toegesnou. Aan almal wat so effe aan hul koppie tee gestik het met die aanhoor van genoemde uitlating: geen godsdiens is bo kritiek verhef nie. Trouens, die enigste manier hoe godsdiens relevant kan bly, is deur konstante bevraagtekening en diskoers.

RK ·

Vader verander nooit. Wat 6000 jaar ñ gruwel was in Sy oë, is vandag nog ñ gruwel in Sy oë en sal verewig ñ gruwel bly in Sy oë. Die wat sê om die waarheid te praat is veroordelend moet maar ñ slaggie hul bybel gaan lees. Dis ons PLIG om ons naaste tereg te wys wanneer hul op die verkeerde pad is. Ons mag NIE stil bly nie. Gaan loer gerus dat Vader sê dat selfs die gene wat hul goedkeuring gee aan dit wat Hy verafsku, gestraf moet word. So ou Rian, sterkte vir jou. Jy gaan dubbel en dwars verantwoording doen vir jou dade eendag. Of jy nou in Vader glo of nie, dit maak nie eers saak nie. Vryspring gaan nie een van ons nie ;)

Johannes Christoffel Mu"ller ·

Ons is maar 30% Christene op aarde. > Ons moet mekaar bystaan in Liefde en Regverdig leef teen oor God. > Ons land is so verdeel, nou moet die mense oor so klein ding aan gaan. Ons grootste kommer is Ons Boere, wat so Wreed Vermoor word. > Al die mense wat so kerm oor Jakaranda moet eerder hul tyd gebruik en sak op hul kniee en bid dat God die Boere moet beskerm. > Dat die Afrikaner verenig onder hul Verbonds God. > Ons land bloei ons moet op God Vertrou. > Ons kan nie toe laat dat Satan ons versoek nie, want hy vernietig hul wat weg dwaal van God. > Die mense moet besef, wolf loop in skaap se klere. > Die is onnodig hoe die mense aan gaan. > Ons moet 24 uur by JESUS skuil. > Sal al die mense so aan gaan as Jesus langs hul staan. > Mag God ons Volk Genadig wees. “Soli Deo Gloria – Aan God kom toe al die Eer” > Soldaat vir Christus.

Amelia ·

Dis nie Riaan wat so praat nie,die demoon in hom. Spreek Satan direk aan. Deutr 18 se presies wat God haat. Dit word ook nie veroordeling genoem nie dit is te reg wysing genoem God beveel ons om ons mense Lief te he end mekaar moet reg help…..hoe anders groei jy geestelik??????. Riaan mag God jou seen en vir jou jou oogklappe laat afval

Alex ·

EEN PERSOON MAAK N STELLING, SIT AGTEROOR……EN DIE MENS VAL MEKAAR AAN.

Schalk ·

Ons mag nie oordeel nie, dit se die woord. Kom ons stop dan om God te oordeel!! God het die mens gemaak, manlik en vroulik. Se dan asseblief vir my wat die doel daarvan was. Was die vrou dan net geskape vir aanwas doeleindes?

Micheal ·

Riaan eks dankbaar vir mense soos jy want jys n bevestiging dat die Here se woord waar is want hy praat van mense soos jy in die bybel en hy waarsku ons teen mense net soos jy.

Jef ·

As daar n God is en dus ook al die gelowe waar mense in glo waarom kamp die wereld dan met oorlog en waarom is daar dan soveel verskillende gelowe en waarom trou Christene in n kerk om dan vervolgens weer te skei terwyl hulle in die eg verbind is deurmiddel van die bybel

Pedofelie in die katolieke kerke, waarom doen christene so iets walgliks
Duisende jare bid mense al vir n beter wereld maar ook vir ander dinge en tot nu toe het daar net mooi niks gebeur nie.Mense slag mekaar nog steeds af.
Wat ek ook sien uit die reaksies van die gelowige mense is dat die een gelowige die ander se mond probeer te snoer, die een dink meer of alles te weet dan die ander en die einde van die storie is niemand het antwoorde of oplossinge nie.
As almal wat hier hom of haar se mening in praktyk bring, gaan ons dan n beter wereld he om in te leef, nee omdat sekere gelowe nie sonder oorlog kan leef nie.

