Rian se kop staan parlement toe

Rian van Heerden. (Foto: Verskaf)

As Donald Trump en Kanye West dit kan doen, is daar seker geen rede waarom Rian van Heerden dit nie óók kan doen nie?

Van Heerden het Maandag op sosiale media aangekondig dat hy homself beskikbaar gaan stel as kandidaat vir die nasionale verkiesing in 2024.

Van Heerden wat onlangs aangewys is as aanbieder van kykNET se Wie word ʼn miljoenêr?, die plaaslike weergawe van die internasionale TV-program Who Wants to Be a Millionaire?, is ook bekend as televisieaanbieder en vervaardiger van verskeie ander reekse. Hy is verder ook omroeper van The Scenic Drive with Rian op JacarandaFM.

“Weens die gemors waarin die politiek in Suid-Afrika homself tans bevind, gaan ek myself beskikbaar stel vir die nasionale verkiesing in 2024,” het Van Heerden in sy omroeperstoel in die JacarandaFM-ateljee gesê.

Van Heerden het nie verdere besonderhede verskaf nie. Hoewel sommige sosialemediagebruikers nie seker was of hy ʼn grap maak nie, is dié aankondiging deur sy luisteraars verwelkom.

“Welgedaan. Moes dit lankal gedoen het,” skryf Lucille Siems op Facebook.

“Kan nie wag om vir jou te stem nie,” sê Ann Groth.

“Asseblief, doen dit Rian! Ek kan nie aan enigiemand anders dink wat ons beste belange op die hart sal dra nie. Sal jou al die pad ondersteun,” skryf Charmaine Carle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Drikus ·

Hy het ‘n lekker “gladde bek” – miskien is die politiek die regte plek vir hom ;)

Misky ·

Ek sou eerder dink Steve Hofmeyer sal ‘n geskikte kandidaat wees

Hightower ·

Nee Misky, die pampoen sanger praat net. Is bly Rian doen iets. Dis al hoe jy ‘n verskil kan maak is om te probeer om in die parlement in te kom. Iets doen is beter as niks doen nie.

Jaco ·

So gaan ons verder agteruit. Nou het ons almal rede tot kommer.

Se maar net ·

Sal beslis vir Rian ondersteun en stem, hy praat reguit en is nie skynheilig nie

Hendrik ·

Wat die huidige vlak en standaard van die parlement is, kan hy dalk as geskik gereken word.

Klipkop ·

Ek is bereid om ‘n miljoen rand te wed dat ons met hom in die sagte stoele na vyf jaar steeds net dieper in die gemors sal wees waaruit hy ons kwansuis wil uitlei. Hy het ons van die kantlyn aangemoedig en ingelei in die stink huidige gemors wat hom nou ongemaklik laat.

Wie wil wed? “Put your money where your mouth is.”

Klipkop ·

Miskien het hy genoeg ondersteuning uit die ANC en EFF tussen sy kommunistiese vriende en “comrades”.

Casper ·

Gaan hy sy eie politieke party stig gaan hy sy g t sien want politiek is nie vir sessies nie.Gaan hy by ‘n ander party aansluit.Nee wat Rien bly maar by die draadloos.Vra maar vir daai ander omroeper wat vinniger uit die politiek is as wat hy in is.

Anoniem ·

Ek wonder nou baie hard ….

Ken Rian die betekenis van die oeroue uitdrukking : Skoenmaker, hou jou by jou lees ???

Magda G ·

Riaan het darem n brein wat goed werk. Sal hom ondersteun

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.