Lance ·

Jef jy is so reg. Leef en laat leef. Mens sal net nooit almal kan tevede kry oor wat in hulle oe reg en verkeerd is nie. Elke mens is die produk van sy vewysingsraamwerk of daar nou godsdiens was of nie ….so my reg en verkeerd is nie n ander se siening want ons het nie almal dieselde agtergrond nie ….so wie se jy met jou Bybel of Koraan onder jou arm is so reg ….jy se so ja en wil almal in jou boksie sit. So lewe jou lewe en lewe dit net voluit asb soos wat jou God jou geskape het gay of hetro of wat ookal . Vir my was dit nooit n keuse om hetro te wees nie of was dit …soos steel en moor n keuse is ?….netso is gay nie n keuse nie soos deur baie wetenskaplike studies nou reeds bywys is …its in the DNA and nobody can change it !!

Schalk ·

Lance. God het die mens gemaak, Hy het hulle beslis nie gay gemaak nie. Maar nou ja, danksy menseregte, kerke en Christene wat oor n tydperk so subtiel gepreinspoel is, heers daar totale verwarring. Jy kan nie se jy glo in God en die bybel, en dan hulle lewenswyse goedkeur nie. God se wees lief vir die mens maar haat die sonde. Ongelukkig is daar nie n klein sonde en n groot sonde nie, sonde is sonde. Die probleem vandag is die woord Christen. As jy se is een, klink dit amper asof jy volmaak is, vlekloos. Ek is n kind van God, ek het n sondige natuur, ek sondig en vra vergifnis. En streef dan om nie daai sonde te herhaal nie. Maar ons leef in n tyd waar God by ons moet inpas.

God van liefde ·

Ek dien n God van liefde, wat ons elkeen aanvaar soos ons is! Rian, ou skerp potlood hou aan om almal te vermaak! Jy hoef nie te veg vir jou gay reg, jy is n mens in eie reg en onthou jy moet jou nie steur aan oordeel, leef jou lewe!

Doret ·

Ek stem saam met Rian vir die van julle wat wel Die Bybel lees God se oordeel kom ons nie toe nie En een van God se wette se he jou naaste lief soos jouself hy se nie kyk eers wat hulle geloof kleur of voorkeure is nie HOU OP WIL JUDGE …God het almal van ins geskape en het jou nie meer lief as die volgende ou nie

Lance ·

Presies elke mens is na God se beeld gemaak gay of hetro so dis nie reg of verkeerd of n keuse nie want God maak nooit n fout nie …jou God is uit die boek wat jy lees en myne uit myne …jy is nie verkeerd en ek reg nie want elke mens is die produk van sy verwysingsraamwerk wat hy in die lewe het met of sonder n God .. en niemand is vlekeloos nie ons is ALMAL is sonde onvang en gebore en jou God ken jou hart so los die oordeel maar vir hom want dit kom niemand toe nie ..om hetro te wees was nog nooit n keuse vir my nie net soos steel en moor ook nie n keuse of n opsie is nie …ek was maar net hetro en dit pla niemand nie ….wie sal dan ook nou uit homself kies om gay te wees …dit maak netnie sin nie …its in the DNA soos al telkemale wentenskaplik bewys …u were made like that and nobody can change it …lewe net jou lewe voluit dis wat jou God vir jou wil he en moet nooit dink jy lewe om ander happy te maak nie ! My huis gaan in liefde teenoor almal lewe want dit is my God se opdrag aan my en my huis !

neelsie ·

Is daar nie genoeg sinvolle goed om oor te gesels as Rian nie?
HY soek aandag soos n drie-jarige .

Jaco ·

Ons moet die mens lief he maar die sonde haat, ons kan nie gaan op maar dis my familie of my kerk se so en so nie. Ons kan opinies lewer, maar deursoek Yah se woord. Kerk keur homoseksueel goed en keer sondag aanbidding en kers aanbidding goed. Raak nou n paarpunte aan wat mense opinies het van hul eie of familie of kerk doen ondersoek self en hoor wat Yah (God) se. Lief julle almal

Stephan ·

Ek reken hier is te veel van ons wat die Christen geloof oordeel gebasseer op die aksies van mense wat soos almal weet swak en vol foute is. Daar is geen “loophole” of grys area in die Christen geloof nie. Om net een vers aan te haal om jou opinie te staaf dien nie as bewys vanhoe die bybel jou opinie ondersteun nie. Die punt wat gemaak is is dat mense nie die seksuele orientasie van ander wil aanhoor waarmee hulle nie saamstem nie. Jakaranda en Riaan dwing dit af op luisteraars wat in my opinie verkeerd is. Ons luister nie na die radio om oortuig te word van of gay wees aanvaarbaar is of nie. Of om te hoor wie se geloof reg of verkeerd is nie. Ons luister dit om musiek en weer en nuus en verkeersverlag ens te kry. Ek is n Christen maar ek oordeel nie die wat nie dieselfde geloof is as ek nie. Ander man se saak is sy saak. Maar moet my nie dwing om asblikke van my ore te maak nie.

theuns ·

Interesant kommentare deur almal,die vraag is het mense Rian geoordeel of getugtig?Die Woord se duidelik tugtig jou mede broer en suster sou hulle dwaal of sondig.Baie mense het egter ook opgestaan vir God in die gesprek na Rian se uitlatings oor God en gode,is dit verkeerd om op te staan vir God,nee dit is hoe God dit wil hê,die Woord sê ook wie My nie ken nie ken ook nie die Vader nie.Ek voel Rian het aspris mense uitgelok en kruip nou weg agter valse profesie wat hy kwyt geraak het.Ek stem ook saam dat homoseksualiteit verkeerd is en sinde is,hoekom,want die Woord sê so!!!So Rian en kie kan skerm en keer soos hulle wil ,hulle moet net besef dit is teen God wat hulle stry en baklei!

Deon ·

So ‘n groot bohaai oor so ‘n nietige mens se uitlatings. Ons mag nie oordeel nie, dis gegewe. Ons mag ook nie goedpraat wat God afkeur nie. Ons mag ook nie stilbly wanneer iemand sondig nie, want dan het ons dit stilswyend goedgekeur. As iemand God se naam ydelik gebruik, sal hy nie ongestraf bly nie,so se die woord, dus mag/moet jy hom aanspreek of straf/klap. Net so is dit ons plig om iemand op sy verkeerde wee te wys as hy homoseksualiteit goedpraat of verdedig. Dit beteken nie dat jy oordeel nie, net dat jy God se bevel uitvoer. Dit alles daargelaat, sien niemand dit as ‘n siekte nie? Dis onnatuurlik en teenstrydig met alles wat reg is, sies man, hoe kan enige iemand dit nog wil regverdig?

Magdalena Pretoria ·

RIAN VAN HEERDEN Ek is 700% agter jou en alle LET WEL ALLE GAYS! Die GOD wat Ek aanbid is ‘N GOD VAN LIEFDE – HY OORDEEL NIE! HY IS DIE ENIGSTE GOD DIE 1ste en DIE LAASTE DIE ALFA EN OMEGA! GOD het ons elkeen gemaak – HY het jou in die moederskoot gevorm HY het jou naam in SY Hand-palms graveer HY weet hoeveel hare op jou kop het! U wat Gays oordeel en hier RIAN VAN HEERDEN sè my is jou GOD my GOD ? Of sè jy met jou veroordeling teenoor Gays dat GOD foute maak? ? ? Dink u NIE dat indien ons wanneer ons onsself kon skape nie amper volmaakte (in die oè van mense soos u ) sou maak nie sodat ons lewe op aarde in Vrede kon wees en nie na veroordeling en bespotting van mense soos u nie. ? ? ? Ek lees dieselfde Bybel as u en gaan kerk toe – Ek WEET VERSEKER GOD HET GAYS LIEF. Vrede vir u

Juliana van Niekerk ·

Paulus se dit so mooi, kom ons voeg maar die res van Romeine hfsk 1 by: Hulle is een en al ongeregtigheid, slegtheid, hebsug en gemeenheid; hulle is vol jaloesie, moord, twis, bedrog en kwaadwilligheid. Hulle skinder enpraat kwaad; hulle haat God, hulle is hooghartig, aanmatigend, verwaand; hulle is mense wat kwaad uitdink, ongehoorsaam aan hulle ouers;
hulle is onverstandig, onbetroubaar, liefdeloos, hardvogtig.Hulle is mense wat die verordening van God ken dat dié wat sulke dinge doen, die dood verdien, en tog doen hulle nie net self hierdie dinge nie, maar hulle vind dit ook goed as ander dit doen.

Amanda Van Vuuren ·

14 Mei

My goeie griet nou klets die mense darem!!!!!! godsdiens eish die mens is tog so slimmmmmmm???
Miskien sal dit help as omroepers eerder hulle opinies vir hulle self hou eerder???

Lance ·

Hoekom wil mens nou iemand tugtig as hy nie eers jou geloof of oortuiging ondersteun of aanhang nie ….whyyyy wat het dit tog met ons tedoen ? En as jy nie van die onderwerp op die radio stasie hou nie verander net die stasie ….simple as that …en dan netnou kan jy weer terugskakel en maaksiek verder luister …net as jy wil natuurlik

E.K. ·

UGH! Hier is darem weer ‘n klomp “selfrighteous”, veroordelende “christene” wat hier bekskiet! Dan praat ek nie eers van die (en ek haal aan) “selfverklaarde evangelis” ene mnr Lee te praat nie! Mag die liefdevolle, allesvergewende God die kwaadpraters vergewe. Live and let live…

Fanie ·

As die ding met gay en lesbene reg was het God mos eerder 2 adams of 2 evas geskape.Dit gaan nie oor klipchristene of mense wat oordeel nie.Dit gaan oor wat in die bybel staan! Mense het al vir eeue die bybel aangepas na hul wense.Gays is n gruwel in God se oe! PUNT!

Jakes ·

Openbaring 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie warm of koud nie, sal Ek jou uit my mond spuug – (Staan ons op vir die Woord van God of is ons “draadsitters” – louwarm en aanvaar die verbuiging van God se Woord

God created Adam en Eve – (nie Adam en Steve nie) – Man en Vrou – vermedering deur gemeenskap ……………

Opsommend
Ja – Rian jy en al die gays / lesbene glo die leun dat julle so gebore is – God se Woord in Romeine 1 is egter duidelik hieroor
Omdat ons afvallig teenoorGod geword het en Hom nie soek nie (Die absolute 100% Fokus op God het verdwyn deur selfgesentreedheid en die wereld se plesier) ………. “het Hy hulle aan hulle drange oorgegee …..Skandelike Drifte” …………”

Hierdie is nie veroordeling nie – Julle (ons) gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan kennis – God se Woord is Waarheid en DIE Waarheid maak jou vry

Maar nieteenstaande dit alles nie is daar nog steeds Genade van God

Selfs die Moordenaar aan die kruis het God se Genade gesmaak deur vir Jesus te vra om aan hom

Ja Rian ook jy en elkeen van ons kan nog God se Genade ontvang deur

1. Wedergeboorte en Doping
2. Daaglikse Bekering van ons Sondes

Alles is moontlik deur die keuse (s) wat ons maak

Juliana van Niekerk ·

by John MacArthur

Discernment is a critical need in the church today. As we have already seen, it is required by both leaders and laymen alike for the exercise of godly judgment. It is vital in helping believers rightly inhabit and interact with the sinful world around us. Added to that, discernment is also necessary within the church as a means of correcting others and examining ourselves.

Juliana van Niekerk ·

According to Scripture, we are supposed to judge one another with regard to overt acts of sin. Paul wrote, “Do you not judge those who are within the church? But those who are outside, God judges. Remove the wicked man from among yourselves” (1 Corinthians 5:12–13). That speaks of the same process of discipline outlined by Jesus Himself in Matthew 18:15-18:

If your brother sins, go and show him his fault in private; if he listens to you, you have won your brother. But if he does not listen to you, take one or two more with you, so that by the mouth of two or three witnesses every fact may be confirmed. If he refuses to listen to them, tell it to the church; and if he refuses to listen even to the church, let him be to you as a Gentile and a tax collector. Truly I say to you, whatever you bind on earth shall have been bound in heaven; and whatever you loose on earth shall have been loosed in heaven.

God’s desire for His children here on earth is purity of life. It is impossible to study Scripture attentively and not be overwhelmingly convinced that God wants His people to be, above all else, holy, and that He is grieved by sin of any kind. Directly quoting God’s command to His covenant people, Israel, Peter wrote the same command to Christ’s church: “You shall be holy, for I am holy” (1 Peter 1:16; cf. Leviticus 11:44).

Juliana van Niekerk ·

Because God is so concerned for the holiness of His people, they should be equally concerned. The church cannot preach and teach a message it does not live and have any integrity before God, or even before the world. Yet in many churches where there is no tolerance for sin in principle, there is much tolerance for it in practice. And when preaching becomes separated from living, it becomes separated both from integrity and from spiritual and moral effectiveness. It promotes hypocrisy instead of holiness. Divorcing biblical teaching from daily living is compromise of the worst sort. It corrupts the church, grieves the Lord, and dishonors His Word and His name.

Juliana van Niekerk ·

It is not surprising, therefore, that public discipline for unrepentant sin is rare in the church today. Where there is little genuine desire for purity there will also be little desire to deal with impurity. The misinterpreted and misapplied statement of Jesus to not judge lest we be judged (Matthew 7:1) has been used to justify the tolerance of every sort of sin and false teaching. The ideas that every person’s privacy is essentially to be protected and that each person is responsible only to himself have engulfed much of the church. Under the guise of false love and spurious humility that refuse to hold others to account, many Christians are as dedicated as some unbelievers to the unbiblical notion of “live and let live.” The church, however, is not nearly so careful not to gossip about someone’s sinning as it is not to confront it and call for it to stop.

Lance ·

Onthou net baie boeke wat ook deel uitmaak van die bybel was uitgelaat ….mmmm wonder wat staan daar dat dit nie deel geraak het van die boek nie. Ek dink die ander gelowe moet ons kom teregwys en tugtig as ons weer n ham broodtjie eet of ons nie bedek nie of as daar op sondag iewers gewerk word en die Ds afkondig dat ons n broer of n suster gaan stenig omdat hulle nie gerus het nie …sal graag daar wil wees en sien wie gooi die eerste klip ….dis tog belaglik man ! …. bepaal jou by jou eie wyk gemeente of kerk vermaan veroordeel en tugtig daar all you like …los maar die ander mense asb om te wees wie en wat God hulle geskape het om te wees asb !

Magdalena Pretoria ·

Lance – mooi gesè en saamgevat! Amen to that! Leef en laat Leef mense! Vee voor jou eie mense – los ander mense in vrede. Staan eerder saam. NIE 1 van ons sal verby GOD kan “glip” wegkruip en vinger kan wys na die mens langs jou NIE. ELKE KNIE SAL VOOR GOD MOET BUIG EN BELY! Vrede v almal

sarie van heerden ·

Ek is nie gay nie en het ook nie gay kinders nie. Ons Bybel is al so baie vertaal en hersien dat mens nie meer weet wat aangaan nie behalwe dat daar nog nooit gepeuter is met die 10 gebooie nie en daarin lees ek NIKS van gaywees nie. Sonde weet ek ook nie want ek ken niemand wat al dood was en wat teruggekom het om te vertel wat daar anderkant aangaan oor gaywees-sonde nie.

Est ·

Almal het sonde. Niemand sin groter as ander sin nie. Verskil is net ek dwing nie almal om nie te mag sê dit wat ek doen is nie n sonde nie. Ek erken ek is sondag

Lance ·

Ons het n Pastorale siekundige vriendin en sy het ons laas jaar vertel dat sy baie gevalle kry waar mense kom en raad vra en soek omdat hulle of in die huwelik of buite die huwelik of bi of gay is en nie weet wat om te maak nie. So mens weet nooit nie …is nie altyd ooglopend of iemand wel gay is of nie. Mens moet maar net hoop die blinde sjambok pop nie vir jou n gay kleinkind nie …wat ek glo jy onder protes gaan liefhe ;)

Magdalena Pretoria ·

Net so Lance! Ek wonder nou net. ……indien daar baklei word teen gay wees “Ek weet GOD maak nie foute nie” en die gay man trou het kinders en na jare se verdrukking omdat hy nie gay “mag wees nie” in die oè v d mens…… skei op die einde v d dag. Wat Dan liewe mens – is dit maar okay om die vrou en die kinders seer te maak. ? Of moet hy v d res v Sy lewe op aarde ongelukkig wees omdat die mens, die kerk en hulle oordeel vlg hulle “persepsie” v d Bybel oor hom vel? ?

Pieter Esterhuizen ·

Dis presies hoekom ek nie meer Jakaranda luister in die more nie , want Rian klim in mense se karakters in en maak een groot grap daarvan , dit maak mens siek as hy al ewig dink hy is beter as ander , die ander radio stasies se mense is baie beter om na te luister

Sê maar net ·

Dis Riaan se kenmerk om uitgesproke te wees. Elkeen het die reg tot ‘n opinie. Love the sinner not the sin. Dis wat Jesus in sy lewe op aarde verkondig het. Genade nie oordeel nie!

Makarios ·

Hoe jy ander mense oordeel is hoe God jou eendag sal oordeel en hoe jy mense vergewe so sal God jou vergewe.

Pieter ·

Vir diegene wat dink dit is aanvaarbaar vir God om gay te wees gaan lees die volgende in die Woord van God:
Levitikus 18 vers 22, Levitikus 20 vers 13,
1Korinthiërs 6 vers 9 en 10, Romeine 1 vers 26 tot 28.
Sovêr dit my aanbetref het die Woord van God nog nooit verander van die begin af nie maar ek daag enige persoon uit om vir my te wys WAAR staan dit in die Woord dat mense gay gebore word of dat om gay te wees vir God aanvaarbaar is.

Pieter ·

Lees ook Romeine 1 vers 29 tot 32.
Ek dink nie dat daar enige verwarring of ilussie kan wees wat hierdie onderwerp aanbetref nie.

Weskaper ·

Lees ook Gen 19 1 -13. As Rian aan die Bybel glo sal hulle hul lewens verander

Lance ·

Onthou ook om te lees ( om sodoende ook enige moontlike verwarring te voorkom) dat die wat op sondae werk ..nie hulle kop bedek of dalk egbreek pleeg en en en …gestenig moet word volgens die Bybel… Ds. gaan afkondig in die kerk waar en waneer die eerste steniging plaasvind …bring asb eie klippe saam ons wil almal graag sien wie gooi eerste en die hardste …..ASB dis net eenvoudig SO belaglik! Veroordeel vermaan en tugtig in jou eie wyk kerk of huis ….los ander uit om te wees wie en wat God hulle geskape het ASB. En moet nie inbel en die man uitlok soos die vrou nie want jy weet goed hy lewe vanuit n ander oortuiging wat vir hom reg is – en wie is jy nogal om te oordeel … (stel eerder n voorbeeld deur jou eie dade ) en as jy nie van sy show hou luister na n ander damn stasie …as easy as that !

Pieter ·

Vir jou aandag Lance, wys asseblief vir my waar en vir wié ek geoordeel het. Ek oordeel niemand nie want ék is sonder sonde nie en weet dat ek eendag geoordeel sal word met die staaf waarmee ek oordeel. Die bottom line is dit is nie my oordeel nie maar God se oordeel wat tog pertinent wat hierdie onderwerp aanbetref. Net soos God se Woord dit ook duidelik stel dat alle sonde deur Hom geoordeel en gestraf sal word. Die groot punt wat ek en ek baie ander wil maak is dat dit verkeerd is volgens die Woord van God en daar is NIKS en NIEMAND wat dit ooit sal kan regverdig om aanvaarbaar te wees nie. Die enigste hoop vir nie net gay mense nie, maar alle mense wat sonde doen, en dit sluit in een en elke mens, en dit is dat God Heilig is, en Hy sal regverdig oordeel almal wat teen Hom gesondig het.

Magdalena Pretoria ·

Hallo Pieter – ek hoor wat jy sè oor gay wees en God en God se Woord! God is my Anker sonder HOM is ek niks en sonder GOD sal ek dit nie oorleef hier op aarde nie. Ek respekteer jou antw as mens. Ek het ‘n gay seun – ek is sy biologiese ma. Hy is in my moederskoot gevorm. EK HET NIE GEWEET die dag toe Hy gevorm word dat Hy gay is nie. Ek en sy biologiese pa het nie beplan en gewens ons seun is gay nie. Hy is SO gebore. Ek het dit altyd vermoed want ek kon dit sien – ons het hom nie van geboorte af in gay-wees ingedruk en groot gemaak nie. Hy was spontaan so en het finaal op 17jr erken. Ons is lief v hom. Hy is my kind en sale altyd my kind bly. Wat moet ek en ander moeders en vaders doen met ons gay kinders. ? ? Hoekom is hy dan gebore. ? Of is hierdie kinders “van mars” omdat GOD nie aan hulle lewe gegee het nie – soos u en die ander sè. Daar is net 1 GOD HY IS DIE ALFA EN OMEGA! Vrede en seèn v u. Aan Rian,sy moeder en vader en ALLE ander ouers v gay ‘s ! Sterkte en wees lief v julle self en julle kinders (julle is nie ‘n “fout”nie en julle kinders ook nie). GOD IS LIEF V ONS ALMAL!

Pieter ·

Magdalena ek hoor en verstaan waar jy vandaan kom ten opsigte van jou seun. Ek weet dat baie dink ek speel nou regter en oordeel mense wat gay is. Ek moet dit duidelik stel dat dit níe is wat ek doen nie maar net bekend maak wat God se Woord daaroor te sê het. Jesus het na hierdie aarde toe gekom om aan die kruis te sterf vir elkeen se sonde en dit sluit ALLE sonde in. In soveel plekke in die Nuwe Testament vermaan die Woord ons om ons van ons verkeerde weë te bekeer en dat God ons genadig sal wees en ons vergewe. Sonde kom níe van God af nie en daar staan geskrywe dat die satan soos ‘n brullende leeu rondloop opsoek na wie hy kan verslind. Daar staan ook geskryf dat hy van die begin af ‘n mense moordenaar, ‘n slagter en verwoester is. Daarom al wat ek kan sê is dat jy vir antwoord vra by God, want by Hom is daar niks onmoontlik nie. Elkeen van ons kan eers waarlik vry wees wanneerons wedergebore is en die Heilige Gees van God in ons kom woon. Johannes 3 verduidelik dit baie mooi.
Sterkte vir julle as ouers en ook aan jule seun wie ons vannaand aan God sal opdra om hom waarlik vry te kan maak.

Johanna Botha ·

AMEN !!! Magdelena. Dankie vir jou post ek kon dit nie beter gese het nie. Vrede en liefe vir almal …ook vir Rian.

Willie ·

Ek wil my nie uitspreek oor wat spesifiek Riaan gese het nie. Ek dink die geoot rede hoekom almal ontsteld is oor wat Riaan gese het is omdat hy sy opinie op die publiek probeer afdwing. ‘n Radio omproeper is veronderstel om objektief te te wees ten ALLE tye. Hulle is nie veronderstel om onder enige omstandighede hulle eie menings oor geloof of ras of seksualiteit of enige iets op die lug uitblaker en verwag almal gaan happy wees nie. En sy mening of opinie kan deur baie mense gesien word as Jacaranda s’n. Nie almal sien die saak dieselfde nie.

Monica Sander ·

Ek stem saam met Riaan, ek wil net een vraag vra. Hoeveel van die 10 geboeie in die Bybel wat sê jy mag NIE, het die mens nie al gedoen nie. So wie is ons om te sê Gay is sonde.
Elke person moet na homself kyk en die vraag vra “WAT IS SONDE!!!

Edna Boonzaaier ·

God het nognooit enigiemand veroordeel nie. Ek ook nie. Wat God wel ‘n probleem mee het is die sonde in die persoon se lewe. Joh. 3:16. Niemand is in die posisie of beter om ‘n ander te oordeel nie. Ons kan net bid vir mekaar as ons lief genoeg is vir mekaar.

Anya News ·

Hoekom baie seker teen gays is, is die leefstyl. God se Woord praat slegs van verhouding tussen man en vrou.

Anna ·

Romeine 1:27
Leviticus 18:22
Lev. 20:13
1Cor. 6:9

God haat sonde, maar Hy het die sondaar lief.

Eliza-beth ·

In die OT staan jy mag nie meer as soveel treë op ‘n Sondag stap nie; jy mag bv nie varkvleis eet nie (onder meer) – Ek wil graag weet of die oordeel-bende hierbo dit alles toepas? Daar is klomp wette/riglyne in die Bybel wat g’n een van die spul hierbo volg nie , maar hulle is gou om te wil petisie en te wil boikot en wat-nie-nog. In die Bybel staan ook jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Jou naaste is ALMAL, jou buurman, jou mede-werker, jou tuinwerker en ja ook die gays. Daar is GEEN uitsonderings hierop nie.

Nics ·

Ek eet graag perskes, BAIE graag. Het ek met hierdie stelling dus nou my mening “afgedwing” op iemand hier? Net so min het Riaan sy menings/stellings/lewenswyse AFGEDWING op enigiemand! Kan nie glo mense maak sommer allerhande aannames en dinge nie – regtigwaar!

Frik van der Schyff ·

Levitikus 18 vers 22 : King James Bible:-
Thou Shalt not lie with mankind, as with womankind: it is abomination .

This speaks for it selves… for the day of judgement is sure!

Monita ·

Dit gaan nie oor wat rian van heerden kwytraak nie, dit gaan daaroor dat hy verwag mense moet sy siening respekteer maar hy is nie bereid om ander se sienings te respekteer nie. Hy is ‘n uiterste bombastiese en ongeskikte mens met geen respek vir ander nie. Wat hy se is wet en klaar – uit-&-gedaan!!!!

johan harmse ·

Witness Against Christians
1 Peter 4v17-18
Luke 6v46
Matthew 7v21-23
Hebrews 10v26-31
Acts 5v1-11
As for Righteous Judgement > Proverbs 24v11-12
Jonah 1v1-3
Ezekiel 33v1-11
Isaiah 58v1-2
Jude 1v22-23

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.